WF 2015: Lewe op Mars

  • 0

In die jaar 2024 het die tyd aangebreek vir die volgende reusesprong vir die mensdom, Mars toe.

Dit was toe die lewe op Mars begin het.

In die jaar 3024 vier ons die duisendste herdenking van die stigting van lewe op Mars.

Vandag is die grootste dag wat die mense in Mars al ooit beleef het. Die inwoners skarrel, enige kind en kraai is op hierdie dag te siene in die lug, besig om te vlieg in hul voertuie, skepe en fietse, haastig op pad na die Great Dine-stadion om hierdie dag te vier. Dit is by hierdie stadion waar almal in Mars die geleentheid gaan kry om die eerste vier mense wat hulle verskyning op Mars gemaak het, te herdenk. Weens die omwenteling van Mars om die son kan mense op Mars net ’n beperkte aantal Mars-jare leef.

In hierdie geskarrel en in die warrelwind van mense het ek besluit om my kans te benut. Ek doen nou al vir vyftien jaar navorsing by die Universiteit van Kaperman om ’n leidraad te vind wat sal beteken dat ek nooit hoef te sterf nie.

Niemand sal my vandag kom soek nie.

Dit is ’n plek waar niemand al vantevore was nie. Nog net ek het die moeite gedoen om hierdie leidraad vir soveel jare te bestudeer en te ondersoek. Dit het my twee en ’n halwe uur geneem, maar uiteindelik het ek my bestemming bereik. Nog net een tree, en die lewe op Mars gaan vir my permanent wees.

Ek sit my voet neer en in daardie oomblik verdwyn die kleur in my lewe.

Alles is swart. Ek weet nie wat om my aangaan nie, niks in die lewe het my al voorberei vir so iets nie. Ek hoor een harde stem, asof donderslae nou net in my gedagtes afgegaan het.

Alles het swart gebly, maar ewe skielik het daar ’n klomp kleurliggies in die vorm van mense en diere lukraak rondom my aangegaan. Nog nooit het ek so iets gesien nie. Hulle noem dit “glow in the dark”.

Daardie harde stem waarvoor ek so geskrik het, het toe voor my verskyn. “Die antwoord op die leidraad waarvoor jy soek, word deur my goedgekeur,” sê die onnatuurlike wese.

Ek het vir hom gesê dat ek belang stel in wat hy te sê het en dat ek graag vir eens en vir altyd die antwoord op die leidraad waarvoor ek al so lank gesoek het, wil ontvang.

“Daar is net een groot besluit wat jy sal moet neem,” se hy. “ Neem die pad terug aarde toe en skep nuwe lewe op aarde. Jy sal die eerste inwoner van die aarde na ’n duisend jaar wees en jy gaan die aarde beleef soos dit agtergelaat is sedert die groot trek na Mars. Of lewe hier saam met my en al die mense wat dit nie betyds vanaf die aarde tot by Mars gemaak het nie, in die swart holte onder Mars waar jy jou nou bevind. Jy het twintig minute om jou besluit te neem. Jy kan nooit weer terugkeer na Mars of jou geliefdes toe nie, dus het jy net twee opsies om van te kies. Kies versigtig, want jy weet nie watter opsie jou na jou antwoord toe gaan lei nie.”

Al was dit nou ’n mondvol en is ek meer deurmekaar as ooit tevore, het ek net twintig minute om ’n besluit te maak wat ’n groot invloed op my lewe gaan hê.

Ek het eenkant gaan dink en dieselfde goed het oor en oor deur my kop gemaal: wil ek alleen wees? Of wil ek vasgevang wees in hierdie swart wêreld? Wil ek alleen wees? Of wil ek vasgevang wees in hierdie swart wêreld?

Die twintig minute het in ’n oogwink verbygegaan. En ek het onder geweldige druk tot ’n besluit gekom.

Ek gaan spreek die onnatuurlike wese en vertel hom van my besluit.

Of dit die regte besluit is wat ek nou geneem het, sal ek nie weet nie, maar dit is voorlopig so.

Dit was nie eers tien minute later nie, en ek bevind my op die verlate aarde.

Ek’s alleen. Daar’s geen sprake van lewe nie. Ek gaan nooit weer my geliefdes sien nie. Ek kan nooit weer terugkeer na Mars toe nie. My besluit kan ek nie meer verander nie.

“En so,” vertel die onnatuurlike wese vir sy mense, “as hy maar net geweet het dat die aarde nie die antwoord op sy leidrade was nie.

“Hierdie swart wêreld met die glow in the dark-figure wat hy gesien het, was net ’n toets – dis eintlik die paradys en die antwoord …”

Lees nog oor die LitNet Akademies WF-skryfkompetisie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top