SPU Internasionale Taalkongres 2023

  • 0
Hierdie kongrestema is deur die nalatenskap van die veeltalige Solomon T Plaatje en sy verskeie rolle as onderwyser, tolk, skrywer, vertaler en taalaktivis geïnspireer.

Die heel eerste SPU Internasionale Taalkongres is van 6 tot 8 September deur die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley aangebied. Die kongres is deur die Skool vir Geesteswetenskappe se Departement Tale en Kommunikasie geloods en georganiseer, en is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van ETDP SETA, PanSALB, NCTA en SADiLaR.

As tema vir die eerste kongres is daar op die volgende besluit: “Servants of Africa – African Languages in the 21st Century”.

Hierdie kongrestema is deur die nalatenskap van die veeltalige Solomon T Plaatje en sy verskeie rolle as onderwyser, tolk, skrywer, vertaler en taalaktivis geïnspireer.

Op Plaatje se grafsteen word hy as ’n “Dienaar van Afrika” gehuldig, daarom het die kongres ten doel gehad om perspektiewe rondom inheemse tale te verbreed, asook erkenning te gee aan die rol wat hulle speel, nie net in Suid-Afrika en binne die Afrika-konteks nie, maar ook binne die breër globale konteks.

Hy het die kongres beskryf as ’n belangrike rolspeler in die universiteit se visie om ’n instelling te word wat navorsing produseer en ’n impak op die uitdagings van die Noord-Kaap het. Die Sol Plaatje-universiteit vier hierdie jaar sy 10de bestaansjaar.

Die kongresgangers is deur Cobus Rademeyer (waarnemende hoof: Skool vir Geesteswetenskappe) verwelkom, wat die Departement Tale en Kommunikasie as een van die belangrike departemente binne die skool beskryf het, aangesien taalstudies in Afrikaans, Engels, Setswana, isiXhosa, gebaretaal en kreatiewe skryfwerk sedert 2015 tot een van die vlagskipprogramme binne die skool ontwikkel het.

Cobus Rademeyer (Foto: Frederick Botha)

Die kongres is amptelik deur Andrew Crouch (Visekanselier: SPU) geopen.

Andrew Crouch (Foto: Frederick Botha)

Hy het die kongres beskryf as ’n belangrike rolspeler in die universiteit se visie om ’n instelling te word wat navorsing produseer en ’n impak op die uitdagings van die Noord-Kaap het. Die Sol Plaatje-universiteit vier hierdie jaar sy 10de bestaansjaar.

Die bekende Noord-Kaapse skrywer en taalaktivis Anzil Kulsen was die hoofspreker vir Afrikaans. Kulsen het op Afrikaans as inheemse taal gefokus, asook die verskillende variëteite van Afrikaans ... Vir Nama was Niklaas Fredericks van die Universiteit van Namibië se Departement Wetenskap en Tegnologie die hoofspreker. Die fokus van sy toespraak was op die huidige status van die Khoe- en San-tale, veral Khoekhoegowab/Nama/Damara.

Vyf hoofredes is deur vooraanstaande figure verteenwoordigend van elke vakgroep in die departement gelewer. Die bekende Noord-Kaapse skrywer en taalaktivis Anzil Kulsen was die hoofspreker vir Afrikaans. Kulsen het op Afrikaans as inheemse taal gefokus, asook die verskillende variëteite van Afrikaans, veral dié wat sy in haar eie skryfwerk benut.

Anzil Kulsen (Foto: Frederick Botha)

Kulsen se hoofrede het haar stryd as Afrikaanse skrywer om in haar eie variëteit gepubliseer te word, belig - iets wat gelukkig besig is om te verander wanneer daar na die verteenwoordiging van die verskillende variëteite binne die hedendaagse Afrikaanse letterkunde gekyk word.

Vir Nama was Niklaas Fredericks van die Universiteit van Namibië se Departement Wetenskap en Tegnologie die hoofspreker. Die fokus van sy toespraak was op die huidige status van die Khoe- en San-tale, veral Khoekhoegowab/Nama/Damara. Volgens Fredericks staar ’n taal soos Khoekhoegowab veral tegnologiese uitdagings in die gesig, deurdat rekenaars se sleutelborde byvoorbeeld nie vir hierdie taal se spesifieke simbole voorsiening maak nie en dat sekere Afrikalande eenvoudig nie kan bekostig om hul eie harde- en sagteware daarvoor te ontwikkel nie, wat bydra daartoe dat hierdie taal in die moderne era agterweë gelaat word. 

