Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie

Lisa Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-30

"Die gebruik van vraagtekens en ander leestekens om elemente soos intonasie, luidheid, tempo en pouses aan te dui, dui daarop dat daar by informele geskrewe internettaal ’n behoefte is om paralinguistiese tekens te gebruik."

Onderrigtaalkeuses van Afrikaanse rekeningkundestudente: faktore, gevolge en aanbevelings

Gretha Steenkamp, Petro Gerber LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-30

"By die Universiteit Stellenbosch (US) kan rekeningkundestudente kies om óf in Afrikaans óf in Engels onderrig te ontvang. Ná die aankondiging dat die eksterne rekeningkundige raadseksamens vanaf 2022 slegs in Engels geskryf kan word, bevraagteken Afrikaanssprekende rekeningkundestudente egter hul keuse van onderrigtaal."

’n Oorsigtelike ondersoek na die oorweging en toepassing van openbare belang tydens Suid-Afrikaanse samesmeltings en oornames

Anton van Wyk, Anmar Pretorius, Derick Blaauw LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-29

"Die bevindinge toon dat daar elke jaar baie samesmeltings (met plaaslike asook internasionale vennote betrokke) in Suid-Afrika plaasvind, met ’n totaal van 3 263 oor ’n tydperk van 10 jaar."

"[L]aat my so hard skel tot die valse vrou": Voorstellings van vroulikheid in Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van William Shakespeare se Julius Caesar en Antony and Cleopatra

Danie Stander LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-29

"Hierdie ondersoek werp lig op die vertaalstrategieë wat Neethling-Pohl aanwend om die geslagsgebaseerde magsverhoudinge in hierdie twee dramas toe te lig."

’n Korpusgebaseerde ondersoek na kohesieskakels as kenmerkende eienskap van outeurstyl van Dana Snyman en André le Roux

Anneen Church, Angelique van Niekerk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-28

"Skrywers laat ’n spoor van hul outeurskap agter wanneer hulle ’n teks skryf, aangesien elke persoon ’n voorkeur vir sekere linguistiese items het (Louwerse 2004:207)."

Al is my stem gebroke, my asem sonder krag ... Geleefde religie en die werking van die kerklied

Elsabé Kloppers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-11-28

"Waar ons tot swye kom in die uur van ons diepste verdriet en in ons uur van dood, dra die lied uit ander se monde ons deur die donker."

Die kreatiewe aanbieding van kultuurelemente binne Afrikanerbesienswaardighede

Esmarie Myburgh, Lindie (Engelina) du Plessis, René van der Vyver LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-28

"Dit is belangrik dat die studie se bydrae nie beperk word tot die Afrikanerkultuur nie. Die rede is dat kultuurelemente ook binne elke ander kultuurkonteks bestaan en dat toeriste wêreldwyd op soek is na kreatiewe kultuurervarings, wat veral ’n multikulturele land soos Suid-Afrika bevoordeel."

Vonnisbespreking: Die jongste “gly-en-val”-uitspraak teen ’n winkeleienaar: ’n Ontkenning van die Chartaprops-verweer?

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2023-11-28

"Hierdie uitspraak sal beslis in die kraam pas van inkopiegangers wat daagliks supermarkte besoek, maar is slegte nuus vir winkeleienaars."

’n Ondersoek na die gebruik van voorsienbaarhede en gemengde leer in Afrikaanstaalverwerwing vir dowe taalaanleerders

Marthie de Waal LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-11-27

"Deur taalverwerwing vir dowe taalaanleerders uit verskeie invalshoeke te bekyk (naamlik die taakgebaseerde benadering en gemengdeleermodelle as onderriginstrumente) kan ’n ryker begrip daarvan verkry word om sodoende doeltreffende Afrikaanstweedetaalonderrig vir dowe aanleerders te verseker."

Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-11-27

"Die artikel ondersoek eerstens die klemverskuiwing van om kinders te baar (teknogonia) na die opvoeding van ’n kind (paidotrofia), wat ouerskap definieer. Dan gaan die studie voort om die transformasie van Christelike voortplanting vanuit die oogpunt van androgeneratiwiteit te beskou."

Taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vernuwende benadering

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-11-27

"Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie wat leerders bemagtig om kennis te versamel, hulle identiteit, gevoelens en idees met ander te deel en om hulle realiteit te bestuur."

Die boek Habakuk as teodisee en teologiese trauma

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-11-24

"Trauma word in verband gebring met God en daar ontstaan ’n spanning tussen dit wat as traumaties beleef word en God se betrokkenheid al dan nie by die trauma."

’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede

Benito Trollip LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-24

"In ’n konstruksie soos hond+mak is die letterlike betekenis van hond nog teenwoordig ('so mak soos ’n hond'), maar in hond÷siek is dit duidelik dat hond÷ gegrammatikaliseer is en slegs die betekenis van 'baie' het."

Elders gesien: Die tweejaarlikse TT Cloete-lesing

LitNet Elders gesien 2023-11-23

Die doel van die lesings is eerstens om erkenning te gee aan die werk van Cloete, wat vir baie jare aan die NWU (voorheen die PU vir CHO) verbonde was. Tweedens is die doel om ’n platform vir openbare gesprek in en om die letterkunde te skep.

Persverklaring: Nuwe datums vir die 2023 Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe – 15 tot 16 Februarie 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-11-22

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing, wat in Afrikaans aangebied word, in die vorm van ’n referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aan bied.

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Luan Staphorst

Luan Staphorst SteedsDink 2023-11-21

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Luan Staphorst oor onder andere die kanon, klapklanke en kreolisering.

Die eerste onsekere treë van die onafhanklike koerantbedryf in Suid-Afrika: The South African Commercial Advertiser (SACA) en slawerny in 1824

Gawie Botma LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-20

"Aan die een kant het SACA ’n aktivistiese rol gespeel, wat dikwels aangeprys word, maar die koerant het ook advertensies van die slawehandel gepubliseer. Hierdie teenstrydigheid ontlok die vraag of die koerant se geïdealiseerde posisie in die joernalistiekgeskiedenis moontlik heroorweeg moet word."

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-20

Is jy in graad 6 en droom jy oor die vakansie? In die gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen wat jy hier kan aflaai, sal jy heelwat taaloefeninge met sport as onderwerp aantref. Draf flink deur hierdie vraestel vir dinamiese punte. Oor ’n rukkie is dit tyd vir sports by die see (in die woordeboek kan jy naslaan dat dit ’n aanvaarbare Afrikaanse woord is).

Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is

Carien Zeeman, Sufran Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-19

"Professionele persone vind dat dit algemeen vir egpare is om destruktiewe gedrag en negatiewe gevoelens gedurende egskeiding te ervaar. Wanneer daar egter kinders betrokke is, is dit noodsaaklik om gevalle van moontlike hoëkonflikegskeidings te identifiseer."

’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie

Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-19

"In Leroux se werk word dit duidelik dat hy dikwels verskillende wêrelde gelyktydig aan bod kan stel en dus vir die leser verskillende wêrelde uit een narratief kan oproep. Om sulke grensoorskrydingsmomente te kan skep, gebruik Leroux ’n hele aantal truuks wat dikwels nou by dramatiese konvensies aansluit."

Top