Pasverskyn: Herlewing: Transvaal en die grensgebiede in die naoorlogsjare, 1902–1910 deur Karel Schoeman

  • 0

Herlewing: Transvaal en die grensgebiede in die naoorlogsjare, 1902–1910
Karel Schoeman
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313342

In die vierde deel van die reeksImperiale somer word aan Marabastad, die separatistiese kerke, die opkoms van die Afrikaners in die naoorlogsjare, die emigrasie van wit mense na Oos-Afrika ná die oorlog, en die veldtog ten behoewe van die Indiërbevolking onder leiding van Gandhi aandag gegee. Anekdotes en kameebeskrywings kleur die vertelling in.

Dié deel lewer ’n belangrike bydrae tot ’n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal ’n wye leespubliek, en nie net vakkundiges nie, boei.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top