Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
’n Oorsigtelike verkenning van die omvang en fokus van inligting-en-kommunikasie-tegnologie-verwante navorsing in Afrikaans vir die tydperk 2011–2021
2022-10-04"[V]ir die wetenskapskultuur rondom IKT in Afrikaans om te gedy is dit nodig dat publikasie van artikels in Afrikaans binne ’n gesonde groter ekosisteem plaasvind."
Vonnisbespreking: Sintaktiese uitleg van die BTW-wet bepaal wanneer goud teen die nulkoers verkoop mag word. ’n Besinning van ’n positiewe taalkundige benadering
2022-10-04"Hoewel regter Davis ook ’n woordeboek geraadpleeg het, het hy die bron vir grammatikale helderheid aangewend en nie bloot om die denotasie van ’n bepaalde leksikale item te bepaal nie."
Persverklaring: "Om die draai"-kollokwium, Departement Afrikaans en Nederlands, US
2022-09-28Vier skrywers verbeel Suid-Afrika in 2050. Jy word uitgenooi om op 4 Oktober 2022 na Jolyn Phillips, Alettie van den Heever, Ryan Pedro en SJ Naudé te kom luister.
Nuwe Alles-In-Een Graad 1, 2 en 3: Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal-werkboekoefeninge
2022-09-27Is jou kind in graad 1, 2 of 3 en neem hulle Afrikaans Eerste Addisionele Taal in die skool? Best Books, ’n druknaam van NB-Uitgewers, deel hierdie week gratis oefeninge uit hul werkboeke om vir LitNet-lesers ’n voorsmaak te gee van wat hulle in hierdie boeke kan aantref.
Graad 10: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-09-27Dis amper tyd vir die lente-vakansie! As jy in graad 10 is, moenie toelaat dat Wiskunde vir jou hooikoors gee nie. Laai Lee-Ann West se vraestel en memo gratis hier af en laat dit jou van jou kwale genees.
Graad 4: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-09-27Lente is in die lug! Voordat jy begin dink skool is vir die voëls, hersien vir oulaas jou Wiskunde met Lee-Ann West se vraestel en memo. Dis spesiaal opgestel vir leerders in Graad 4.
’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms
2022-09-26"Digitisering behoort weens die koste, tyd en energie wat daaraan gekoppel is eerder ’n gesamentlike (dus instansiegedrewe) projekgeleentheid te wees as ’n individuele een."
2022 UJ-prys vir Afrikaans: uitnodiging na zoom-uitsending van die oorhandigings
2022-09-22Hier is ’n uitnodiging na die aanlyn oorhandigings van die UJ-pryse vanjaar. Klik hier vir nog besonderhede.
"Transition starts at home" – Ena Jansen se toespraak by CAANS 2022
2022-09-22Kyk hier na Ena Jansen se hooftoespraak (keynote address), getitel "Transition starts at home", via Zoom gelewer en opgeneem tydens die 91ste internasionale kongres vir lettere en wysbegeerte en sosiale wetenskappe (International Congress for the Humanities and Social Sciences) in Kanada.
Reguit met Robinson: Dissipline in die klaskamer
2022-09-22Te oordeel aan nuusberigte, word dissipline in die klaskamer ’n al hoe groter probleem. Daar is voorvalle van onderwysers wat geïntimideer, selfs aangerand word. Freek Robinson het gaan kers opsteek by twee mense wat daagliks hiermee te doen het. Santie van der Merwe is ’n kliniese sielkundige en Faeed Amardien is ’n onderwyser.
Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-19Is jy in graad 8 en kan jy nie meer wag vir die blaaskans voor die vierde kwartaal nie? Hierdie Afrikaans Huistaal-vraestel deur Eugene van der Westhuizen kan jou deur die laaste voorbereiding van die derde kwartaal se toetsreeks laat skaats.
Graad 11: Wiskundige geletterdheid – vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-15As jy na die getal kyk, voel dit jy sien al dubbel van al die spanning gedurende jou toetsreeks? Jy hoef nie jou oë te laat toets nie, graad elf-leerder, want LitNet bied hulp. Lee-Ann West se oefenvraestel en memo kan jou met jou toetsreeks se Wiskundige geletterdheidsvoorbereiding help.
Top-tien-opvoeders in die Wes-Kaap: ’n onderhoud met Robyn van de Rhede
2022-09-14"My droom is dat elke leerder in Suid-Afrika ’n kwaliteitopvoeding sal ontvang, ongeag die area waarin hulle woon. Net omdat dit ’n no-fee-skool is, beteken dit nie dat hierdie leerders nie kan presteer nie. As jy vir ’n kind die geleentheid skep, en jy maak die commitment om saam met hulle die pad te stap en altyd hul nommer-een-ondersteuner te wees, selfs na skool, kan enige kind presteer."
Die inspirerende onnie agter Kakamas se tienertoneelprestasies
2022-09-08"Met 240 leerders is ons ’n klein skool, so almal moet alles doen, of daar is niks. My beste akteurs en aktrises is rugbyspelende landbouseuns, die kaptein van die hokkiespan, die dux-leerder …" – Ontmoet vir Barnie Mans, die onderwyser van Kakamas wie se tienertoneelgroep die land aan die brand speel.
Is ’n Bybelvertaling in Kaaps dalk tog nie vêrgesog nie? ’n Perspektief op taalontwikkeling binne die Afrikaanse variëteitebundel
2022-09-07"Risiko’s is die volhoudende negatiewe gesindhede van die kant van nie-Kaapssprekers, ’n swak taaltrots en ’n trae omhelsing van die konsep van taalontwikkeling van Kaaps deur die eindgebruikers self. Die ongewenste spanning tussen die variëteite kan die implementering van ’n Kaapse oraal-mondelinge of geskrewe Bybel teen ’n klipmuur van interne weerstand laat stuit."
Press release: We want to assist teachers in the Eastern Cape to get their learners excited about writing!
2022-09-06The first 300 entries will receive a free copy of Thérèse Hulme’s book and free refreshments will be provided. The workshops take place in Gqeberha and Somerset East respectively.
Persverklaring: Ons wil onnies in die Oos-Kaap help om leerders aan die skryf te kry!
2022-09-06Die eerste 300 inskrywings ontvang ’n gratis kopie van Thérèse Hulme se boek en gratis verversings sal voorsien word. Die slypskole vind onderskeidelik in Gqeberha en Somerset-Oos plaas.
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 8 en wonder jy wat het hierdie Afrikaans Eerste Addisionele Taal-toets deur Dewald Koen met die prys van eiers te doen? Nogal baie! Dit kan jou gedurende die toetsreeks help met jou voorbereiding. (Dit het ook met die prys van aartappels te doen, maar jy gaan die toets gratis hier moet aflaai om te sien waarom dit so is.)
Graad 9: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 9 en het jy geweet dat ’n TV in die ou dae hierdie beeld as ’n toets vertoon het as die uitsending nie wou slaag nie? Moenie ’n outydse TV wees nie! Gebruik Dewald Koen se toets en slaag Afrikaans Eerste Addisionele Taal sonder onderbrekings!
Kennisgewing: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat, 2023
2022-09-05Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.
