Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Persverklaring: Ons wil onnies in die Oos-Kaap help om leerders aan die skryf te kry!
2022-09-06Die eerste 300 inskrywings ontvang ’n gratis kopie van Thérèse Hulme se boek en gratis verversings sal voorsien word. Die slypskole vind onderskeidelik in Gqeberha en Somerset-Oos plaas.
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 8 en wonder jy wat het hierdie Afrikaans Eerste Addisionele Taal-toets deur Dewald Koen met die prys van eiers te doen? Nogal baie! Dit kan jou gedurende die toetsreeks help met jou voorbereiding. (Dit het ook met die prys van aartappels te doen, maar jy gaan die toets gratis hier moet aflaai om te sien waarom dit so is.)
Graad 9: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 9 en het jy geweet dat ’n TV in die ou dae hierdie beeld as ’n toets vertoon het as die uitsending nie wou slaag nie? Moenie ’n outydse TV wees nie! Gebruik Dewald Koen se toets en slaag Afrikaans Eerste Addisionele Taal sonder onderbrekings!
Kennisgewing: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat, 2023
2022-09-05Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-taaltoets en memo
2022-09-01’n Vraag oor ’n sin se struktuur
Maak die graad 8-klas so suur.
Die onnie geniet dit terdeë
Dat LitNet gratis hulp gee
Om hul punte die hoogtes in te stuur!
Verrykingswiskunde met Pieta van Deventer: Cantor met sy oneindige aantal punte met nul maat
2022-09-01Nul is nie niks nie! Lees hierdie artikel om uit te vind wat dit beteken.
Konflik in Mosambiek – ’n ondersoek na die aard en dinamika van die teeninsurgensie-operasies in Cabo Delgado
2022-08-29"So gesien, kan die rolspelers wat in Mosambiek betrokke is by die insurgensie, wel daarop aanspraak maak dat daar op militêre gebied ’n multinasionale poging aangewend is om die insurgente in bedwang te hou, maar van welslae in ’n omvattende teeninsurgensieverband is daar tot dusver weinig sprake ..."
Uitnodiging: FilosofieKafee – Is Peterson en Harari se gewildheid ’n aanklag teen of ’n oproep tot nadenke?
2022-08-29Jy word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-geleentheid op 2 September 2022 in Wellington. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns
2022-08-29"Die inhoudelike skakel tussen Wittgenstein en Schoeman is die bemoeienis met taalkommunikasie en hoedat woorde betekenis kry binne en buite die grense van taal. Albei se lewenswerk het bestaan uit die vormgewing van die sin van taal."
Vlooi en die geheim by die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Marinda Engelbrecht
2022-08-25"Vir 60 minute laat ons kinders vergeet van die moontlike swaarkry en seerkry van die lewe. Ons laat hulle die magic en mooi ervaar."
Die impak van die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante: ervaring en persepsies
2022-08-24"Die langtermynoorlewing van gemeenskapskoerante kan egter nie die alleenverantwoordelikheid van individuele redakteurs en joernaliste wees nie. Die sektor as geheel het ’n plan nodig."
Graad 7: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-19Daar was eens ’n graad sewe
wie se broek nie kon ophou bewe.
Sê LitNet: “Hierdie Afrikaans-vraestel kan jou red!
Laai af en werk uit; dis boonop groot pret!
Jy kan na volpunte strewe."
Persverklaring: Vlooi vier sy verjaardag en is terug op die planke | Press release: Kipper and his friends are back!
2022-08-19Aangesien Vlooi talle skole se voorgeskrewe leesreeks is, is dit werklik ’n wonderlike ervaring vir die grondslagfase om die karakters in lewende lywe in die Kunstekaap te aanskou. Hier is ook inligting oor kaartjieverkope.| Kipper is the prescribed reading series at many schools, and it is therefore a wonderful experience for the foundation phase to see these characters performing live on stage at the Artscape. Find out where to buy tickets.
Die literêre-navorsingstaak vir Afrikaans Huistaal (graad 4–9)
2022-08-18Dit is weer dáárdie tyd van die jaar. Onderwysers, ouers en leerders is naarstig op soek na inligting om die literêre-navorsingstaak te voltooi. Dewald Koen gee raad oor hoe om navorsing te doen.
Van aktiwiteit na radikale passiwiteit: die ontplooiing van etiese agentskap in Levinas
2022-08-17"Vir Levinas is etiek die neem van verantwoordelikheid vir ’n ander wat my wese betekenis gee. Gegraveer in die kern van my wese is ’n verantwoordelikheid wat die koue, sobere, redelike opweging van opsies deur ’n outonome bewussyn voorafgaan."
Hoe belangrik is ’n boek soos Pharos se KABV-geskikte Grondslagfasewoordeboek? ’n Onderhoud met Michele van der Merwe
2022-08-16"Ek wil ’n pleidooi tot die Departement van Basiese Onderwys rig dat woordeboeke nie as aanvullende leermateriaal nie, maar wel as verpligte, voorgeskrewe leermateriaal in skole beskou word. Elke klaskamer moet oor ’n voldoende aantal woordeboeke beskik, sodat onderwysers dit daagliks in lesse kan integreer. As ander Afrika-lande dit kan doen, waarom nie ook ons nie?"
Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, kwadratiese vergelykings
2022-08-16Is jy in graad 9 en laat kwadratiese vergelykings jou kop tot die mag 9 draai? In hierdie Wiskunde met LitNet-video verduidelik Lee-Ann West in ’n raps meer as 9 minute die hele affêre sodat dit sin maak.
Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-11Staan nader, al julle snare, en kyk bietjie hoeveel snare het ’n kitaar! Van sesse gepraat: is jy in graad 6 en luister jy eerder popmusiek as om Wiskunde te doen? Met Lee-Ann West se gratis oefenvraestel en -memo kan jou toetspunte hierdie kwartaal soos musiek in jou ore klink.
Skilpoppe deur Barrie Hough: ’n jonglesersindruk
2022-08-11"Temas wat verskyn in die verhaal is selfbeeld, seksualiteit, gesinsdinamika, dwelms en verlies. Die poppe van Skilpoppe kan ons as mense ook simboliseer. Elke mens het lagies wat dieper en dieper gaan. Dit het my siening van die lewe verander en ek wens daar was ’n deel twee, want ek sou dit graag wou gelees het."
AfriKI: Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans | Videolesing in Engels en Afrikaans
2022-08-10Imke van Heerden discusses her research project, AI as Author, and the first Artificial Intelligence poetry in Afrikaans. | Imke van Heerden is aan die woord oor haar navorsingsprojek, AI as Author, en die eerste Kunsmatige Intelligensie-gedigte in Afrikaans.
