Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2024-09-17"Humor, sowel as Emily House se illustrasies en kreatiewe tipografie, maak die verhaal toeganklik vir ’n groter teikengroep."
Flaffie en Stink sokkies deur Jaco Jacobs: ’n gesamentlike resensie
2024-09-12"Om te lees vir plesier en terselfdertyd jou arsenaal aan te vul om sekere struikelblokke en kwessies aan te pak, is ’n bonus – veral vir ontwikkelende lesers, maar eintlik vir almal in die gemeenskap. Die wêreld sal beslis ’n beter plek wees as álmal (meer) kinder- en jeugliteratuur lees."
The book of elsewhere deur Keanu Reeves en China Miéville: ’n resensie
2024-09-11"Unute lyk, soos in die grafiese verhale, fisies soos Reeves. Maar die filosofiese beskouing oor moraliteit en verganklikheid, dit is Miéville op sy manjifieke beste. Saam sorg hulle vir ’n kragtoer en ’n leeservaring wat my lank gaan bybly."
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg: ’n resensie
2024-09-10"Spangenberg se betoog is nie om gelowiges te probeer ontkeer nie. Hy wys slegs daarop dat alle godsdienste menslike skeppings is."
As alles niks word: ’n lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg
2024-09-09"Daar lê die 'afgod' nou (as dit inderdaad ’n 'afgod' is) magteloos, onttroon en afgesaag by die voetstuk, die kop en skouers van die borsbeeld flenters eenkant op die plaveisel van Afrikanerdom. Vir altyd verwyder, gesloop, vernietig, tragies verinneweer en verniel net soos arme Humpty Dumpty!"
Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk
2024-09-09"Die Smooie en die Smoue, geskryf deur Julia Donaldson met illustrasies deur Axel Scheffler, is pret. Dit is boonop propvol tydlose waarhede, tussen al die guitigheid deur. Ek wens alle politici in alle wêrelddele wil dit lees. Jaco Jacobs se vertaling is heerlik."
Heks deur Dibi Breytenbach: ’n resensie
2024-09-05"Sien Heks dan as ’n lekkerleesboek met ’n kragtige kinkel; ’n moderne fabel waar die boodskap en die boodskapper van belang is, maar wat veel dieper strek as wie die hardste en aanhoudendste kan skree."
Kode bruin! Die goorste week ooit!-kinderboekreeks: ’n jonglesersindruk
2024-09-04"Justin het skaars MAANDAG oorleef en toe is dit DINSDAG, en sy kat is steeds weg – waarskynlik deur aliens ontvoer! WOENSDAG was woes saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand! Maar ek wil nie nou alles vertel nie; jy moet self die reeks lees!"
Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach: ’n resensie
2024-09-04"Soos met die meeste groot kunswerke is dit eerder ’n gewaarwording dat jy in die omgewing van iets groots is wat veel meer as ’n verwoordbare insig is. Jy maak die boek toe met die wete dat jy iets belangriks belééf het, iets baie betekenisvol wat moeilik verduidelik kan word."
Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk
2024-09-03"Al kan Breekpunt op sy eie as ’n roman staan en al is al die bestanddele van ’n geslaagde misdaadroman teenwoordig, is daar hier en daar haakplekke."
Kortliks met Stefaans: 2 September 2024
2024-09-02"Hier is twee klippe-kou-publikasies. Albei kan hewige debat veroorsaak, veral onder lesers wat dit nie gaan lees nie. Albei het ook die vermoë om groei te ontkiem."
Almal moet kan vlieg: ’n resensie van Heks deur Dibi Breytenbach
2024-09-02"Sy vergelyk hul verhouding met die dramaturg, Aristofanes, se vertelling in Plato se Simposium van die kragtige, endogene, ronde skepsels, man én vrou, wat eens op aarde was en toe deur ’n jaloerse Zeus geskei en vervloek is om vir altyd rond te dwaal op soek na hul ander helfte."
Donker water deur Martin Steyn: ’n resensie
2024-08-30"Wat die boek uniek en ’n moet-lees maak, is die feit dat dit alles geskied in die uiters fassinerende duikersmilieu waarvan die meeste van ons maar min weet."
Waar bloed kruip deur Kobus Breyl: ’n lesersindruk
2024-08-26"Dit is duidelik dat Kobus Breyl met indrukwekkende outoriteit skryf en deeglik bekend is met sy onderwerp. Gegewe sy agtergrond en ondervinding in die regspraktyk, neem hy die leser op ’n reis van ’n diggeweefde moord- en speurverhaal."
Droomjagter deur Leon van Nierop: ’n resensie
2024-08-23"My groot vrees met 'ou hande' is dat hulle bykans enigiets kan skryf en dit gedruk sal word, bloot omdat hulle name boeke by die duisende verkoop. Is die verkoopsyfers nie al wat tel nie?"
Die gestaltes wat in ons aanwesig is. Wording van ’n bleek Afrikaan deur Frik de Beer: ’n lesersindruk
2024-08-20"Omdat [die boek] uit vandag se perspektief geskryf is, dinge grotendeels verwerk is en afsluiting oor sekere dinge verkry is, is dit die postkoloniale perspektief wat opval: Ons het nie tóé geweet nie en die nawete is verdoemend. En wat het ons nie gedoen nie!"
Donkertyd: My naam is Tina deur Mariël le Roux: ’n resensie
2024-08-19"Uiteindelik gaan dit oor die doodswyg van dinge ter wille van die samelewing – die samelewing wat in elk geval lustig skinder oor elkeen wat uit die spoor van tradisie en konserwatisme trap. Die tragedie – soos in talle ander boeke met min of meer dieselfde tema – is dat Tina se pa, sowel as sý pa, vandag deur behandeling gehelp sou kon word."
The fall by Hans Pienaar: a book review
2024-08-16"He is a creative writer very much attracted to the beauty of the mangled achievement; it is, in a sense, part of his ethos. It is the wilfully imperfect note that Pienaar strikes with great care and planning, which charms when it doesn’t become too convoluted."
Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n proe-proe lesersindruk
2024-08-14"Alhoewel die skrywer reg aan die begin van haar boek sê dat as sy sommige stukke vandag sou skryf, sy dit dalk anders sou benader, dink ek dis nogtans nodig dat ons almal – wit en swart Suid-Afrikaners – dit lees soos wat dit is."
Die mens agter die skrywer: ’n lesersindruk van Piet van Rooyen se Die rooi boks
2024-08-14"Saam met ’n oerjagter kan jy vry oor die vlaktes sweef en by die kampvuur die groot murgbene saam met hom leegstamp. Miskien sal hy jou laat deel in die geheime van sy rotskuns, miskien sal jy tog Die Waarheid vind. Klim op ruimtetuig Rooi boks."
