Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Persverklaring: Ons nooi u uit om op Donderdag, 22 Junie die SA Akademie se webinaar oor “Werkloosheid onder die jeug van Suid-Afrika” by te woon.
2023-06-20Ons nooi u uit om op Donderdag, 22 Junie die SA Akademie se webinaar oor "Werkloosheid onder die jeug van Suid-Afrika" by te woon.
Graad 11: Wiskundevraestel en memo (2), tweede kwartaal
2023-06-12Is jy in graad 11 en voel jou skoolloopbaan nou al soos ’n marathon? Hierdie gratis Wiskunde-vraestel deur Lee-Ann West sal jou help om hierdie kwartaal 'n goue medalje van 'n punt te behaal. (En as jy gister heeldag liewers na die uitsending van die Comrades-marathon op die TV gekyk het, is dit nog steeds nie te laat nie. Daar is baie ander oefenvraestelle op LitNet wat jou met jou voorbereiding vir die res van die jaar kan help.)
Graad 11: Wiskundevraestel en -memo (1), tweede kwartaal
2023-06-09Is jy in graad 11 en droom jy van die snoesige wintervakansie wat een van die dae aanbreek? As jy hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann West aflaai en vir jou Wiskunde-eksamen voorberei, het jy goeie punte waarna jy ook kan uitsien.
Persverklaring: Oproep om referate – sperdatum verleng na 30 Junie 2023
2023-06-08U word vriendelik uitgenooi om ’n referaatvoorstel in te dien wat fokus op die breë simposiumtema. U is welkom om die uitnodiging ook aan belangstellende kollegas te stuur.
Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal
2023-06-06As jy in graad 9 is, weet jy seker nou al wat die sinonieme vir "spanning" en "stres" in die eksamentyd is: "Ma" en "Pa". Laat Zelda Mans se gratis Afrikaans Huistaal-oefenvraestel daardie angstigheid laat bedaar, jou help om goeie punte te behaal én weer goeie gesinsverhoudinge te beleef (onthou ook dat "Ma", "Pa", "spanning" en "stres" totaal verskillende soorte selfstandige naamwoorde is, en nie sinonieme nie).
Eksamenwenke aan ouers en leerders: Faeed Amardien, ’n opvoeder, gee raad
2023-06-01"[J]y weet reeds waarom jy elke dag vroeg opstaan en skool toe kom. Hou aan met hierdie narratief. Dit is nie tevergeefs nie. Ignoreer die geraas rondom jou. Jy het die vermoë om sukses te behaal."
Eksamenwenke aan ouers en leerders: Renette Symington, ’n opvoeder, gee raad
2023-06-01"Bêre jou selfoon baie ver weg wanneer jy leer. Sit by 'n werksarea en skryf. Moenie op jou bed lê, na die werk staar en verwag dit gaan self in jou kop klouter nie."
Hans Blumenberg se filosofiese antropologie
2023-05-31"In ’n enigmatiese siening voer Blumenberg aan dat die kwesbare mens die druk van natuurlike evolusie teengaan met die skep van ’n tweede natuur, ’n ekologie van die gees, wat sy eie evolusiereëls het."
Die neerslag van Russiese propaganda in kommentare op Maroela Media se nuusberigte oor die oorlog in Oekraïne
2023-05-31"Die oorlog in Oekraïne is die eerste grootskaalse konvensionele oorlog in Europa tussen twee sterk moondhede sedert die koms van die internet, en beide kante het aanlyn platforms aangewend om hul posisie te verdedig, terwyl hulle hulle opponent se posisie probeer ondermyn het."
Erotiese digkuns en Soefisme in Rumi se werke
2023-05-26"Die heersende sosiale en kulturele omstandighede van daardie era word verhelder en daar word aangetoon waarom dit in die lig hiervan begryplik is dat Rumi homoërotiese metafore benut het om sy liefde teenoor God uit te druk."
