Die evolusie van eietydse intelligensie en die rol van sosiale-media-intelligensie (Socmint)

Ansie Stegen, André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-06-08

Ansie Stegen en André Duvenhage: "Die verskuiwingslyne wat aanpasbaarheid binne die Suid-Afrikaanse intelligensiegemeenskap betref, is duidelik aangetoon deur die staatskapingsage, en nog duideliker tydens die onrus wat in Julie 2021 uitgebreek het. […] Die intelligensiegemeenskap het nie die vermoë (menslike of tegniese hulpbronne) gehad om besluitnemingsinligting aan die staatspresident te verskaf nie."

Graad 12: Begripslees-vraestel, Afrikaans Eerste Addisionele Taal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-06-02

Is jy in matriek en neem jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal? Dewald Koen se begripsleesvraestel en –memo sal jou help om voor te berei vir die eksamen. Dit sal boonop jou verbeelding aangryp – heeltemal gratis!

Kuberklas Kreatief: "Drie dimensies van haar"

Terry Terblanche Botha Kuberklas Kreatief 2022-06-02

"Soos sy onthou,
Soos sy vergeet,
Soos sy leer om daarmee saam te leef ..."

Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-27

Is jy in graad 6 en kry jy koue rillings as jy die woord "Wiskunde" hoor? Met die vraestel en memo wat Wilhelm du Toit vir LitNet opgestel het, gaan jy die werk maklik onder die knie kry! Dit is gratis hier beskikbaar.

Misplaaste weldade en griewe van die "Liquorice Allsorts-gesinnetjie": ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-26

"Daar is nie ’n beter manier waarop die boodskap van apartheid se leed en verlies gestel kan word as deur fiksie nie, en Bezuidenhout se roman as deel van postapartheidliteratuur dra by tot ’n ryker regsletterkundige verkenning van die impak van apartheid."

Meer bek as binnegoed het baie om die lyf: ’n onderhoud oor die ATKV se idiome-bordspeletjie

Naomi Meyer, Mercia Eksteen, Esmé du Toit ATKV-Portaal 2022-05-26

"Dit is juis omdat ons nie meer hoor dat mense idiome in alledaagse gesprekke gebruik nie dat ek begin dink het aan ʼn manier – ’n bordspeletjie – om dit weer terug te bring. Toe besef ek die kinders se opstelle is net so 'vaal', want hulle ken nie die Afrikaanse idiome nie, daarom gebruik hulle dit nie."

Graad 4: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-17

Is jy in graad 4 en hou jy daarvan om see toe te gaan? Mens kan nou al droom van ’n lekker lang strand en om agter jou hond se vier pote aan op die sand te gaan stap. Eers moet jy voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen. Dis sommer groot pret met Eugene van der Westhuizen se vraestel en memo, wat jy gratis hier kan aflaai.

Vonnisbespreking: Die strafregtelike vervolging, skuldigbevinding en kwytskelding van ’n verloskundige en ginekoloog

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-16

"Die KH se uitsluitlike aandag aan die prosesregtelike kwessie van ’n onregverdige verhoor al dan nie laat die vraag ontstaan of regspleging geheel en al tegnies geskei behoort te word van wat in die betrokke omstandighede eties korrek sou wees."

Graad 1: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-12

Is jy in graad 1 en is alles van Wiskunde nog vir jou splinternuut? Lee-Ann West se Wiskundevraestelle help dat jy die werk nie soos ’n papegaai uit jou kop hoef te leer nie. Jy kan dit oefen! Gebruik die gratis oefenvraestel en memo om voor te berei vir jou tweede kwartaal-Wiskundetoetse.

’n Steam punk-keilhoed vol pluimpies vir Die 17de veer as hoërskoolroman

Karin Tomlinson Lesersindrukke 2022-05-12

"Die 17de veer kan beslis goed werk as ’n voorgeskrewe boek vir hoërkoolleerders en kan vir lewendige gesprekke in Afrikaans Huistaal- of Eerste Addisionele Taal-klasse sorg."

