Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Afrikaans Huistaal se voorgeskrewe gedigte vir matrieks: Dewald Koen se mening
2023-01-27"Moet daar ’n 'resep' wees waarvolgens gedigte, kortverhale en romans wat op skoolvlak voorgeskryf word, gekies word? Is die literêre waarde van die teks nie belangriker as die geslag, gender, seksuele oriëntasie of geloof van die skrywer, of die taalvariëteit wat deur die skrywer gebesig word nie?"
Van monumente gepraat …
2023-01-26"Die uitdaging is dus om Afrikaans te handhaaf, byvoorbeeld in skole en by universiteite waar die voertaal Afrikaans is. As Afrikaanssprekendes nie hul taal gaan handhaaf nie, gaan niemand dit vir hulle doen nie."
SteedsDink met LitNet Akademies: Danie Stander
2023-01-25SteedsDink met LitNet Akademies: Danie Stander vertel van sy navorsing oor drie sonderlinge vroue se vertalings van dramas in Afrikaans: Nerina Ferreira, Anna Neethling-Pohl en Antjie Krog.
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal
2023-01-25Is jy in graad 4 en is alles vanjaar splinternuut: jou klasmaats, jou onderwysers, toetse en eksamens? Eugene van der Westhuizen se gratis Afrikaans Huistaal-vraestel kan help om onsekerheid te verdryf. Begin sommer nou al vir jou eerste toetse en eksamens in die laerskool voorberei. Klik hier om die vraestel en memo af te laai.
Om ’n mens na te boots
2023-01-24"Gaan die kletsbot beter essays kan skryf as professore? Gaan KI oneerlike studente help om plagiaat te pleeg? Wat is die implikasies van ChatGPT vir die joernalistiek en die publiek se vertroue in die nuusmedia?"
Trompie, Talaq en Trump: Inleidende gedagtes oor die beslissings in Women’s Legal Centre v President, RSA en Dobbs v Jackson Women’s Health Organization
2023-01-23"Om hierdie bespreking te rig, maak ons gebruik van ’n proses van kritiese ontleding wat ons die Trompie-reël noem: om nie ander se menings, of die twee beslissings wat oorweeg word, met vooropgestelde idees te lees nie, maar om hul oorwoë denke en sosiale realiteite in ag te neem en daarteen te waak dat jou eie agtergrond die bespreking oorskadu."
Kletsbotte: Vriend of vyand? Praktiese voorstelle om hierdie kletsbot te omarm om die gehalte van akademiese skryfwerk te bevorder
2023-01-20"Só kan kunsmatige intelligensie ’n vriend in hoëronderwysklaskamers word wat kan help om die gehalte van akademiese skryfwerk te verbeter."
Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 5: Eksplisiete strategie-onderrig
2023-01-20"In hierdie skrywe word die verskillende stappe in die eksplisiete onderrig van ’n leesbegripstrategie bespreek en plek-plek gemodelleer."
Kennisgewing: Geskiedenissimposium – Die mite van Afrikaner-homogeniteit
2023-01-20Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bied op Vrydag 27 Januarie 2023 ’n geskiedenissimposium aan: "Hoofstroom, stroomop, systroom, hoegenaamd ’n stroom? Die mite van Afrikaner-homogeniteit."
Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid vir beserings veroorsaak deur ’n gevange wilde beer
2023-01-19"R2 het toe ’n perske gaan haal en H versoek om die perske in haar hand te hou en dit aan die beer te gee. Dit het sy gedoen sonder om haar hand deur die heining te druk en die beer het die perske met sy bek gevat en gevreet ..."
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-01-17Nuwe jaar, nuwe graad, nuwe begin! As jy vanjaar in graad 10 is, het jy geweet die getal tien simboliseer die begin van ’n nuwe siklus? Kyk na hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann West om te sien wat hierdie jaar se werk inhou. Daar is baie ander vraestelle op LitNet waarmee jy deurlopend kan voorberei en waarmee jy kan oefen om jou werk beter te verstaan.
Persverklaring: Beurs vir ’n MA in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad
2023-01-10Doen jou MA in Afrikaanse letterkunde in 2023 by die Universiteit van Kaapstad! Daar is een beurs van R155 000 per jaar vir twee jaar beskikbaar. Hier is nog inligting oor die beurs.
Die gebruik van mise-en-abyme as refleksiewe element in die migranteliteratuurroman Die mooiste meisie van Genua (2019) deur Ilja Leonard Pfeijffer
2023-01-04"In mise-en-abyme, soos in die geval van ’n dubbele spieël, word dié wat waarneem uiteindelik die waargeneemde, die indraai van die teks op homself as’t ware."
Geslagsneutrale ouerskap, stereotipes en ’n niegenderaanslag by skole
2023-01-03"Kind grootmaak is nie kinderspeletjies nie. Die ontdekking van die Rosettasteen het sin uit hiërogliewe help maak, maar die ABC vir ouerskap is nog ’n ongeskrewe boek."
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
2022-12-22"Die speaker laat gereeld ministers wegkom met onvolledige en ontwykende antwoorde op vrae en die ontduiking of ignorering van vrae, en beskerm ministers wat die proses ondermyn of totaal sinnelose antwoorde gee. Daar is ook geen geleentheid om vrae gedurende reses of kiesafdelingtyd in te handig nie."
Opvoedkundige tegnologie: Ekperimenteer, leer en transformeer
2022-12-21Christa van Staden lewer verslag oor Ronel Callaghan se lesing, "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer", wat onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer
2022-12-20Wil jy deelneem en jou opinie gee? ChatGPT van OpenAI en die vermoëns van kunsmatige intelligensie het almal aan die gons. Kan ’n KI-romanskrywer die Hertzogprys ontvang? Waar gaan uitgewers hulself posisioneer? En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware? Hoe gaan studieleiers weet of ’n verhandeling volledig of gedeeltelik deur ’n student geskryf is? Watter invloed gaan dit op geakkrediteerde akademiese tydskrifte hê? Hoe gaan die media daarmee omgaan? Wat wag op ons? Laat van jou hoor!
Impliseer die wettiging van beëindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie?
2022-12-20"En om die vraag, wat in die opskrif van hierdie artikel gevra word, te beantwoord: nee, die wettiging van BVS op aanvraag impliseer nie dat voorgeboortelike lewe geen morele waarde inhou nie. Wat wel waar is, is dat hierdie waarde nie noodwendig ’n 'reg op lewe' regverdig nie ..."
Die toekoms van Taiwan: strategiese realiteite en die kernwapenopsie
2022-12-19"Teen die agtergrond van ’n uiters benarde buitelandse omgewing, en om die redes breedvoerig hier aangevoer, sal dit ’n omsigtige Taiwan baat om die kernwapenpad te oorweeg."
Call for papers: First Amazwi conference on children’s literature (23–24 February 2023)
2022-12-19Amazwi South African Museum of Literature invites you to a conference exploring all aspects of children’s literature, from picture books to young adult fiction. The 2023 conference will be a hybrid event with both online and in-person components. Virtual access will be through the Zoom platform. Abstracts of up to 300 words should be submitted to Crystal Warren by 13 January 2023.
