Wiskundevraestel en memorandum (Junie, graad 7, senior fase)

  • 56

Fotobron: www.ambwallpapers.com

Leerders in graad 7: Hier is ’n gratis wiskundehersieningsvraestel. Laai dit hier af en oefen vir die eksamen.

Wiskunde-eksamenvraestel (graad 7) in PDF 
Wiskunde-memorandum (graad 7) in PDF

  • 56

Kommentaar

  • Baie dankie vir hierdie vraestel waarmee my kind kan oefen. Ek soek die hele internet deur vir voorbeelde maar kry nou eers 'n behoorlike vraestel waarmee hy kan oefen. Net jammer julle het nie vraestelle vir al die vakke in graad 7 nie.

    • Goeiedag, ons publiseer so gereeld ons kan vraestelle en hulpmiddels in ons skole-afdeling. Ons tref spesiale reëlings met mense wat vir ons vraestelle kan opstel, maar ongelukkig sal ons nie verdere en persoonlike raad kan gee nie. Ek stel voor dat jy met jou kind se klasonderwyser gesels en LitNet se skole-afdeling besoek vir oefenvraestelle. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

    • Hallo Hesma, ons voeg vraestelle by waarvoor ons toestemming ontvang het of waarvoor spesiale reëlings getref is. Ons sal ander vraestelle byvoeg as dit kan. Hou in die tussentyd die skoleafdeling dop vir hersieningsmateriaal soos wat dit bygevoeg word. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • Avatar
    Lizette Theunissen

    Baie dankie vir julle moeite , tyd en hulp .Dit word opreg waardeer .

    Baie dankie .

    Groete Lizette Theunissen

  • Avatar
    Sannet de Jongh

    Baie dankie vir al die moeite. Kan julle nie dalk help met Engels en Afrikaans vir gr4 en gr7 nie.

    • Hallo Sannet, ons belowe ons sal nog vraestelle byvoeg as ons nog ontvang. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • hallo almal ek soek dringend graad 7 vraestelle wiskunde Afrikaans en Engels my seun ly aan ADHD en het hierdie twee kwartale nogal swak gedoen

  • Hello. Het jy dalk enige wisk en of afr vraestelle en memorandums vir graad 7?. Verkieslik iets in die lyn van eind eksamen 2014/ 2015?

    • Hallo Leon, ons het die vraestel hierbo beskikbaar. Dit dek die jaar se werk, maar ons het ongelukkig nie spesifieke jare se vraestelle vir graad 7 nie. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • Die vraestel het my kind se punte glad nie verbeter nie. My kind se wiskunde punt staan vir die afgelope 2 jaar stil op 98%. Wens daar is net iets wat my kind se punt kan verbeter.

    • Avatar
      Cheryl Fouche

      Liewe Vader vrou. Jy kla oor jou kind se punt van 98%? Wat makeer jou? Wens jy hom/haar darm geluk of skel jy oor 2%?

  • hallo almal ek soek 2016 se Graad 8 Western Cape Vraestelle my seun is volgende jaar graad 8 maar ek vra dit nou al aan sodat hy vroeg in die nuwe jaar kan begin leer deur die vraestelle asb

    • Hallo Diana, ons voeg so gereeld ons kan nuwe vraestelle by en hierdie indeksblad word ook dienooreenkomstig bygewerk. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

  • Baie dankie!! Dis puik om n vraestel vir oefening te kan deurwerk met die memo by! Ten minste kan ons nou kyk of die antwoorde korrek is. n Baie oulike en behulpsame idee...wens daar was net meer sulke vraestelle in Wiskunde!!

  • Dankie wil graag goed doen in wiskunde so ek het net op google gaan soek en ek hoop die webwerf gaan werk!

  • Avatar
    Nerina C van der Merwe

    Sjoe, hierdie is goud werd. Soek orals, so bly ek het hierop afgekom!! Baie dankie!!

  • Avatar
    Yvonne Erasmus

    Middag Litnet. kan julle my asb help met 'n 4de kwartaal wiskunde vraestel, as dit laasjaar sin. my dogter sukkel verskriklik met gr.7 wiskunde. Help my asb.

  • Avatar
    Samantha Carstens

    Dankie vir die wonderlike hulp, maar ek sukkel om NW en SW vraestelle aflaai.

    Kan jy my dalk help?

  • Hi There.
    My Son is in grade 7. In a English school.
    Any chance of free download in English as well.
    Looking forward hearing from you.
    Kind regards

    • Hi there! Most of our papers are available in Afrikaans, but you are most welcome to use the maths exercises in preparation for the exams. Best wishes, Naomi Meyer, content manager

  • Goeiedag, my seun is in graag 9 en sukkel met wiskunde enige raad hoe ons hom kan help asb. Dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top