Graad 2: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-12

Is jy in graad 2 en wil jy vraestelle uitwerk om jou met jou hersiening te help? Lee-Ann West se Wiskundevraestelle maak jou voorbereiding vir Wiskunde so maklik soos om na foto’s van oulike hondjies te kyk. Gebruik die gratis oefenvraestel en memo om voor te berei vir jou tweede kwartaal-Wiskundetoetse.

Graad 3: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-12

Is jy in graad 3 en wil jy vraestelle uitwerk om jou met jou hersiening te help? Met Lee-Ann West se Wiskundevraestelle is dit so maklik soos een, twee ... drie. Gebruik die gratis oefenvraestel en memo om voor te berei vir jou tweede kwartaal-Wiskundetoetse.

Die rol van afwykende (minderheids)uitsprake in die Suid-Afrikaanse regsbestel met verwysing na minagting van die hof in sivielregtelike konteks

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2022-05-11

"Wat afwykende (minderheids)uitsprake betref, is die gevolgtrekking dat dié instelling in ons reg as ’n nuttige deursigtigheid- en verantwoordbaarheidsmeganisme vir ons howe aangewend kan word."

Kennisgewing: Oproep om referate vir die SAAWK se jaarlikse algemene simposium vir 2022

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022-05-11

Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind virtueel op 15 September 2022 plaas. Alle belangstellendes, ook nielede van die Akademie, word daaraan herinner om ’n referaatvoorstel in te stuur. Die oorkoepelende tema is "Om op te staan uit die as: Reaksies op rampe en pandemies met ’n fokus op die Covid-19-pandemie".

"As ’n kind kan lees, kan hy vorder in die lewe": ’n onderhoud met Chareldine van der Merwe oor die VVA se lewensbelangrike leeskonferensie

Naomi Meyer, Chareldine van der Merwe Onderhoude 2022-05-11

"58% van alle Suid-Afrikaanse huishoudings besit nie ’n boek ... hét nie ’n boek in hulle huis nie. Dis die realiteit. Ma moet kies tussen ’n brood en ’n boek. So dan kies sy natuurlik ’n brood."

Persverklaring: Inskrywings nou oop vir Artscape en Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees

LitNet Suidoosterfees 2022-05-10

Hoërskole wat wil deelneem aan Artscape en die Suidoosterfees se Hoërskool Dramafees, moet teen 20 Mei 2022 aansoek doen. Lees hier waarheen aansoeke gestuur moet word, en wat alles ingesluit moet wees.

Afrikaans en Kaaps op skool: Faeed Amardien se pad met die onderwys

Faeed Amardien SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-05-05

"Kinnes is geneig om jou te toets en jou karakter. Jy het een doel gehad toe jy die profession gekies het, en dis om liewens te change, kinnes te educate om meaningful contributions te maak in hulle gemeenskappe."

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-05-03

"Dit was ’n aangrypende ervaring om voor (opstandige) hoërskoolseuns in die klas te staan terwyl die 1976-onluste rondom Afrikaans as onderrigmedium in Soweto plaasgevind het. Hoe verduidelik en regverdig ’n mens dit dat leerders gedwing word om in die 'landstaal' onderrig te ontvang, terwyl jou eie politieke oortuigings nog aan die ontwikkel is."

Graad 11: Wiskundetoets en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-05-03

Wat rym met 11? Doen dit self! Moenie wag dat iemand anders vir jou sê om nou al vir volgende jaar voor te berei nie. Kry nou al jou Wiskunde onder die knie. Laai hierdie gratis oefenvraestel en -memo deur Lee-Ann West af en begin vandag jou kwartaalwerk oefen.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2022-04-28

As jy in graad ses is, speel jy nie meer met albasters nie. Tensy jy dalk moet voorberei vir ’n toets. Die ses albasters op hierdie foto wys jou daarop dat jou voorbereiding vir ’n toets wel kinderspeletjies kan wees. Gebruik Eugene van der Westhuizen se vraestel om speel-speel vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen te leer.

Top