Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
WF 2015: Om die son te sien
2015-05-19Ek is Arethusa, vyftien jaar oud. Ek het lang, donkerbruin hare en doodgewone bruin oë. Daar is niks besonders aan my nie.
WF 2015: Hoe die wêreld selfmoord gepleeg het
2015-05-19My naam is Damian Adams die Vierde. In die besigheidswêreld staan ek bekend as die leeu. Ironies genoeg was my eerste dag as nuwe eienaar en hoof uitvoerende beampte van Mas Records, om dit sagkens te stel, ’n riller.
WF 2015: Die oorlog teen tyd
2015-05-18Die meeste mense het altyd vir my gesê dat om ’n nuwe wêreld in te tree, moet jy vergeet van jou ou een. Maar hoe kan dit wees as my wêreld gevorm is deur my toekoms?
WF 2015: Ek is verlief op ’n alien
2015-05-18Die skoolklok lui en almal hardloop bo-oor mekaar soos wat ons by die huis wil uitkom, want dit is uiteindelik vakansie. Na ’n kwartaal van byna net eksamen skryf kan ek bietjie ontspan voor my groot matriekjaar na die Desembervakansie.
WF 2015: Lewe op Mars
2015-05-18In die jaar 2024 het die tyd aangebreek vir die volgende reusesprong vir die mensdom, Mars toe. Dit was toe die lewe op Mars begin het. In die jaar 3024 vier ons die duisendste herdenking van die stigting van lewe op Mars.
WF 2015: Die organiese waterstofbinding van orgaandiefstal
2015-05-18Hy staan voor die klas. Hy is lank en lenig met ’n bos grasserige grys hare. Sy oë diep gate waaruit net haat kan vloei. Hy het dun lippe met ’n lang, vlymskerp neus wat jou siel kan deurboor.
WF 2015: Verplaas na 2050
2015-05-18“Die toespraak wat dr Zebenhout oor die ontwerp van ’n tegnologiebestuurde wêreld gegee het, was baie interessant. Hoe koel sal dit wees om in so ’n wêreld te bly?”
WF 2015: Fotosintese
2015-05-18Hy was daar toe die wêreld verander het. Hy het die tekens raakgesien lank voordat hulle daarop kon reageer. Hy het geweet dat hulle te laat begin bekommer het oor die probleem en dat hulle keuse die toekoms drasties sou verander.
Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 2, November 2014
2015-05-13Dewald Koen, Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel een van sy 2014-vraestelle.
WF 2015: Die diere is terug
2015-05-13Elke dag wonder ’n mens hoekom daar regtig diere op aarde is. Is hulle hier omdat ons hulle moet liefhê of is hulle hier om ons dop te hou en lewenswyse te leer ken en dalk ons swak punte te sien?
WF 2015: Biomeganiese organe het nou genoeg gehad
2015-05-13My arm begin onwillekeurig rondswaai. Dit het ’n lewe van sy eie. Die arm wikkel homself los en begin stadig oor die vloer kruip, weg van my af. Ek kyk in verbasing na hoe my arm skuif-skuif om die hoek verdwyn. Die snaaksste is dat ek geen pyn ervaar het nie. Dit het amper kielierig gevoel.
WF 2015: Atlantis
2015-05-13"Jammer Oom, ek hoop Oom gee nie om dat ek vra nie, maar wat het met Oom se linkerhand gebeur?"
WF 2015: Slim vang sy baas
2015-05-13Satire word gewoonlik as ʼn gedig of ander kunsvorm beskryf waar met dinge in die samelewing gehekel word. Dit kan parodie, ironie, sarkasme en karikatuur inspan. Dit handel gewoonlik oor politici, kunstenaars, die media, waardes en selfs ons president, mnr Zuma.
WF 2015: My ander self
2015-05-13In ’n donker kamer, in ’n onbekende omgewing, lê Jhaan bewusteloos. Daar is ’n gevoel van angs in die lug.
WF 2015: Roem van die ruimte
2015-05-13Liewe leser, jy ken my dalk nie, jy hoef ook nie, maar hierdie is ’n wilde verhaal wat moet uitkom. Nou, ek is ’n gr. 11-leerder met ’n groot belangstelling: die ruimte en spaceships. Ek wou nog altyd eendag soos ou Armstrong ruimte toe gaan en my oomblik van roem hê.
WF 2015: GMR: gevorderde mensgedrewe robot
2015-05-08Dit is stil. Logan voel hoe die bloed teen sy voorkop afdrup. Die stuurkajuit is pikdonker. Sy GMR-pak het alle kragtoevoer verloor. Hy kan glad nie sy linkerarm voel nie. Dan, skielik, tref iets hom hard van voor af. Hy kyk op deur die voorruit. Daar staan die MIG MK6 voor hom.
WF 2015: Om 'n hart te hê
2015-05-08Die geneurie van elektroniese toestelle dring tot my onderbewussyn deur. Die lug wil-wil herinner aan skoonmaakmiddels. My ledemate voel swaar en metaalagtig. ’n Oorweldigende hoofpyn klop in my skedel. Stadig fladder my ooglede oop. Die spierwit kamer is vreemd.
WF 2015: Die eksperiment
2015-05-08Dit het alles dertien jaar gelede gebeur, net na my 16e verjaarsdag. Dit is die laaste Vrydag van graad 10 en ons klas rumoer uitbundig. My vakansieplanne is agtermekaar. Ek gaan by my oom kuier terwyl my ouers oorsee reis en my twee beste vriende, Michael en Travis, kom saam.
WF 2015: Wanneer kunsmatige intelligensie wen
2015-05-08Anna swaai haar kop verskrik in die rigting van die bloedstollende gille. Een minuut en vyf-en-veertig sekondes op haar arm. Sweet tap in watervalle by haar gesig af asof iemand ’n kraan bo haar kop oopgedraai het.
WF 2015: Bekende onbekendheid
2015-05-08Dit álles voel só bekend. Hierdie plek. Hierdie spesifieke oomblik. Die lug wat ek diep in my longe inasem. Ek kyk na die wêreld om my. Hierdie nuwe wêreld van my.

