Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Afrikaans Eerste Addisionele Taal, graad 12: vraestel en memo
2022-03-10In graad 12 lê jou toekoms soos hierdie dagboek oop voor jou. Dit wag net vir jou om die volgende hoofstuk te skryf. Behaal sukses met die skryf van jou Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel. Hier is ’n gratis oefenvraestel en memo deur Dewald Koen om jou met jou voorbereiding te help.
My lewe met optel, aftrek, maal en deel
2022-03-09"In 1946 het ek in ’n plaasskooltjie by juffrou Griet Coetzee in graad 1 met somme kennis gemaak: 1 hasie + 1 hasie = 2 hasies. Gou het ek besef dat ’n mens die hasies maar kan weglaat." Koos Holtzhausen, voor sy aftrede dosent in elektriese ingenieurswese, skryf ’n artikel waarby skoolkinders kan baat – en wat volwassenes met verwondering sal laat terugkyk op tegnologiese ontwikkelinge gedurende die afgelope dekades.
Samestelling van multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes in Intermediêre en Senior Fases ter bevordering van selfgerigte leesprosesse
2022-03-09"Leerders neem verder eienaarskap van hulle eie lees-, leer- en skryfprosesse deur aan die reflektiewe leeraktiwiteite van ’n MRL deel te neem, en dit dra daartoe by dat leerders se selfverantwoordelikheid ontwikkel word ..."
Betwiste staatskap: Die TBVC-state in vergelykende internasionale perspektief
2022-03-07"Op veiligheidsgebied het Suid-Afrika en die TBVC-lande ten nouste saamgewerk, insluitend met die vestiging van hul onderskeie weermagte. Suid-Afrika het ook, soos genoem, met elk van die vier lande ’n nie-aanvalsverdrag gesluit."
Die industrialisering van mimese: In gesprek met die denke van René Girard en Bernard Stiegler oor outomatisering
2022-03-03In hierdie artikel word outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie ontleed aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard, met spesifieke aandag aan Stiegler se boek Die outomatiese samelewing 1.
Wiskunde met LitNet, graad 9: ’n video oor eksponentwette
2022-03-02Is jy in graad 9? Hierdie video oor eksponentwette deur Lee-Ann West sal jou help dat jou kennis van Wiskunde eksponensieel toeneem.
Verwondering ondanks verwonding. Tussen aftakeling (verganklikheid) en ontkieming (onverganklikheid) ‒ oor die spirituele estetika van ’n “pneumatiese liggaam” binne die knyptang van veroudering, sterwe, graf en dood
2022-02-28"Goddelike bekleding is die teologiese misterie binne-in die doodsheid van die dood; ’n vorm van 'onsterflikheid' verhul in die dinamika van die opstandingshoop."
Wiskunde met LitNet, graad 8: ’n video oor die maal en deel van negatiewe heelgetalle
2022-02-24Moenie op die kredietkaart koop nie. Anders vermenigvuldig jou skuld. Kyk hierdie YouTube-video op LitNet se kanaal om te hoor hoe Lee-Ann West nog meer voorbeelde van maalsomme ten opsigte negatiewe heelgetalle aan graad 8-leerders verduidelik. Sy verduidelik ook deelsomme hiervan.
Wiskunde met LitNet, graad 8: ’n video oor die optel en aftrek van negatiewe heelgetalle
2022-02-24Dis koud in hierdie woud en dis op die oomblik -38 grade Celsius in die Suidpool. Kyk hierdie YouTube-video op LitNet se kanaal om te hoor hoe Lee-Ann West nog meer voorbeelde van negatiewe heelgetalle aan graad 8-leerders verduidelik.
DAK Netwerk-persverklaring: Afrikaanse onderwys moet ook voordeel trek uit reuse-onderwysbegroting
2022-02-24"Ons het pas Internasionale Moedertaaldag gevier, wat ons weer eens daarop gewys het dat moedertaalonderrig van kardinale belang is vir optimale vordering deur leerders." Só sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk.
Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel
2022-02-23"Daarom is die onduidelikheid in wetgewing en regspraak in verband met die drie misdrywe kommerwekkend. Dit kniehalter regsekerheid en belemmer die suiwer toepassing van die reg."
Van daar na waar? ’n Oorsigtelike blik op die herstandaardiseringsdebat van Afrikaans
2022-02-23"Ek stel voor dat skoolhandboeke ’n gepaste bron is om Afrikaans te herstandaardiseer, omdat dit enersyds tekste is met erkenning van amptelike liggame soos die Departement van Basiese Onderwys en andersyds aanduidend is van die sosiopolitieke ideale van ’n samelewing."
Kuberkelder: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 9, Vraestel 1
2022-02-22Dewald Koen, voorheen Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel en -memo vir graad 9-leerders.
Graad 8: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
2022-02-18’n Seekat se agt tentakels bestaan glo uit ses arms en twee bene. Is jy in graad 8 en is vanjaar die jaar wat jy Wiskunde onder die tentakels gaan kry? LitNet kan help! Lee-Ann West het ’n vraestel en memo opgestel waarmee jy die splinternuwe werk kan oefen.
Vakature: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns – skakel- en bemarkingsbeampte
2022-02-14Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het ’n vakature vir ’n ondernemende skakel- en bemarkingsbeampte by die Akademiehoofkantoor in Pretoria.
Graad 2: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
2022-02-10Is jy in graad 2 en krap jy nog soms kop oor hoeveel voete daar in ’n paar is? Dan is hierdie gratis oefenvraestelle vir jou bedoel! Gebruik Lee-Ann West se vraestelle om jou eerste kwartaal se werk op die punte van jou ... tone te ken.
Die dinge van ’n kind in Februarie by HS Jan van Riebeeck ná COVID 2021-speelvak pootjie
2022-02-09Nadat COVID-19-inperkingsmaatreëls die opvoering van Die dinge van ’n kind in Oktober verlede jaar gepootjie het, word die gewilde verhoogstuk wél van 23 tot 25 Februarie 2022 by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad opgevoer.
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
2022-02-03Is jy in graad 6 en krap jy nog soms kop oor hoeveel eiers daar in ’n halfdosyn is? Dan is hierdie gratis oefenvraestelle vir jou bedoel! Gebruik Wilhelm du Toit se vraestelle om jou eerste kwartaal se werk op die punte van jou vingers te ken.
Graad 4: Wiskundevraestel en -memo, eerste kwartaal
2022-02-03Is jy in graad 4 en is die eerste kwartaal se wiskunde sommer nou al vir jou moeilik? Jy hoef nie vir ’n klawerplant met vier blare en ’n gelukskoot te wag nie; gebruik LitNet se oefenvraestelle om jou te help. Hier is ’n vraestel en ’n memo deur Lee-Ann West wat jy gratis kan aflaai.
"dié dag, / leef jy twee maal": Anna Neethling-Pohl se vertalings van vyf en twintig Shakespeare-sonnette as performatiewe spraakhandelinge
2022-02-02"In hierdie opsig kan Neethling-Pohl as ’n Janus-figuur beskou word: In ’n terugskouende opsig vind sy in Shakespeare se sonnette ’n vertolking van haar belewenis van veroudering. Omgekeerd sou dit só gestel kon word: dat sy in haarself ’n 'herhaling' bespeur van die kwessies wat deur sy sonnette te berde gebring word en dit dan aan haar gehoor oordra."
