
https://pixabay.com/photos/heart-leaf-autumn-maple-1776746/
Dis ’n nuwe seisoen. As jy in graad 7 is, is daar ook ’n nuwe seisoen wat binnekort vir jou wag: hoërskool. Laai hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gratis hier af om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Die herfsblare se kleure sal nog mooier lyk as jy hierdie kwartaal goeie punte in Wiskunde behaal.
Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.
Lees ook:
Wiskundevraestel en memorandum (Junie, graad 7, senior fase)


Kommentaar
Baie dankie vir alle ondersteunig en hulp.
Goeie dag, kan u asseblief die adres na my epos toe stuur. Hierdie is 'n ouma wat baie graag 'n kleinseun wil help. Baie dankie.
Annemarie, volg net hierdie skakel: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Kan ek graad 7 alle vake kry? Memo en die vraestelle?
Mircia, volg net hierdie skakel: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Ek stel graag belang vir Graad 6, asseblief.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat spesifiek op graad 6-leerders van toepassing is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/#graad6. Blaai gerus daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Op soek na wiskunde-vraestelle.
Goeiedag! Dankie vir die navraag. LitNet bied heelwat vraestelle om met hersiening en eksamenvoorbereiding te help. Hier is 'n indeks van die vraestelle, alles op een plek: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied, en daar is telkens 'n vraestel en memorandum by elke afdeling opgelaai. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Gebruik die vraestelle gerus vir selfstudie. As die vraestelle waarna jy spesifiek op soek is nie hier beskikbaar is nie, blaai deur die lys en gebruik enige van die ander vraestelle wat jou kan help. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe vraestelle by. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Goeiedag, en dankie vir jou navraag. LitNet publiseer oefenvraestelle en memoranda vir selfstudie en hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle, waar alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Sterkte met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Leer is lekker!