Die hoofrede vir isiXhosa is deur die taalaktivis Henry Thipa gelewer. ... Volgens Thipa is dit nodig dat Afrikatale op hoogte van tegnologiese ontwikkeling bly, aangesien dit tot die ontwikkeling en bewaring van inheemse tale sal bydra. Thipa beskryf dit as die intellektualisering van Afrikatale, wat nie slegs op die taal as linguistiese hulpbron fokus nie, maar ook simboliese en sosiale dimensies insluit.

Die hoofrede vir isiXhosa is deur die taalaktivis Henry Thipa gelewer.

Henry Thipa (Foto: Frederick Botha)

In aansluiting by Fredericks se toespraak het Thipa die kongresgangers toegespreek oor sommige van die uitdagings wat Afrikatale in die gesig staar en die pogings wat aangewend is of aangewend word om hierdie uitdagings op te los. Volgens Thipa is dit nodig dat Afrikatale op hoogte van tegnologiese ontwikkeling bly, aangesien dit tot die ontwikkeling en bewaring van inheemse tale sal bydra. Thipa beskryf dit as die intellektualisering van Afrikatale, wat nie slegs op die taal as linguistiese hulpbron fokus nie, maar ook simboliese en sosiale dimensies insluit.

Eileen Pooe van die Noordwes-Universiteit het as hoofspreker vir Setswana opgetree. ... Pooe het insgelyks ’n pleidooi vir die bewaring van Setswana gelewer, met die vraag of al 12 amptelike landstale werklik dieselfde status geniet.

Eileen Pooe van die Noordwes-Universiteit het as hoofspreker vir Setswana opgetree. Haar toespraak het op Sol Plaatje as beide wêreldburger en dienaar van Afrika gefokus. Hiervan is ’n goeie voorbeeld die indrukwekkende lys van vertalings deur Plaatje, veral van William Shakespeare se dramas, wat weens die politiek van die tyd nooit gepubliseer is nie. Pooe het insgelyks ’n pleidooi vir die bewaring van Setswana gelewer, met die vraag of al 12 amptelike landstale werklik dieselfde status geniet.

Eileen Pooe (Foto: Frederick Botha)

Bekroonde skrywer Sindiswa Busuku van die Universiteit van Kaapstad was die hoofspreker vir Kreatiewe Skryfkunde. Busuku het die kongresgangers met ’n voorlesing uit haar komende eksperimentele manuskrip getiteld And, In Those Honeyed Regions of Darkness bederf.

Sindiswa Busuku (Foto: Frederick Botha)

Volgens Busuku voel sy as skrywer dikwels ontneem van taal om spesifiek oor die geskiedenis en toekoms van swart Suid-Afrikaners te skryf. Die aantal postapokaliptiese en spekulatiewe werke wat tans in die wêreldletterkunde verskyn, sien sy as ’n uitvloeisel van hierdie dilemma waarmee sy as skrywer dikwels gekonfronteer word, omrede hierdie genres die ontnugtering van die wêreld waarin ons lewe, verwoord.

Altesaam 37 referate is tydens die kongres deur akademici, navorsers en nagraadse studente van Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho gelewer.

Die referate het op verskeie aspekte van inheemse tale gefokus, soos letterkunde, sosiolinguistiek, vertaling, tolking, gebaretaal, asook taalonderrig, -beleide en -regte. Die kongresgangers is aangemoedig om hul referate in een van die amptelike tale van die Noord-Kaap te lewer, naamlik Afrikaans, Engels, Setswana of isiXhosa.

Benewens akademici en nagraadse studente van die Sol Plaatje-universiteit, is die universiteite van Stellenbosch (US), Johannesburg (UJ), Noordwes (NWU), Nelson Mandela (NMU), Fort Hare (UFH), Suid-Afrika (UNISA), Limpopo (UL), Eswatini (UNESWE) en Lesotho (NUL), asook die Durbanse en Sentrale Universiteit van Tegnologie (DUT en CUT) tydens die kongres verteenwoordig. Kongresreferate is ook gelewer deur verteenwoordigers van instansies soos SADiLaR en AfriForum.

