Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Verskeie Afrikaanse taalgedenkstrukture en een Afrikaanse Taalmuseum
2022-12-14"Terwyl die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wyd bekend is, het ander Afrikaanse taalgedenkstrukture in Suid-Afrika vergete geraak. Sekere van hierdie taalgedenkstrukture het in verwaarlosing verval."
Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?
2022-12-14"Verbeelding ly aan dieselfde 'swak selfbeeld' as moontlikheid, naamlik dat dit met ’n ontkoppeling van die werklikheid geassosieer word. Vir baie beteken verbeelding ’n ontvlugting van die hede in die vorm van dagdrome of die bou van lugkastele."
Doeltreffendheid van gesamentlike ervaringsleertake tydens opleiding van dosente in afstandhoëronderwys
2022-12-14"Die doel van die ondersoek was om die doeltreffendheid van die gesamentlike ervaringsleertake tydens die opleiding van dosente in ’n afstandhoëronderwyskonteks te ondersoek om te verstaan hoe ek my eie praktyk kan verbeter."
Stories in die wind: ’n gesprek met Deidré Jantjies oor haar Khoena-kinderverhale
2022-12-13"My pad het begin met myself en om my erfenis te vind. Dit het belangrik geword vir my om hierdie boek te skryf. Ek wou ’n positiewe lig sien in ’n storie van die Namagemeenskap sodat die bruin kind kan verstaan dat hy of sy van ryk geskiedenis en kultuur kom."
Wat ons van fok weet (en nie weet nie)
2022-12-13"Die oorhoofse doel van hierdie artikel is om ’n opsomming te gee van die bestaande taalkundige beskrywings en leksikografiese bewerkings van hedendaagse fok en ander vormlik verwante woorde (soos befok, fokken, fokkol en opfok)."
Graad 11: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2022-12-09Is jy in graad 11 en hoegenaamd nie meer lus vir eksamen nie? Kom ons vereenvoudig dit deur te noem dat jy volgende jaar jou matriekeksamen skryf. Begin nou al daarvoor voor te berei deur die somme in hierdie vraestel deur Lee-Ann West te vereenvoudig en berei voor vir jou allerlaaste eksamen vir die jaar.
Running Records (RR) as ’n leesassesseringstrategie om leesonderrig in Suid-Afrikaanse grondslagfaseklaskamers te ondersteun
2022-12-09"Die RR-leesassesseringstrategie het die potensiaal om leerders se leesgedrag te identifiseer sodat onderwysers die uitkoms van RR-aantekeninge kan gebruik om hul leesonderrig te lei. Die strategie is geldig, betroubaar en bestendig in die identifisering van leesgedrag en leesfoute."
Sosiofonetiese aspekte van die Afrikaans van bruin Suider-Afrikaanse sprekers
2022-12-05"Bruinafrikaans is dus kennelik ’n baie stabiele variant, waarin min verskille gevind word in vokaalkwaliteit betreffende die sosiolinguistiese faktore geografiese ligging, ouderdom en geslag in die ander genoemde faktor etnisiteit."
Die PUK-Kanselierstrust: Uitnodiging tot aansoek om befondsing van akademiese projekte in Afrikaans
2022-11-30Personeel en studente van Suid-Afrikaanse universiteite, asook ander navorsers, word uitgenooi om aansoek te doen vir befondsing van projekte binne enige wetenskaplike domein wat tot vakkundige publikasies in Afrikaans sal lei of wat die gebruik van Afrikaans as wetenskapstaal op ander wyses kan bevorder.
Graad 10: Fisiese Wetenskappe-vraestel en -memo (Fisika), vierde kwartaal
2022-11-29Is jy in graad 10 en nie meer lus vir die eksamen nie? Die goeie nuus is dat Luize Kroukamp se oefenvraestel op dieselfde golflengte as jy is. Dis asof die vraestel begryp dat jy hierdie kwartaal ’n brander van goeie punte benodig om jou voete onder jou uit te slaan. Jy kan dit gratis aflaai en vir jou eksamen voorberei (leer sommer om golflengtes uit te werk ook).
