Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Chaos en teenstruktuur in Europese groteske ornamente van die 16de en 17de eeue
2022-04-26"Die chimeriese aard van groteske ornamente uit die Renaissance en Maniëristiese periodes word hier ondersoek met betrekking tot die manier waarop die grense wat normaalweg die menslike, dierlike, en plantkundige kategorieë duidelik afbaken, daardeur oorskry en ontbind word."
Die moontlikhede en beperkinge van interkulturele onderwys in en vir Suid-Afrika
2022-04-25"Die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing bevat sterk moontlikhede en selfs die noodsaaklikheid om interkulturele onderwys in te voer, veral omdat multikulturele onderwys en die oproep om dekolonisering van die onderwys ontoereikend is om die uitdagings wat uit die diverse aard van die samelewing vloei, die hoof te bied."
Israel en die Palestyne: Is daar ’n bewind van sistematiese onderdrukking wat ’n nuwe apartheid uitmaak?
2022-04-21"Hierdie artikel het die behandeling van die Palestyne deur Israel deur die lens van apartheid ondersoek. Daar is genoeg ooreenkomste met apartheid dat ’n volledige ondersoek deur die VN en moontlike optrede deur die internasionale gemeenskap geregverdig is."
Graad 9: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2022-04-20Is jy in graad 9 en wil jy kyk of jy op datum is met jou tweede kwartaal se werk? Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om jou werk te oefen.
Literêre pryse: ’n Oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literêre veld
2022-04-20"Tradisionele literêre institusies se posisie is aan die verander in ’n era waarin kanonisering, wat nog altyd ’n dinamiese proses was, al vinniger plaasvind. Literêre toekennings weerspieël verder die sosiale, politieke en ekonomiese faktore wat binne hierdie bepaalde tydsgees ’n rol in die samelewing speel."
Graad 10: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal
2022-04-19Is jy in graad 10 en het jou eerste kwartaal se Wiskunde-eksamen nie na wense verloop nie? Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om seker te maak jy verstaan jou werk hierdie kwartaal.
Swerfjaar vir seniors: Op soek na ou bene
2022-04-19"Dis dalk onvermydelik, as jy ná ’n lang afwesigheid terugkeer na jou geboortegrond, dat jy jou soos ’n hond gaan gedra. Grawe-grawe op soek na ou bene om weer bietjie aan te knaag. Dis nie dat jy honger ly nie. Dis net dat niks so lekker smaak soos lank gelede se bene wat jy self begrawe het nie."
Die oorbrugging van pedagogiese en tegnologiese pedagogiese kennisleemtes van Afrikaans Huistaalonderwysers
2022-04-08"Die ondersoek bepaal hoe die onderwysers self hul eie kennisbasisse ten opsigte van leertegnologie-integrasie ontwikkel en verbreed ten einde leemtes aan te vul. Die rol van die onderwyser as lewenslange leerder kom gevolglik in dié ondersoek ter sprake."
Graad 11: Wiskundevraestel en -memo
2022-04-07Is jy in graad 11 en het jou eerste kwartaal se Wiskunde-eksamen nie na wense verloop nie? Kry nou jou werk onder die knie sodat jy voorbereid na die tweede kwartaal se nuwe inhoud kan kyk. Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om seker te maak jy verstaan jou werk.
Graad 10: Wiskundevraestel en -memo
2022-04-07Is jy in graad 10 en het jou eerste kwartaal se Wiskunde-eksamen nie na wense verloop nie? Kry nou jou werk onder die knie sodat jy voorbereid na die tweede kwartaal se nuwe inhoud kan kyk. Gebruik Lee-Ann West se vraestel en memo om seker te maak jy verstaan jou werk.
Resensie: Grondslagfasewoordeboek deur Annemie Stoman (red)
2022-04-06"Indien ’n leerder se leesvaardighede nie teen die einde van graad 3 op standaard is nie, sal die leerder se toekomstige skolastiese vordering daaronder ly. In dié opsig is Pharos se tweetalige Grondslagfasewoordeboek ’n ideale bron vir ouers/voogde en onderwysers om tuis of in die klaskamer te gebruik."
Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks "werf" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog
2022-04-04"Wat is die stand van ekokritiek internasionaal? Hoe verskil onderskeie plekke se ekokritiese uitgangspunte van mekaar? En uiteindelik ook: Hoe sou ’n Afrikaanse ekokritiek daar uitsien?"
Uitnodiging: FilosofieKafee – Waarom die aandrif tot filosofie?
2022-04-04Het ons nog die begeerte na Wysheid? En waarom dan? Kom neem deel aan dié oop gesprek! Jy word uitgenooi na ’n FilosofieKafee-gesprek met Willie van der Merwe op 8 April in Stellenbosch.
Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – vraestel en memo
2022-03-31Is jy in matriek en reeds besig om voor te berei vir volgende kwartaal se werk? Dewald Koen se oefenvraestel en memo kan jou vakansiewerk soos pure ontspanning laat voel. Klik hier om ’n vraestel en memo af te laai.
Epistemologiese oorwegings by die Neo-Calvinistiese afwysing van die teokratiese inslag van artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis
2022-03-28"Die Neo-Calvinistiese benadering tot artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis verteenwoordig ongetwyfeld ’n radikale breuk met die teokratiese inslag van hul Gereformeerde voorgangers."
Afrikaans EAT: wenke vir onderwysers en toetse vir graad 10-leerders
2022-03-24Willene Paulse, ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-onderwyseres, het wenke vir die aanbied van Afrikaans Eerste Addisionele Taal gestuur: "Ons weet dat Afrikaans EAT-leerders baie meer taal-in-konteks-reёls het wat geleer moet word, en dan praat ons nie eers van die uitsonderings op die reёls nie. Wat ook in ag geneem moet word, is dat baie van hierdie leerders Afrikaans net in die Afrikaans-klas hoor."
’n Blik op graad 9- Afrikaans Huistaalleerders se ervaringe rakende formatiewe assessering vir taalontwikkeling
2022-03-22"Terwyl formatiewe assessering rigtinggewend is ten opsigte van hoe leerders hul vordering kan verbeter, dien dit eweneens as rigtingaanduider vir toekomstige assesseringsbesluite wat deur ’n onderwyser geneem kan word."
Graad 5: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, eerste kwartaal
2022-03-17Wat het vyf vingers, maar is nie lewendig nie? Eugene van der Westhuizen se Afrikaans Huistaal-vraestel gaan jou dalk nie help om die raaisel op te los nie, maar as jy in graad 5 is, kan dit jou wel help om jou probleme met Afrikaans op te klaar. Laai ’n LitNet-vraestel gratis hier af.
Vonnisbespreking: Beheer oor eiendom as faktor by die oorweging van die toelaatbaarheid van getuienis wat by wyse van onregmatige visentering verkry is
2022-03-14"Die hof se gebruik van die faktore wat normaalweg in ag geneem word om oor die toelaatbaarheid van ongrondwetlik verkreë getuienis te beslis, is nie noodwendig geskik om oor die kwessie te beslis waar die visentering op grond van ’n onreëlmatige lasbrief plaasgevind het nie."
Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens ’n gladde winkelvloer
2022-03-11"Waar die eienaar of beheerliggaam die taak om die besigheid skoon van stortsels te hou aan ’n onafhanklike kontrakteur opgedra het, sal hierdie persone net aanspreeklik gehou word vir skade wat die kontrakteur veroorsaak het indien eersgenoemde self ook ’n delik begaan het."
