Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Bloed van ’n vlinder deur Marieta Carrick: ’n resensie
2025-07-29"Carrick is hier om te bly. Vlinder het reeds die Nielsen-topverkoperlys gehaal. Die roman het tonge aan die klap."
Labour law in practice deur Andrew Levy, ’n lesersindruk
2025-07-23"Die doel van die boek is om aan lesers te wys hoe om arbeidsreg op ’n praktiese en nuttige wyse in die werksplek toe te pas sonder om toe te laat dat dit ’n krag of oorweging word wat alles oorheers."
’n Noodvlug vir Rusty deur Jaco Versfeld: ’n resensie
2025-07-23"Ek was aangenaam verras toe ek die naam van ’n manlike skrywer op ’n Romanza-voorblad sien. Natuurlik lees mans ook Romanzas, al sal van hulle dit dalk ontken."
Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton: ’n resensie
2025-07-22"Hoe haal ek nou asem? is ’n geslaagde jeugroman wat op vertederende wyse die dood van ’n ouer ondersoek."
Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n lesersindruk
2025-07-22"Lees hierdie boek. Nog beter, koop meer as een en gee dit vir jou bure, dominee, pastoor of geloofsleier, jou kind se onderwyser en almal wat jy teëkom wat by kinders betrokke is. As ons as gemeenskap probleme vroeg genoeg raaksien en daarop reageer, kan hierdie tipe misdrywe gekeer word voordat dit gebeur."
Haar grootmensliefde deur Cynthia Robertson: ’n resensie
2025-07-21"Die held en heldin móét by mekaar uitkom. Romanza-skrywers se onmiskenbare kreatiwiteit om oorspronklike tussenin-stories uit te dink verras my keer op keer, veral omdat dit alles in net sowat 180 bladsye moet gebeur."
Binnerym van bloed deur Antjie Krog: ’n resensie
2025-07-17"Dit is ’n roman wat gelees en weer gelees moet word, om telkens nuwe gewaarwordinge te beleef. Dit bly egter onteenseglik dat indien dit so sou wees dat hierdie publikasie die laaste is uit Krog se pen, dit ’n hoë noot is om ’n formidabele oeuvre mee af te sluit."
Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn: ’n resensie
2025-07-16"Karooseun van Vosburg is ’n insiggewende veelkantige verhaal deur iemand wat ondanks die dikwels fatalistiese val van die dice sy regmatige en volwaardige plek in die son kon kry, in ’n land wat werklik behoort aan almal wat dit bewoon."
Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie
2025-07-16"Die insluiting van verskeie ander werklike historiese figure, onder andere Jan Tesselaar, wat in 1828 as Caledon se veldkornet aangestel is en rondom wie daar inderdaad ’n legende aangaande sy huweliksdag gehul is, verseker geloofwaardigheid en outensiteit wat tyd en ruimte betref."
Vredemaker deur Reggie Peace: ’n resensie
2025-07-15"Reggie se eerlikheid oor die gevoel wat kinders wat uit sulke gesinne kom, met hulle saamdra, ruk jou. Hy praat van goeie tye, 'maar ek kan meestal net die slegte goed onthou. Die goed wat jou trauma word.'"
Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie
2025-07-09"Hierdie boek is nodig. Met die lees daarvan het ek egter besef dat dit eerder ’n nuttige handleiding vir ouers en die gemeenskap is oor die gevaartekens wat geweldsmisdaad voorafgaan as ’n boek oor die persoonlike besonderhede van Deveney."
The shortest history of China deur Linda Jaivin: ’n resensie
2025-07-08"Ek het met ’n fyn kam deur die indeks gegaan op soek na gapings. Dis werklik merkwaardig hoe soveel in so min bladsye gedek word."
Skemerverse deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk
2025-07-03"Skemerverse is ’n bundel verse wat ek nie kon neersit voordat ek die laaste gedig gelees het nie."
Gevarieerdheid en inklusiwiteit laat Merang vonkel: ’n lesersindruk
2025-07-03"Die veelkleurige voorplat en titel – merang beteken 'fees' in Kaapse Moslemafrikaans – stel ’n poësiefees gekenmerk deur vele tongvalle en style en verskeidenheid in die vooruitsig."
Spud: The reunion deur John van de Ruit: ’n resensie
2025-06-25"Soms skryf outeurs individuele boeke in ’n reeks op so ’n wyse dat elkeen as ’n eenheid op sy eie gelees en geniet kan word. Spud, die eerste boek in die reeks en wat in 2005 verskyn het, kan wel apart en op sy eie gelees word, sonder vooruitskouing of verwagting, maar die ander, en beslis nommer vyf, Spud: The reunion (2024), maak swaar staat op kennis van die vorige boeke, nie slegs omdat daar so baie terugverwysings is nie, maar omdat lesers van die reeks sal wil weet wat met die Crazy Eight gebeur het sedert hulle gematrikuleer het, asook wat by die reünie gebeur, en waarskynlik ook of daar verdere boeke in die reeks gaan wees."
François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk
2025-06-25"Die stryd rondom seksualiteit, werkloosheid, liefde, pyn en verlies word kunssinnig vervleg in elkeen van die karakters wat opstaan tussen die blaaie om jou leefwêreld vir 263 bladsye lank binne te dring."
Vyfsterboek! Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk
2025-06-24"Ek het ongelukkig nog nie iets soortgelyks in Afrikaans raakgeloop om ’n vergelyk te tref nie, maar hierdie hofdrama wat oor 14 dae afspeel, is vir my baie geloofwaardig. Ek kan nie wag vir boek twee in die reeks nie."
Dink jouself gelukkig – verander jou denke, verander jou lewe deur Pieter van Jaarsveld: ’n resensie
2025-06-24"Dink jouself gelukkig is meer as ’n boek oor positiewe denke. Jy sal leer hoe om jou brein te herbedraad en daarom die vermoë te kan ontwikkel om jouself gelukkig te dink."
François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk
2025-06-23"Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel."
Twee boeke oor die leuens wat wit mense glo: ’n resensie
2025-06-18"Ek wens ek kon Evans se boek in daardie man se hand stop voordat sy haat en vrees op geweld uitloop. Maar bowenal wens ek hy wil Mitchell se boek lees, en hom afvra of hy homself nie in een van die jongmanne herken nie, in sy denke en ook sy woorde."
