Graad 7: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-27

Is jy in graad 7 en wonder jy oor die data wat jy kan gebruik om te bepaal watter rugbyspan hierdie naweek die Wêreldbeker kan wen? Hier is wenke vir wenners: Laai hierdie gratis vraestel van Lee-Ann Langeveldt af en oefen jou datahanteringsomme sodat jy teen Saterdagaand klaar is. Dan kyk jy die rugby met ’n rustige hart en met die wete dat jou goeie eksamenpunte jou ’n kampioen sal maak.

Geslagsgelykheid in opvoedkundige ruimtes en praktyke: ’n feministies-pedagogiese ondersoek

Doniwen Pietersen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-27

"Vroue is steeds onderverteenwoordig in prominente akademiese en administratiewe rolle, ten spyte van pogings om geslagsgelykheid te bevorder."

’n Verkennende studie vir die implementering van ’n nagraadse diploma in taalonderwys by ’n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling

Annelise de Vries, Nic de Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, Karien Brits LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-27

"In ’n geglobaliseerde wêreld wat al hoe meer verbind word deur digitale kommunikasiekanale, is jongmense ywerig om bykomende tale aan te leer vir beide hul persoonlike en professionele ontwikkeling."

Graad 6: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-26

Is jy in graad 6 en wonder jy of daar lewe op ander planete is? In hierdie oefenvraestel van Rita Engelbrecht gaan jy daardie vraag moet kan beantwoord. Die vraestel gaan jou kennis toets, en sommer vuurwerke met betrekking tot jou punte bewerkstellig. Begin nou al voorberei vir jou eksamen en wees hierdie kwartaal ’n ster!

Graad 6: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-19

Is jy in graad 6 en dink jy nou al aan die vakansie wanneer jy net kan ontspan? Dink hoe slim sal jy hierdie vakansie klink as jy raai wat die waarskynlikheid is dat van een van jou maats die skoppensboer of koningin van harte sal optel! As hierdie nou veels te moeilik klink, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt af en berei sommer terselfdertyd voor vir jou eksamen hierdie kwartaal. Daar bestaan ’n groot waarskynlikheid dat jy sommer ’n goeie punt op jou rapport sal behaal.

Graad 5: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-19

Is jy in graad 5 en is jy nou al baie lus vir die Desembervakansie? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt ’n vraag aantref wat jou oor swem gaan laat nadink. Nog beter nuus is dat jy goeie punte vir jou Wiskunde-eksamen gaan kry as jy hierdie vraestel gebruik om voor te berei. (Die beste nuus is dis regtig ’n kort kwartaal en dis amper vakansie.)

"Iets hieroor het ons ongemaklik gestem": die verband tussen "ontlaering" en die kolonialeske in onlangse Afrikaanse taal- en letterkundige diskoerse

Luan Staphorst LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-18

"Die Ontlaering-Sitkamer-groepering verteenwoordig – ondanks hulle ideale van vernuwing, epistemiese en sosiale geregtigheid en Afrikaans se bevryding – ’n 'laer' waarin daar 'saamgehurk' word in opstand teen ’n hede en verlede waarvan die groepering in wese ’n oppervlakkige begrip het."

Persverklaring: SA Akademie ken erelidmaatskap aan Oppel Greeff toe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-13

Erelidmaatskap is die hoogste toekenning van die SA Akademie, wat bekend is vir sy gesogte toekennings wat ’n prestasiekultuur in Afrikaans bevorder.

Waar is ons skoolbiblioteke?

Fanie Viljoen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-10-11

"Baie mense sal reken dat die internet skoolbiblioteke kan vervang. Dit is wel so dat die internet onontbeerlik vir leerders is, maar boeke is ook broodnodig. Leerders moet albei kan gebruik."

Skole se invloed op die onderbou van (on)geletterdheid

Gerda-Marié van Rooyen SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-10-11

"Geletterdheid en lees met begrip, of eerder die gebrek daaraan onder graad 4-leerders, het onlangs onder die soeklig gekom. Wat sê kenners?"

