
Die SA Akademie het tydens ’n glansgeleentheid op 8 Februarie 2024 aan die vyf toppresterende AROS-studente honneursbeurse in Leerondersteuning toegeken. 2024 is die eerste honneursgroep in Leerondersteuning by AROS.
Die Akademie het einde 2023 AROS gekontak om hierdie beursskema aan hul voor te stel om so die pyplyn in die onderwys te versterk, aangesien die Akademie al reeds vanaf 2017 nagraadsebeurse toeken aan meesters- en doktorale studies in enige vakdissipline solank die verhandeling of proefskrif in Afrikaans ingehandig word vir evaluering by die universtiteit.
Prof Oppel Greeff, voormalige voorsitter van die SA Akademieraad en Ere-lid van die Akademie en me. Melanie Rens, die beursbeampte van die Akademie, het die pryse oorhandig aan die studente en hul aangemoedig om na hul honneursgraad ook verder te studeur deur hul meesters- en doktoralegraad te doen wat hul die vaardigheid gaan verseker vir die professie, aangesien Suid-Afrika goeie en vaardige onderwysers benodig vir die toekoms.
Mnr Daan Potgieter van die Afrikaanse Onderwysnetwerk en lid van die SA Akademie se Onderwyskommissie het nie net die vyf studente geïnspireer nie, maar ook die hele gehoor. Hy het die studente geluk gewens met die wonderlike beursgeleentheid wat hul in staat sal stel om hul karakter te kan bou, hul passie te kan uitleef en ook die beste onderwysers te wees waartoe hul is staat is.
Die SA Akademie het tot dusver 445 beurse toegeken waarvan 309 beurshouers reeds hul studies voltooi het. Ons beurshouers is verdeel soos volg: 178 doktoraal, 22 honneurs, 230 meesters, 15 postdoktoraal. Hierdie projek is een van die Akademie se vlagskipprojekte.
Die Akademie het ook Akademia genader om honneursbeurse toe te ken aan honneursstudente in Ondernemingsbestuur en het aan een student die beurs toegeken. Die Akademie vertrou dat hierdie samewerking met die twee Afrikaanse instellings sal help om die oormerk van die Akademie te help uitdra.


Kommentaar
Askuus maar dis die mees frustrerende artikel wat ek al ooit gelees het. AROS wat na 'n akroniem lyk, word nêrens gedefineer nie. Die foto wys die pragtige studente maar hulle name, wat hulle doen of gedoen het of gaan doen is nie in die artikel nie, wat oor hulle handel. Die waarde van die beurse sou nogal interressant wees. Wat was elk se besondere prestasie en waarheen mik sy en waaroor handel haar verdere studies? Waarvaandaan kom sy en waar het sy studeer? Nie een van die vrae in my kop word in die artikel aangespreek nie. Die AI oftewel KI wat dit geskryf het, is power. Is dit ChatGPT?
Aros = Akademie Reformatoriese Opleiding en Studie