Press release: Seventh International Symposium on Place Names 2023 – first call for papers

LitNet Akademies en skole 2023-03-02

We need to consider what it means to name shared spaces, what roles these names play in social dynamics, and how these names can be managed. Papers with a focus on minority and indigenous names, including sign languages, are encouraged in particular.

Persverklaring: NALN word 50!

LitNet Boeke en skrywers 2023-03-01

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat hom toewy aan die behoud en bevordering van Afrikaanse woordkuns, is vanjaar ’n halfeeu oud. Talle boekbekendstellings en ander gebeure deur die loop van 2023 kenmerk dié mylpaal, sê Wyno Simes, kurator. Die 50ste verjaardagviering bereik ’n hoogtepunt in Maart met die feesrede, bekendstelling van die Volksblad-redakteurskamer en ’n inligtingsessie oor NALN en die gebou se geskiedenis.

’n Ondersoek na sekere ruimtelike elemente in die "Ierse dagboeke" van Karel Schoeman, met die boek Reise met Schoeman deur Ria Winters as agtergrond

Mercia Coetzee, Henning Pieterse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-03-01

"Schoeman se ervaring van Killarney, die geboue en die omgewing is moontlik beïnvloed deur sy geestelike reis as leerling-monnik en sy ontdekking van die geskiedenis van Ierland. Winters se soeke was na Schoeman en nie na die land en sy geskiedenis nie."

SteedsDink met LitNet Akademies: Lizabé Lambrechts

Lizabé Lambrechts SteedsDink 2023-03-01

SteedsDink met LitNet Akademies: Lizabé Lambrechts van die Universiteit Stellenbosch verduidelik hoe die akademie en die praktyk mekaar in argiewe ontmoet.

Graad 10: Lewenswetenskappe-vraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-28

Goeie nuus vir graad 10-leerders! Hier is ’n splinternuwe, gratis vraestel deur Rita Engelbrecht om jou met jou voorbereiding gedurende die eerste kwartaal te help. Laai dit gratis hier af.

Graad 11: Wiskundevraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-24

Is jy in graad 11 en is jy al in Wiskunde gevra om getalsinne sonder die gebruik van ’n sakrekenaar te vereenvoudig? Lee-Ann West se vraestel gaan jou wys hoe eenvoudig dit is. Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai. Dis so eenvoudig soos borrels blaas!

Persverklaring: Paul Roos word 157 jaar oud

LitNet Skole 2023-02-24

Op 1 Maart 2023 word Paul Roos Gimnasium 157 jaar oud. Paul Roos beplan ’n aksiebelaaide verjaardagweek. Alle skole in die land word voorts genooi om vir LitNet persverklarings van hul aktiwiteite te stuur sodat dit met die LitNet-gemeenskap gedeel kan word.

Persverklaring: Akademia vier die belangrikheid van moedertaalonderrig op Internasionale Moedertaaldag

LitNet Akademies en skole 2023-02-21

Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) is ’n enkeltalige onderwysstelsel sowat 8% goedkoper as ’n veeltalige onderwysstelsel, maar die totale koste verbonde aan ’n sesjaarsiklus sonder moedertaalonderrig is vanweë herhaling en hoë uitvalsyfer 27% duurder.

Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2023-02-21

"Die voorgestelde definisie van wildmisdaad dui verder aan dat sodanige misdaad met ander ernstige verwante misdade soos dokumentbedrog, geldwassery, belastingontduiking en korrupsie verband hou. Met die eerste oogopslag lyk dit of dié interpretasie nie deel uitmaak van die konsep van wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse konteks nie."

Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-17

Is jy in graad 5 en sal jy eerder aan dolfyne, vrugteslaai en ’n vakansie in die wildtuin dink as aan die voorbereiding vir jou toets? Wees bly, want in hierdie voorbereidingstoets kan jy oor al hierdie onderwerpe lees. Agterna ken jy sommer ook jou Afrikaans Huistaal-werk op die punte van jou vingers. Hierdie vraestel van Eugene van der Westhuizen is, soos al LitNet se oefenvraestelle, gratis beskikbaar. Laai dit hier af.