Die referate het op verskeie aspekte van inheemse tale gefokus, soos letterkunde, sosiolinguistiek, vertaling, tolking, gebaretaal, asook taalonderrig, -beleide en -regte. Die kongresgangers is aangemoedig om hul referate in een van die amptelike tale van die Noord-Kaap te lewer, naamlik Afrikaans, Engels, Setswana of isiXhosa. ’n Hele aantal referate is uiteindelik in Afrikaans en Setswana gelewer - insluitend die twee hoofreferate vir hierdie tale - waarvoor die nodige tolkdienste beskikbaar gestel is.

Frederick Botha (Foto: verskaf)

Tydens die kongres is daar voorsiening gemaak vir informele geleenthede waartydens die kongresgangers kon sosialiseer en netwerk. Behalwe vir die kongresdinee wat by Protea Hotel plaasgevind het, was daar ook ’n boekbekendstelling vir Sizakele Nkosi, lektor in Kreatiewe Skryfkunde aan die Sol Plaatje-universiteit, gehou. Nkosi se debuutdigbundel u-Grand, Malume? het pas by Botsotso Publishing verskyn. David Maahlamela (Skryfkunsdosent aan die Noordwes-Universiteit) het met Nkosi ’n gesprek oor haar digkuns gevoer, waarna sy enkele van haar gedigte voorgelees het.

Die kongres is afgesluit met ’n besoek aan Wildebeest Kuil Rock Art Centre buite Kimberley, waar /Xam-rotstekeninge van oor die 1 000 jaar oud besigtig is. 

Aan die hand van die referate wat aangebied is en die gesprekke wat daardeur ontketen is, is dit duidelik dat daar verskeie deurslaggewende kwessies is wat die inheemse tale beïnvloed, waarvan die publikasie van literatuur in spesifiek gemarginaliseerde taalvariasies die grootste is. Onder leiding van Yusuf Feltman van die Universiteit van Johannesburg is daar besluit om ’n werkgroep te vorm om hierdie publikasiekwessie aan te pak. Belangstellendes wat deel van hierdie projek wil vorm, is welkom om vir Feltman te kontak: yfeltman@uj.ac.za.

Die kongres sal weer in 2025 plaasvind en sal voortaan een van die amptelike geleenthede op die Sol Plaatje-universiteit se kalender wees.

Lees ook:

Eileen Pooe’s Setswana PhD: an interview in three languages

Ithisisi yokuqala yesidanga sobugqirhalwazi ngolwimi lwesiXhosa: udliwano-ndlebe noGqr Nompumelelo Kapa

"All African languages can be used as academic languages"

Multilingual schools, multilingual universities: an interview with Russell Kaschula and Michael Kretzer

The challenge of language in post-apartheid South Africa

Veeltaligheid op universiteit: ’n uitdaging én ’n geleentheid vir identiteitsvorming

Geskiedkundige konferensie oor Afrikaans in die Noord-Kaap

"Afrikaans: Kom saam | Come along"-simposium by Sol Plaatje-universiteit: ’n onderhoud

ATR-komvandaan-seminaar 2019: Van “brokwa” tot “broodgoed” – op reis met Oranjerivierafrikaans (Gariep-Afrikaans)

Oranjerivierafrikaans is nxa!: ’n onderhoud met Anzil Kulsen

#opdielug met Deidre Jantjies

#opdielug met Romario Fabiano Cloete

Van plat tot volrond en rondborstig in my taal

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

Khoekhoegowab, ti ǂnīsasib

Die Khoekhoegowab-tale en Afrikaans

Internasionale Moedertaaldag: Khoekhoegowab-tale en Khoi-Afrikaans

Interview: Die Ju / 'hoan Tsumkwe Dialect / Prentewoordeboek vir Kinders / Children’s Picture Dictionary

!Xun Bible translation: an interview with Masenyani Baloyi

//Gãuwa dwaal vennag: Anna M Louw se Kroniek van Perdepoort ondergrawe deur trieksters en transdans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top