Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

WF 2015: Die toekoms

Helette Steenkamp Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Die dag sal kom wanneer alles rondom jou gaan verander. Alle aspekte van jou lewe waaroor jy elke dag beheer het, sal teen jou draai. Met die tegnologie wat so vinnig vorder, sal kunsmatige intelligensie binnekort ontwikkel.

WF 2015: Fanie Viljoen deel 5 skryfwenke

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-05-06

Die skryfmeester Fanie Viljoen, wat ook een van die beoordelaars van LitNet Akademies se wetenskapfiksie-skryfkompetisie is, deel vyf wenke vir die skryf van ’n kortverhaal.

WF 2015: Vorige wenners gee raad

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Die wenners van LitNet Akademies se heel eerste wetenskapfiksie-kortverhaalkompetisie in 2012 het met ons gesels oor waar hulle vandag is en watter raad hulle vir hierdie jaar se deelnemers het.

WF 2015: Die einde

Thea Booysen Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Dag na dag sit ek hier. Jy weet waar om my te vind. Met onderaardse voete, vingers uitgestrek hemelhoog – ek is Moeder Aarde se kind. Ek het ’n stewige liggaam, wat menige slag kan weerstaan; tog word ek jaarliks gedwing om te aanskou hoe my broers een vir een geslag word.

WF 2015: Liefde vol draadwerk

Christi Barkema Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Liefde vol draadwerk. Dit is vreemd hoe dinge werk. Partykeer werk dit en partykeer nie; partykeer weet 'n mens nie of dit gewerk het nie.

WF 2015: As kunsmatige intelligensie oorneem

Cecilia van den Berg Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Sy hoor hoe die traliehek toeklik en die silwer sleutel stadig draai. Sy kyk om haar rond. Dit is so stil soos die graf. Al wat sy sien, is ’n klipharde bed en ’n toilet.

WF 2015: Tweede kans vir die blou en groen planeet

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Hallo, mense van die planeet Aarde. My naam is Helia. Ek is 160 jaar oud, en is wat julle sal noem ’n tiener. Ek het neonoranje hare en ’n ligte skakering van blou in my vel. Ek weet nie waarom ek dit vir julle moet sê nie, maar in al die biografieë wat ek al gelees het van julle planeet, verduidelik hulle hoe die persoon lyk. 

WF 2015: Gisters

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Die ritme van my koue voete wat op die metaalplate klap, weergalm in die gang. "Ekskuus ... jammer," sê ek uit gewoonte terwyl ek verby ’n groep van die bemanning wat op die onderste vlak van die Titanic werk, hardloop.

WF 2015: Is ons alleen?

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Die eeue-oue vraag: Is ons alleen in die heelal? Ek het die antwoord op ’n baie vreemde tyd en plek gevind.

WF 2015: ’n Gelukkige einde

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Ek haat boeke en films. Ek haat die feit dat die goeie persoon altyd wen. Dis ’n leuen en so stereotipies. Ek is een-en-twintig jaar oud, ek is skatryk, besit my eie wêreld, ’n bekende organisasie, en ek kan doen net wat ek wil. 

WF 2015: Eksperiment 1987

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Ek hardloop. So vinnig as wat my bene my kan dra. Totdat hulle begin brand en my hartklop so hard is dat ek niks anders kan hoor nie, maar ek kan nie stop nie. Hulle kom nog. Ek kan nie nou opgee nie, anders is ek uit.

WF 2015: Wetenskap

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Dit kan soveel wonderbaarlike dinge in ons lewe verrig. Dis al wat in my kop aangegaan het toe ek by die Deadalus Moderne Ontwikkelingsprogram aangesluit het.

WF 2015: Reg vir baklei

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Ek mis my bed. Ek mis my wiskundeonderwyser, televisie, my selfoon. Dis ongelooflik hoe jy eers besef hoe gelukkig jy was as jy alles verloor het. Ek mis hulle. 

WF 2015: Om my toekoms te red

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Die verlede. Dis iets waarmee ’n mens nie moet speel nie. Maar wanneer die wêreld om jou val en jou enigste alternatief die dood is, dan waag jy dit om waaghalsige dinge te doen.

WF 2015: 'n Regte glimlag

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-28

Elke spesie het ’n swak punt. Die rede vir sy probleme. En die mens, wel, ’n mens is nie anders nie. In die jaar 2051 het navorsers bewys dat ons mense baie beter sou funksioneer sonder ons grootste swak punt: emosie.

WF 2015: ’n Nuwe begin

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-28

Ek is in die verkeerde era gebore. Dit besluit ek finaal terwyl ek staar na die wit mure wat my omsluit. “Mejuffrou van Jaarsveld.” Ek spring verskrik op toe ek my naam hoor. “Dankie, Jaco!” Ek is uit die tronksel nog voor die deur al heeltemal oop is.

WF 2015: Tyd wag nie

Handré Jankowitz Kuberklas Kreatief 2015-04-28

Oop. Alles … is … óóp. My … neus (die sintuigorgaan se naam spring in my verstand op) ruik die allervreemdste geure. Dit ruik – skóón. Skerp lig dring my oë wreed binne. 

WF 2015: Buitenaardse wesens

Christien Verboon Kuberklas Kreatief 2015-04-28

“En dit is hoekom dit heeltemal onmoontlik is vir enige buitenaardse wesens om te bestaan.” Juffrou Van Heerden kyk selfvoldaan na die klas. “MARAIS!” Ek skrik wakker en vryf my oë uit. “Hmmm?” Die klas begin saggies giggel.

WF 2015: Oorlewing

Christine Vivier Akademies en skole 2015-04-28

Doef! My kop tref die baksteenmuur met ’n slag. Ek steier terug en sak met ’n kreun neer terwyl sterretjies voor my visie dans. Die ruimtewese pyl op my af. Dis verby met my.

WF 2015: Die einde ... of die begin

Nicole Steinmann Kuberklas Kreatief 2015-04-28

Ek en my oom koop lekker kruideniersware in die winkel toe ons ’n harde gil van ’n vrou net buite die winkel hoor. Ons dink eers die vrou het seergekry. Toe ons by die winkelsentrum uitstorm, kan ons ons oë nie glo nie – ’n groot ruimtetuig hang oor die hele winkelsentrum en oor ’n hele paar huise.

Top