Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Persverklaring: Skrywersdag 14 September 2021

LitNet Boeke en skrywers 2021-09-10

Op Dinsdag 14 September vanaf 10:00 – 13:00 bied die vakgroep Afrikaans vir Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde, in samewerking met NB Uitgewers, ’n aanlyn skrywersdag aan.

First sip: The ANC’s last decade by Ralph Mathekga

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2021-09-08

"Since the first democratic elections in 1994, no party has held on to the third position in consecutive elections. Smaller political parties have always alternated in this position. Because it has claimed this spot, the only way up for the EFF must be to depose the DA and become the official opposition."

Die skat in Dalene Matthee se OK Bazaars-inkopiesak

Amanda Botha, Suzette Myburgh, Melt Myburgh Boeke en skrywers 2021-09-08

In 1984 het Dalene Matthee as nuweling by die Skrywersgildeberaad in Gordonsbaai opgedaag. Haar aktetas was ’n OK Bazaars-inkopiesak. Die uitgelese gehoor was neusoptrekkerig, maar nie lank daarna nie sou die skat in daardie plastieksak die wêreld na haar voete bring.

White trash by Terry Angelos: book launch

LitNet Jonathan Ball-portaal 2021-09-08

Tracy Going will be in conversation with Terry Angelos on Monday 20 September 2021 at 18:00.

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Elrien Scheepers se kortverhaal as voorbeeld van ’n fabel

Naomi Meyer, Elrien Scheepers Skole 2021-09-08

"Die vier elemente van ’n fabel sluit in ’n morele les, simbolisme, humor en antropomorfisme/vermensliking. Hoewel die diere in my fabel normale dieregedrag toon ... is hulle eintlik simbole van mense of kinders."

The whistle blowers by Mandy Wiener: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2021-09-08

"If you wish to destroy the life you know, expose some corrupt activities."

Skeur deur Carel van Rooyen: ’n resensie

Henriëtte Loubser Resensies 2021-09-07

"Dat die jong, talentvolle skrywer van hierdie debuutwerk voorwaar iemand is om in die toekoms dop te hou, maak my mateloos opgewonde. Jong skrywers wat in die taal van hulle portuur krities belangrike boodskappe kan deel, is broodnodig."

C Johan Bakkes se Hou die kruit droog: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2021-09-06

"Hou die kruit droog is inderwaarheid ’n waansinnige reis wat jou laat lag en soms hoendervel gee."

Persverklaring: Lenteskool vir skrywers van romantiese fiksie

LitNet Slypskole 2021-09-06

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit (NWU), in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer Penguin Random House Romanza, bied op twee Saterdae in Oktober (2 en 16 Oktober 2021) ’n aanlyn slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-09-06

"Die krag van die verse in Soe rond ommie bos is veral gesetel in die tematiek, wat oorloop van die woede en frustrasie van ’n jong generasie wat nie meer tevrede is met enige reënboognasieretoriek nie."

Die Seepunt-insident deur Gerhard Greyvensteyn, ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2021-09-06

"In ’n ware Agatha Christie-trant word dit gou duidelik dat elkeen van die gaste motiewe gehad het om Imelda te vermoor, maar wie was dit?"

Press release: Longlist for the Kendeka Prize for African Literature 2021

LitNet Books and writers 2021-09-03

The longlist for the 2021 Kendeka Prize for African Literature has been announced on Wednesday, the 1st  of September 2021.

Fresh off the press: The scandalous times of a book louse by Robert Muponde

LitNet Boeke en skrywers 2021-09-02

At a time when cooked ants constitute a feast, the future nevertheless holds abundant prospects for the boy who devours words. But there is an unexpected fork in the road for this book louse, and plenty of wondrous twists and shocking turns.

Die estetika van Lyfskap: ’n resensie

Ilse de Korte Resensies 2021-09-01

"Soos dit die erotiese betaam, is die seksuele ’n integrale deel van elke storie, al is dit in party verhale net deur die ligte aanraking van twee pinkies met die suggestie van wat gaan volg."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Naomi Meyer, Chase Rhys Skole 2021-09-01

"Vi leerders wat wel Kaaps praat, gloe ek dattie ontmoeting van hul hystaal innie klaskamer ’n geleentheid bied vi heelheid en alignment. Ek hoep dat it hulle laat besef dat hulle tys sowel as op skool hul outentieke self kan wies.  Vi leerders wattie tys Kaaps praatie, maak blootstelling aan hierdie taal hul gedagtes oep. It gie hulle mee geleentheid om bewus te wôd vannie diversiteit vannie Afrikaanse taal en allie verskillende mense wat it praat."

Leef jou nuwe lied deur Elsa Winckler en Sonja Goldberg: ’n onderhoud met die skrywers

Maryke Roberts, Elsa Winckler, Sonja Goldberg Skrywersonderhoude 2021-09-01

"Daar is ’n hele paar voorbeelde waar hulle illustreer dat mens soms net moet asemhaal en bedaar, besef jy is nog hier. Dis soms genoeg om in daardie genade te staan. En die ander belangrike boodskap is dat jy soms ook net vir ander dít kan wees: hier en gewillig om te luister."

Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniël Lötter: ’n resensie

Derick Muller Resensies 2021-09-01

"Geniet die boek, maar moet dit liefs nie na donker aanpak nie."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie

Naomi Meyer, Fanie Viljoen Skole 2021-08-31

"Leerders sal miskien hul eie weergawe van ’n toekomstige skool kan versin, want hulle kinders sal moontlik eendag so skoolgaan. Die Zoom-klasse wat ons vandag sien, is net die begin daarvan."

Chanette Paul gesels oor Marilyn

Chanette Paul, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2021-08-31

"Gebrekkige seksinligting, blote waarskuwings dat seks sonde is en dies meer, veroorsaak meer ellende as wat mens in ’n boek kan beskryf."

Cor Nortjé (1938–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-08-31

"Ek glo ’n mens moet jouself gedurig vernuwe. As ek iets aanpak en dit nie voltooi nie, is dit vir my ’n persoonlike nederlaag."

Top