Die ontwikkeling van globale vaardighede in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-handboek vir graad 12-leerders

Cornelia van der Berg, Alta Engelbrecht LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-02-15

"In hierdie artikel poog ons om eerstens vas te stel wat die KABV ten opsigte van die ontwikkeling van globale vaardighede vereis en hoe dit vervolgens in die vraestelle en ’n goedgekeurde KABV-handboek van Afrikaans EAT neerslag vind."

"Ons gaan weer nuut begin": Kraak en Snak (2018) deur Rouxnette Meiring as ekodistopiese jeugverhale

Henriëtte Loubser LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-02-13

"In Kraak en Snak word ’n wêreld verbeel wat vreesaanjaender is as ooit voorheen. Verlies aan persoonlike vryheid word uitgebeeld, asook ’n stryd om oorlewing in ongekend vreemde omstandighede."

Graad 7: Wiskunde-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-09

Is jy in graad 7 en is die getal 7 jou gelukkige getal? Die slim mense sê mos: Hoe meer jy oefen, hoe meer dikwels tref jy dit gelukkig. Oefen dus jou Wiskunde vir hierdie kwartaal met Wilhelm de Toit se gratis oefenvraestel en voel sommer baie gelukkig as jy jou uitslae kry!

Graad 10: Wiskunde-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-09

Is jy in graad 10 en skryf jy binnekort jou eerste Wiskundetoets vanjaar? Wiskunde hoef nie soos ’n pokerspel te wees waar jy sit en wonder met watter speelkaarte jou opponent sit nie. Hersien jou Wiskunde met hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West en troef enige moeilike vrae wat tydens hierdie toetsreeks op jou skoolbank beland.

’n Deleuze-Guattariaanse ondersoek na territoriumskepping en taalstottering in Gilbert Gibson se Vry– (2015)

Natasha Harmse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-02-07

"In hierdie artikel is daar gefokus op die wyse waarop Gilbert Gibson se vyfde digbundel, Vry– (2015), aansluit by Deleuze en Guattari se poststrukturalistiese benadering tot taal."

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-02-02

Is jy in graad 8 en voel jy eerder lus om jou hele kamer oor te verf as om aandag aan jou skoolwerk te gee? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West sal kan leer uitwerk hoeveel verf jy vir hierdie aktiwiteit benodig. En dan ken jy boonop jou eerste kwartaal se Wiskunde ook nog! Laai die vraestelle hier af.

ALV-kongres 2023: Eerste oproep vir referate

LitNet Akademies en skole 2023-02-01

Ons wil graag by vanjaar se kongres (23–25 Augustus in Makhanda) uitreik na die ander helfte van die Afrikaanse akademie en die sluise oopmaak met ’n spesiale uitnodiging aan taalkundiges, en iedereen met ’n belangstelling in taalkunde, om saam met letterkundiges idees te wissel en diepgaande gesprekke te voer.

MK as kultuurverskynsel: ’n Dokumentering en tematiese ontleding van die kanaal se opkoms en invloed op die ontwikkeling van marginale Afrikaner-identiteite, 2005–2013

Magdalize Carstens, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-31

"Ons literatuur, onderhoude, asook argiefondersoek het die lied/video 'De la Rey' en Die Antwoord as sosiale verskynsel as twee van die mees invloedryke identiteite wat met MK vereenselwig is, na vore gebring. Deur MK se bemiddeling het beide verskynsels kultusstatus bereik."

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-01-30

Graad 4 se baie werk hoef nie jou vreugde te demp nie. Hierdie Afrikaans-vraestel en memo sal jou breed laat glimlag wanneer jy goed vir jou toets voorberei het. Jou ouers sal ook straal as hulle jou punte sien. Laai Eugene van der Westhuizen se oefenvraestel gratis hier af.

Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Faeed Amardien se mening

Faeed Amardien SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-01-27

"Die daadwerklike moeite rondom inklusiwiteit in ’n postapartheid klaskamer lyk asof dit tevergeefs is."

Top