Eugene
Kirby van der Merwe
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798182645
Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s. Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.
’n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.


Kommentaar
Baie geluk Kirby! Die artikel hierbo sê eintlik niks. Ek sou baie meer en interessanter inligting wou hê en sal die boek koop NET omdat ek jou ken en weet dat jy ’n goeie skrywer is. Daar moes regtig baie meer om die lyf gewees het, want jy MOET selfs hulle wie jou NIE ken nie kan aanspoor om wel die boek te koop!
As ek jou NIE geken het nie sou ek gewonder het is die nou ’n wit man (Van der Merwe) wat ’n township-storie probeer skryf. Soos die song "Wildflower", onthou jy hoe sê, ek dink die O'jays, "The first time we heard this song it sounded like a white guy trying to do a black thing - Only to find out it was actually a ..."