Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Gent-Universiteit hang solank die vlae uit vir Antjie se koms
2021-07-07Die Universiteit van Gent in België ontvang Antjie Krog in Oktober en November 2021 as hul eerste literêre gasskrywer. Yves T’Sjoen en Louise Viljoen besin oor Krog se internasionale statuur as skrywer en haar posisie as kulturele bemiddelaar.
Waar kom ons vandaan? Van die begin van die heelal tot vandag deur Andreas Engelbrecht, Schalk Engelbrecht en Marleen Visser: ’n lesersindruk
2021-07-07"Dit gaan hier oor ons spesie, homo sapien sapien, en sommer oor al die ander spesies ook. Die ganse fauna en flora."
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2021
2021-07-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Martin Steyn (1976–)
2021-07-06"Die skrywer is maar die koord wat stories aanmekaar bind." Lees oor Martin Steyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Maya se musketier: ’n onderhoud met Marga Jonker
2021-07-05"Ek beskou myself eerstens as ’n leser, van kinder- en- tienerboeke veral."
First sip: Blues for the white man by Fred de Vries
2021-07-02"A fascinating, insightful journey through time and space, Blues for the white man is a celebration of multiculturalism and a plea for white people to do some ‘second line dancing’ for a change."
Persverklaring: Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie vir 2021
2021-06-30Die wenner van die Ingrid Jonker-prys vir 2021 is pas aangekondig.
Pienk Ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: Poësie oppie man af, broos en grensverskuiwend
2021-06-30"Pienk ceramic-hondjies is ’n meesterlike debuutbundel van ’n opwindende jong digter wat onbeskaamd sy eie plek in Afrikaanse letterkunde inneem."
Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt: ’n resensie
2021-06-30"Ullyatt, ’n geliefde figuur in die literêre landskap, het verlede jaar haar stryd teen kanker verloor. Haar debuutbundel is gekortlys vir die Ingrid Jonker-prys."
Pasverskyn: Dol heuning deur SJ Naudé
2021-06-30Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om ’n aardbol uit – van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.
Onderhoud: Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas
2021-06-30"Wat my liefde inspire het vi digkuns is simply die feit dat poetry emotion heighten. Dis eerlik en altyd net genoeg."
Robert: A queer and crooked memoir for the not so straight or narrow deur Robert Hamblin: ’n resensie
2021-06-30"Hy gee ons ’n tintelende blik op waar queerheid sigself tans bevind, beleë insig in hoe dit die afgelope dekades veral in ’n wit Suid-Afrikaanse konteks gevorm is, en weerkaats die reënboog van hoe die nabye toekoms kan lyk. Maar tog vertel Robert eenvoudig hoe dit is en was in die lyf van een mens, en oorrompel jou met ’n storie wat anderkant Pride-maand bly verlos."
Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck: ’n leeskringbespreking
2021-06-29"Anoeschka von Meck het ’n hele wêreld in woorde geskep met Die heelal op my tong."
Wat skryf aan ’n mens doen: bladsy 61 van Elsa Joubert
2021-06-29"Probeer die volgende: Skryf ’n skok-ervaring op. Soos die oomblik toe jy hoor jy is Covid-positief."
Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Valda Jansen
2021-06-29"My droom is om boeke te skryf wat iets sal beteken vir diegene wat dit lees; boeke wat iets kan sê oor ’n tyd wat verby is."
Dominique deur Erla-Mari Diedericks: ’n resensie
2021-06-28"Hierdie boek is een wat ek glo enige aanhanger van rillers of erotiek sal geniet. Die skrywer is ’n ervare verteller, die teks is knap geredigeer, en met dié publikasie bied Wenkbrou die Afrikaanse leser iets heeltemal nuuts."
African Library: Dogstar rising by Parker Bilal
2021-06-28"An engrossing reading experience awaits readers, who will find in Dogstar rising an enlightening, bracing and gripping way of spending the leisure time that lockdown restrictions on social gatherings have made available. Readers can also follow it up by getting hold of the five other texts in this series."
Sondagoggend en nege Post-Its van Petra
2021-06-28"Jou ouma, 'die beroemde Annie Skilpad, weduwee van mooi-Arend Dippenaar … Dis sý wat gesê het: Ek sal lank dood wees, dan sal julle nog van my praat'" – Rachelle Greeff bring hulde aan Petra Müller wat op 25 Junie 2021 oorlede is.
Petra Müller: "’n Mengsel van die sublieme en alledaagse"
2021-06-26Petra Müller is op 25 Junie 2021 oorlede. Lees Hannes van Zyl se toespraak by die bekendstelling van haar bundel Die aandag van jou oë, wat in 2005 met die Hertzogprys vir poësie bekroon is.
Pasverskyn: Immigrant: ’n Keuse uit die gedigte van Elisabeth Eybers – saamgestel deur Ena Jansen
2021-06-24Eybers se verse was jare laas in druk. Dié keuse, uitgesoek deur Ena Jansen, goeie vriendin van haar, wys op Eybers se veelsydigheid as digter.