Persverklaring: Maretha Maartens oor die skryf van jeugboeke
2023-05-23Maretha Maartens is gevra om inligting oor die skryf van ’n jeugroman te gee. Hoe pak mens dit aan? Wat is die vereistes? Watter temas moet ondersoek word? Waarna kyk die beoordelaars?
Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal
2023-05-23As jy in graad 9 is, weet jy seker nou al mense praat Afrikaans van die Bo-Kaap in Suid-Afrika tot by Argentinië in Suid-Amerika. Noudat LitNet jou algemene kennis uitgebrei het, moet jy begin om jou voorbereiding vir die eksamen uit te brei. Laai vier Afrikaans Huistaal-vraestelle van Eugene van der Westhuizen gratis hier af.
Graad 10: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2023-05-23Is jy in graad 10 en een van daardie gelukkige mense wat nog nooit vantevore juis vir jou Wiskunde-eksamens hoef voor te berei het nie? Skielik is dinge moeiliker en sien jy dubbel van al die werk! Lee-Ann West se gratis Wiskundevraestelle kan jou help. (En toemaar, dis regtig twee prentjies van passers wat jy sien. Haal diep asem en klik op die skakels in die artikel om die vraestel af te laai wat jou sal help om jou werk onder die knie te kry.)
Persverklaring: Tweede oproep vir referate vir die ALV-kongres 2023
2023-05-22Voorstelle vir bydraes tot die twintigste hoofkongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) word ingewag.
Persverklaring: Jan H Marais-prys 2023
2023-05-22Die prys ontstaan in 2015 as ’n tipe Nobelprys vir Afrikaans as wetenskapstaal. Die prysgeld is aanvanklik R500 000, maar is aangepas na R750 000. As sodanig is dit die grootste wat tans vir Afrikaans toegeken word.
Press release | Persverklaring: How do you swear? Hoe vloek jy?
2023-05-19The study will focus on English-Afrikaans bilingualism, examining the perceptions of swearwords and swearing behaviours of English-Afrikaans bilinguals in South Africa. | Die studie fokus op Engels-Afrikaanse tweetaligheid deur die persepsies van vloekwoorde en vloekgedrag van Engels-Afrikaanse tweetaliges in Suid-Afrika te ondersoek.
Press release: Seventh International Symposium on Place Names 2023 – second call for papers
2023-05-17We need to consider what it means to name shared spaces, what roles these names play in social dynamics, and how these names can be managed. Papers with a focus on minority and indigenous names, including sign languages, are encouraged in particular.
Bejaardheid as interseksionele magsdiskoers: Die konsepte van ouderlinge en bejaarde ouerskap en bejaardesorg in die Nuwe Testament
2023-05-15"Die artikel benader ouderdom as ’n diskoers, een wat nie net fisiek of biologies gekonstrueer is nie, maar ook sosiaal en kultureel bepaal is."
Graad 5: NWT-oefentoets, tweede kwartaal
2023-05-15Is jy in graad 5 en hou jy van die prentjies wat jy hier sien? Wanneer jy hierdie gratis oefentoets van Rita Engelbrecht aflaai, kan jy by sommige van die vrae ook lekker prentjies sien – en die goeie nuus is dat dit jou sal help om voor te berei vir jou NWT-eksamen van die tweede kwartaal. (Hoewel die prentjies wat jy hier sien, nie in die vraestel voorkom nie, kan jy wel lekker met jou hondjie gaan speel, ’n blokkie sjokolade en ’n slukkie koeldrank geniet as jy klaar voorberei het.)
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2023-05-12"I am sixteen going on seventeen ..." Nee, dis nie die lirieke van The sound of music wat hier beskikbaar is nie, maar wel ’n Wiskunde-vraestel, toegespits op (sestienjarige) graad 10-leerders wat deur Lee-Ann West opgestel en gratis hier beskikbaar is. Laai dit af en as jy hierdie kwartaal jou eksamenpunte ontvang, sal jy sommer jolig met die musiekblyspel saamsing.
