Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: ’n resensie
2025-04-22"Die 'gaan hy?' en 'sal sy?'-momente word heerlik uitgerek en skep verwagting, afwagting en spanning."
Die Satyrica van Petronius, vertaal deur WJ Henderson: ’n lesersindruk
2025-04-16"’n Omdigting (vertaling) in die eie taal is soos soetvye op die tong. Die Satyrica kry in Afrikaans ’n eie lewe, ritme en stukrag. Elke taal bied ’n ander opvatting van kennis en dus van die wêreld. Daarom verwelkom nuwe metafore die Latynse vertaling by die Afrikaanse hawe."
Breinlabirint deur François Bloemhof: ’n resensie
2025-04-15"Dit is ’n plot wat enduit boei – nóg ’n suksesverhaal op Bloemhof se kerfstok."
Vryheid in beperkings: ’n lesersindruk van Grenslyn deur Jana Fourie
2025-04-08"Dit is ongemaklik, aandoenlik en tog op ’n manier hoopvol. Dit wys die menslike vermoë om steeds aan te beweeg, ongeag hoe swaar die pad is. Jana Fourie se stem is ’n belangrike een in die Afrikaanse literatuur. Hierdie boek verdien om gelees, oorweeg en onthou te word."
Pater Meus deur Mario Relandini, uit Italiaans vertaal deur Rina Cascione: ’n resensie
2025-04-03"Benewens die literêre en vertaalkundige verryking van hierdie publikasie het dit ook historiese en sosiologiese waarde vir Suid-Afrikaners van Italiaanse oorsprong en vir Afrikaanse lesers wat meer te wete wil kom van nog ’n minderheid in die fassinerende Suid-Afrikaanse kaleidoskoop van kulture, die Italiaanse gemeenskap."
Middelpos se mense, saamgestel deur Anneretha Grobler: ’n lesersindruk deur Sarel Venter
2025-03-31"Middelpos se naam leef voort onder sy mense en sy gaste."
21 Voices: Why the Palestinian struggle is a global matter, a reader’s impression
2025-03-28"While apartheid in South Africa may have been banished, 'apartheid' – separateness – is seeking to stretch its hideous tendrils around the globe. We seem to be retreating into spaces too small, surrounding ourselves with those who are seemingly similar."
Die stil kreet van ’n verlore hart: Where the crawdads sing, ’n lesersindruk
2025-03-27"Kya was nooit die monster wat hulle van haar gemaak het nie. Maar hulle het ’n monster gesoek – en uiteindelik het sy besluit dat sy nie weer ’n slagoffer sou wees nie."
Rebecca deur Wilna Adriaanse, ’n lesersindruk
2025-03-27"As dit vir jou vaagweg bekend klink, is jy op die regte spoor, want Rebecca het ná 20 jaar weer met mening op die rakke verskyn. Sy het niks ouer geword nie, maar wel ’n selfoon bygekry en rits nou met Uber wanneer sy nie kan stap waar sy wil wees nie."
’n Vriendskap wat woorde te bowe gaan: ’n lesersindruk van Mayflies deur Andrew O’Hagan
2025-03-17"Daar is ’n soort liefde tussen twee mans wat buite konvensionele definisies bestaan. Dit is onuitgesproke, maar tog maak dit sin; gevul met oneerbiedigheid, maar ook toewyding."
Leeumens deur Rudie van Rensburg is ’n uitsonderlike Kassie-avontuur: ’n resensie
2025-03-14"Kassie en Rooi is al volksbesit en dit voel asof mens hulle ken, by hulle kan gaan braai op ’n Vrydagaand en hoor hoe dit met hul nuutste saak gaan. Maar daar is iets anders aan hoe [Van Rensburg] Leeumens aangepak het."
Lesersindruk: Uit genade, bo verdienste deur Gert Opperman
2025-03-10"Opperman sou daarna altyd geassosieer word met die suksesvolle operasionele aanwending van perde; en gesien word as beskermheer van die berede funksie van die weermag."
I live in the slums by Can Xue: a reader’s impression
2025-03-10"Can Xue’s writing operates on the logic of dreams, and as such, the experience of reading I live in the slums is one of continuous disorientation."
Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan De Wet Boer: ’n resensie
2025-03-03"Ware vriendskap gee nie om of jy arm of ryk is nie. ... Hierdie roman ondersoek die hart van ’n vrou wanneer sy op haar broosste is. En vriendskap van jou hartsvriendinne wat jou koester, soms reguit kan praat, maar jou altyd wil beskerm – selfs teen jouself."
Konkel deur Pieter Marais: ’n resensie
2025-02-27"Pieter Marais se dunnerige debuutroman Konkel is verlede jaar met die Jan Rabie-Rapport-prys bekroon. ... Ek hoop dat Marais reeds ’n tweede boek aan ’t skrywe is."
Die vyf susters deur Eleanor Baker: ’n lesersindruk
2025-02-25"Hierdie skeefgetrekte gesin het my vir ’n dag lank laat vergeet hoe ek al my rekeninge gaan betaal. Dit is woordlekkerte op steroïde."
Ligspoor deur Juan Coetzer: ’n lesersindruk
2025-02-21"Ligspoor het my aandag getrek toe dit onlangs op Versindaba verskyn het as nuwe publikasie, tot my verbasing, want as ’n reël plaas Versindaba bundels uitgegee deur hoofstroomuitgewers."
Lucas Mangope deur Oupa Segalwe: ’n resensie
2025-02-19"Waar Mangope se openbare lewe as stormagtig beskryf kan word, met die tipiese elemente van sukses, verraad, geweld, twis, mislukking, tragedie en drama waaraan politici se loopbane dikwels gekenmerk word, is daar veel aan sy persoonlike lewe wat eweneens as stormagtig beskou kan word."
Passie in Parys deur Tosca de Villiers: ’n resensie
2025-02-17"Die storie begin tussen die lakens en daar word behoorlik gewoeker met die wellus van die lyf."
flikker-gram, saamgestel deur Marlies Taljard: ’n resensie
2025-02-14"Afgesien van die perspektiewe van digtende dokters, is die verse geskryf vanuit die oogpunt van Jan Alleman se belewenisse met mediese verskynsels in al hul gedaantes: vanuit die perspektief van die pasiënt, die toeskouer/voyeur, en die mediese werkers. Ons is almal deelgenote aan mediese praktyke ..."
