
Tema: Hoe leef ons dan met mekaar? Augustinus, ubuntu en die tussenin
Spreker: John Enslin
“Die vraag hoe ons met mekaar saamleef as mense wat verskil op vele maniere en tog deel vorm van een kontinent of een wêreld is beide oud en aktueel. Ek oorweeg of Augustinus insigte aanbied wat ons in ’n Afrikaanse konteks met ubuntu mag help. Dit lyk asof sy idee van innerlikheid ’n korreksie mag bied aan ’n dalk te eensydige verstaan van ubuntu. Daar moet iets wees wat tussen ’n oordrewe individualisme aan die een kant en ’n oorheersende kommunitarisme aan die ander kant staan. Ek wil betoog dat Augustinus se insigte ook hier nuttig kan wees.”
John Enslin is in Johannesburg gebore en het aan die Hoërskool Linden gematrikuleer. Hy studeer BA Admissie aan die destydse RAU en begin daarna met Teologie by UP. Hy voltooi sy laaste jaar Teologie aan die US en verkry ook ’n MA in Filosofie onder leiding van WP Esterhuyse. Dit was in hierdie jare dat hy besluit het om hom tot die Rooms-Katolieke Kerk te wend, wat gelei het tot sy toetrede tot die Katolieke Kerk aan die einde van 1991. In Februarie 1996 sluit hy aan by die novisiaat van die Jesuïete Orde en twee jaar later lê hy sy geloftes af. As Jesuïet studeer en werk hy onder andere in Spokane, München, Boston en Londen. Hy werk ook in Braamfontein in ’n gemeente en later as studentkapelaan aan die Universiteit van Kaapstad. In 2021–2022 woon hy in Bikfaya, Libanon en vandaar word hy aangestel as dosent in Filosofie aan die nuwe Arrupe Jesuïete Universiteit in Harare.
Iedereen is welkom!
Datum: Vrydag 7 Julie 2023 vanaf 18:30
Plek: Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.
Koste: R250 pp sluit aandete en ’n glasie wyn in.
RSVP: Lamé by +27(0)828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za
Betaal asseblief by hierdie portaal (Gebruik 07/07 en jou naam as verwysing)