SteedsDink met LitNet Akademies: Francois Lion-Cachet

Francois Lion-Cachet SteedsDink 2023-10-09

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Francois Lion-Cachet oor, onder andere: die estetika van die reg en die wisselwerking tussen die visuele en geskrewe taal.

Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing 2023

LitNet Akademies en skole 2023-10-06

Alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die driejaarlikse DJ Opperman-gedenklesing wat op 18 Oktober 2023 in Stellenbosch plaasvind.

Persvrystelling: Konferensie in Utrecht, Nederland op 24 November 2023

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-06

Die Buitelandse Werksgemeenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) nooi u uit na sy eerste konferensie op Vrydag 24 November 2023. Die tema van die konferensie is Die wêreld is ons woning (nie)? Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici in die "buiteland". Die konferensie vind van 11:00 tot 16:00 plaas in die vergadersaal van die Lutherse Kerk, Hamburgerstraat 11, Utrecht, Nederland.

Press release: 3rd Kaaps Symposium 2024 | Second submission date | 30 June 2024

LitNet Akademies en skole 2023-10-05

We invite academic presentations (posters, papers, panel discussions) and creative works and performances in a forum that aims to bring together developing and cutting-edge research and work that will benefit the science of Kaaps and support the social and academic literacy practices of Kaaps speakers, and full participation in the educational, religious, cultural, political and economic facets of our rainbow, non-racial society.

Uitnodiging: Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-05

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsing in Afrikaans in die vorm van ’n referaat of plakkaat by die simposium (23–24 November 2023) aan te bied. Die aangepaste sperdatum vir voorstelle is 20 Oktober 2023.

Persverklaring: Aankondiging van SA Akademieraad 2023–2026

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-10-05

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Raad vir die termyn 2023 tot 2026 is by sy algemene jaarvergadering op Donderdag 28 September aangekondig. Ilse Feinauer is die nuwe voorsitter en Leopoldt van Huyssteen is die ondervoorsitter.

SPU Internasionale Taalkongres 2023

Frederick Botha Universiteitseminaar | University Seminar 2023-10-05

"Die heel eerste SPU Internasionale Taalkongres is van 6 tot 8 September deur die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley aangebied. Aan die hand van die referate wat aangebied is en die gesprekke wat daardeur ontketen is, is dit duidelik dat daar verskeie deurslaggewende kwessies is wat die inheemse tale beïnvloed, waarvan die publikasie van literatuur in spesifiek gemarginaliseerde taalvariasies die grootste is. Onder leiding van Yusuf Feltman van die Universiteit van Johannesburg is daar besluit om ’n werkgroep te vorm om hierdie publikasiekwessie aan te pak."

Die kuns van die onvoltooide: die verwerking van trauma in die poësie

Heilna du Plooy LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-10-04

"Natuurlik kom nie alle groei uit trauma voort nie en inderdaad lei nie alle trauma altyd tot groei nie. Die rol van die letterkunde daarin is ook beperk."

Dimensies en doelwitte van Rusland se nuwe betrokkenheid in Afrika

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-04

"Een van die groot trekpleisters van Rusland se verhoudinge met Afrika is historiese solidariteit. Tydens die Sowjet-tydperk het vele leiers by vername opvoedkundige instellings in Rusland studeer; daar bestaan herinneringe van Rusland se ondersteuning in die stryd vir onafhanklikheid; en daar is ekonomiese hulp aangebied, byvoorbeeld die bou van fabrieke, damme en hospitale en die voorsiening van landbou-implemente, voertuie en wapens. Afrikalande sien Rusland ook as die mees uitgesproke kritikus van Westerse imperialisme."

SteedsDink met LitNet Akademies: Lindie Koorts (deel 2 van 2)

Lindie Koorts SteedsDink 2023-10-04

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie tweede video stel historikus en biograaf Lindie Koorts onder andere die volgende vrae: Is die biografie die stiefkind van geskiedskrywing? Wie besluit wie is die helde binne ’n spesifieke tydsgees? Is die biografie ’n vermensliking en ’n verpersoonliking? In deel 1 van hierdie tweeluik gesels sy oor haar navorsingsloopbaan en nagraadse studies.

Top