Die rolprente oor wetenskapfiksie waarin akteurs hulle rol vertolk, is indrukwekkend. ’n Positiewe rol word aan die bevordering van mensdom toegeken wat die voorspelling van die toekoms se wetenskaplike ontwikkeling bevorder en meer interessant maak vir algehele kykers.
Utopiese toekoms van lewendige beskrywing word bewonder as ’n ideale manier waar wetenskapfiksie dikwels ingewikkeld is teenoor ontsagwekkende tonele en plotkinkels wat lei tot die verbeelding en fantasie. Met aksietonele word wetenskapfiksie uitgebeeld wat die hemelruim en selfs die aarde verander na toekomstige gebeurtenisse wat moontlik kan plaasvind oor ’n dekade. Die films wat gebaseer word op wetenskapfiksie word deur intelligente en rekenaarvaardige mense bymekaar gesit om ’n uitsonderlike verhaal te skiet. Die aarde word onder andere as ’n hulpbron gebruik om die perfekte rolprent van wetenskapfiksie te maak waar geen vernietiging ten opsigte van die mensdom en hulle besittings plaasvind nie. Die aarde met betrekking tot verskeie rolprente word verhuur aan verskillende stede, provinsies en lande om die uitbeeld van ’n reëlmatige rolprent te vertolk.
Subgenres vertolk op ’n gereelde basis alternatiewe geskiedenis, die einde van die wêreld, habitat, godsdiens, gekloonde mense, militêre magte waar die hoofkarakters soldate is en selfs onsterflikheid wat die mensdom meer doeltreffend maak om te oorleef. Met betrekking tot die alternatiewe geskiedenis word uiters ou geboue en motors verkieslik gebruik om ’n wetenskapfiksierolprent te skep. Daar word onder andere tot ’n einde gekom met die wêreld en die hemelruim teenoor oorloë en siektes wat plaasvind in die mensdom. Positiewe reaksies teenoor godsdiens word uitgebeeld om die toekomsverhale te vertoon. Supermense word gebaseer op die mensdom wat onoortreflik en ver bo ons vuurmaakplek is waar geen oorloë of gebeurtenisse hierdie persoon tot vernietiging kan bring nie. Akteurs word meer gebruik by verskillende fiksies wat die rolprente afsonderlik verbeter. Selfs diere word gebruik wat meer aksie skep. Films word met betrekking tot hoë-tegnologiese toestelle bevorder en uitgebeeld om die fantasie en reaksie van die mensdom meer interessant te maak.
Daar word vandag ’n algemene tema in die wetenskapfiksie gebruik wat beskryf word as die eerste kontak en ontmoeting of bewuswording tussen die mens en vreemdelinge, wat ’n rolprent oor die algemeen meer doeltreffend maak.
Die subgenre reageer op diere en soms plante wat hierdie eenvoudige kombinasies in die ruimtewesens erken met ’n vaardigheid soos telepatie.
Daar is verskeie films wat wetenskapfiksie uitbeeld wat toekennings verower het gedurende die proses van die rolprent. Die rolprent wat almal se voete onder hulle uitgeslaan het, was “Avatar”, wat in 2009 verskyn het. Hierdie rolprent het die Oscar-toekenning vir beste prent ontvang danksy die film se oorspronklike uitbeelding van die mynwese wat die aarde wou oorneem. Met verskeie gebeurtenisse wat plaasgevind het in die rolprent moes Avatar die aarde red om alle slagoffers tot rus te bring.
Daar is verskeie films wat wetenskapfiksie uitbeeld, naamlik Looper, Star Trek, Gamer, The Hunger Games, Green Lantern en selfs Transformers.
Transformers was een van die rolprente met die meeste aksie, met robots wat na die aarde gereis het om ’n skild veilig te hou. Die aktrise Megan Fox, ’n wêreldbekende model, het die film oorheers met haar sprankelende persoonlikheid en deursettingsvermoë om ’n toneelspel vir die vervaardiger te gee waarna hulle gesoek het. Green Lantern het selfs wetenskapfiksie oortreflik uitgebeeld wat in die ruimte en ook op die aarde afspeel. Die hoofkarakter in hierdie film was ’n topakteur om die rol te vertolk. Hierdie akteur word as ’n superheld beskryf wat met oormatige krag die vyand oorheers en vernietig. The Hunger Games het selfs oortref met hulle hoofkarakters waar ’n aktrise die storielyn op hoogte gehou het. Met alle gemak het hierdie aktrise die taak uitstekend uitgebeeld waar sy een van vier aktrises was wat die Oscar kon verower as die beste vroulike aktrise.
Hierdie films wat gebaseer en uitgebeeld word aan die mensdom word met bykomende ruimteskepe en onbekende toestelle vermaak om ’n afsonderlike rolprent te skep. Dit maak dat alle mense regoor die wêreld meer bewus word van wetenskapfiksie-gebeurtenisse.
Elke wetenskapfiksierolprent wat tot dusver geskiet is, was ’n reusesukses. Die toekoms lê vol fiksionele rolprente wat die wêreld net meer gaan laat gons! Wetenskapfiksie op sy beste!
Lees nog oor die LitNet Akademies WF-skryfkompetisie

