
Jeugdagmaand 2023: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vier hierdie Jeugmaand die veerkragtigheid van die Suid-Afrikaanse jeug.
Ons nooi u uit om op Donderdag, 22 Junie die SA Akademie se webinaar oor “Werkloosheid onder die jeug van Suid-Afrika” by te woon.
Fanie Joubert, senior dosent in die Departement Ekonomie aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) en Akademielid sal oor hierdie aktuele onderwerp in gesprek tree met Jacolize Meiring (senior navorser, Buro vir Marknavorsing), Marie-Louise Funston (besigheidsportefeuljebestuur by Harambee, ’n jeugwerkskeppingsorganisasie) en Danie Jordaan (Dosent in Landbou-Ekonomie, Universiteit van Pretoria).
Die volgende vrae oor werkloosheid onder die jeug sal aan bod kom tydens die gesprek:
- Hoe groot is die uitdaging?
- Word die werklose jeug aan hulle eie lot oorgelaat?
- Watter werkbare oplossings is daar?
- Hoekom is jeugwerkloosheid ‘n uitdaging wat ons moet oorkom?
Registreer hier teen Woensdag, 21 Junie: https://saawk.akademie.co.za/meeting/register?sessionId=1091930742&src=0a2cb1480c20c4a14fe7d190622a9ef9b4d4179b7238060666ceebe24dd889bc