Enkele onderskeidende stylkenmerke van, en die totstandkoming van sosiale betekenis in, Generasie X se SMS-Afrikaans
2022-11-29"Daar is gevolglik betreklik min oor die taalgebruik van ’n generasie bekend wat oënskynlik gedy as die skeppers, ontwikkelaars en gebruikers van al die inligting- en kommunikasietegnologie waarmee 'digitale aangeborenes' grootword."
SteedsDink met LitNet Akademies: Reghard Brits
2022-11-25Nadat Reghard Brits op 26 sy doktorsgraad in die Regte behaal het, was hy senior lektor en medeprofessor by die Universiteit van Pretoria, en die boek Real Security Law het uit sy pen verskyn. Hier vertel hy van sy navorsing oor Sakereg en Saaklike Sekerheidsreg.
’n Bespreking van sekere teïsties-mistieke kenmerke na aanleiding van uitgesoekte gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg deur I.L. de Villiers
2022-11-24"Daar word tot die slotsom gekom dat De Villiers ’n onprotestantse aanvoeling vir die mistieke gehad het, en eie aan mistici ’n afkeer van dogma ervaar het."
Die toekoms van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika: die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030
2022-11-24"Die antwoord op die navorsingsvraag van hierdie artikel, is dat deur slegs die huidige benadering te versterk nie genoegsaam sal wees om die doelwitte teen 2030 te bereik nie, omdat Suid-Afrika nie die multi-agentskapbenadering van die begin af effektief geïmplementeer het nie."
Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale
2022-11-23"Die doelstelling van hierdie artikel is om uitvoerbare en praktiese aanbevelings aan Afrikaans Huistaal-onderwysers te verskaf wat hulle kan bemagtig om jeugverhale selfgerig voor te berei."
Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman
2022-11-23"Deur ’n Hart is so groot soos ’n vuis psigokrities te ontleed, is die waarde van die literatuurpsigologie as ’n sleutel tot teksinterpretasie (her)bevestig, veral wat die psigoanalitiese ontleding van bildungsromans betref."
Graad 10: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal
2022-11-23Is jy in graad 10 en is jou lieflinghond op jou radar en nie juis jou eksamenwerk nie? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West kan jy blitsig die radar-oefening gebruik om die vertikale hoogte van die vliegtuig bo grondvlak uit te werk. Dan kan jy met ’n geruste hart met jou hond gaan stap. Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af laai.
Graad 11: Wiskunde-vraestel (2) en -memo, vierde kwartaal
2022-11-23Is jy in graad 11 en verkies jy eerder die geselskap van jou kat as dié van nog eksamenwerk? Die goeie nuus is dat hierdie vraestel deur Lee-Ann West onder andere ’n mond-en-snor-diagram bevat wat jou aan jou gunsteling-troeteldier kan herinner. Die ander goeie nuus is dat die vraestel jou in ’n japtrap vir jou eksamen voorberei en dan kan jy vinnig verdere aandag aan jou geliefde kat gee. Laai die vraestel gratis hier af.
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, vierde kwartaal
2022-11-23HGD? In gr 6 & mug v wrk? Klik hier om die vraestel wat Eugene van der Westhuizen vir LitNet opgestel het, gratis af te laai; dit maak voorbereiding makliker. (Daar is ook ’n afdeling in die vraestel wat oor SMS-taal handel, so dis hkm jy smr hierna eksamen oor Afrikaans én oor SMS-Afrikaans sal kan skryf.)
Wiskunde-ondersteuning vir isiXhosasprekende leerders in die grondslagfase
2022-11-22"Hierdie artikel spreek die onderrig- en leerstrategieë aan wat gebruik word om isiXhosasprekende leerders se begrip van wiskunde in Engelse graad 1-klaskamers te verbeter."
