Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Help hulle inkom én deurkom: Sienings oor studentetoegang en -sukses in regsopleiding in Suid-Afrika
2024-01-24"In teenstelling met gelykheid, wat beteken om elke student dieselfde geleenthede te bied, behels billikheid die voorsiening van geleenthede wat in ag neem dat sommige studente deur benadeling gekniehalter word. Gelykheid is dus om almal oor dieselfde kam te skeer; billikheid is om mense te gee wat hulle nodig het na gelang van hul 'wegspringpunt'."
Die juffrou wat kinders laat droom (en lees!)
2024-01-23"Toe ek destyds skool voltooi het, het ek nooit gedink dat ek ’n onderwyser gaan uitnooi vir ’n koffie nie. Nog minder dat ons oor skool gaan praat, maar Lina van der Merwe is nie enige juffrou nie."
Khôra en kaar: ’n bespreking van khôra en interpretasie van Marlene van Niekerk se gedig "Woordverklaring"
2024-01-23"Wat aanleiding gegee het tot hierdie artikel, is die basiese semantiese ooreenkoms tussen die woord kaar soos dit uit Marlene van Niekerk (2013:20) se gedig 'Woordverklaring' blyk, en die platoniese begrip khôra, synde 'houer'. As komplekse filosofiese begrip, word khôra egter ook met ’n hele spektrum ander betekenisse verbind."
Graad 5: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, eerste kwartaal
2024-01-22Vat vyf, graad 5-leerder! Jy’s op die regte plek om jou Wiskundepunte te verbeter. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af en kry jou Wiskunde sommer reg van die begin van die jaar af onder die knie.
Graad 4: Wiskunde-werkopdrag 1 en memo, eerste kwartaal
2024-01-22Wees ’n ster, graad 4-leerder! Begin sommer vandag om vanjaar se Wiskunde te bemeester deur die eerste konsepte te hersien. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af. Jou opvoeders sal sterre op jou skryfboeke plak as hulle al die korrekte antwoorde in jou toetse sien!
Leemtes in die gebruik van kohesiemerkers in die skryfwerk van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders
2024-01-22"Die bewerkstelliging van kohesie deur middel van die gebruik van kohesiemerkers wat deur verskillende taalvorme gerealiseer word, speel ’n belangrike rol gedurende teksproduksie en -interpretasie […] Met ander woorde, dit het betekenisintegrasie tot gevolg, aangesien dit vir die leser aandui dat ’n idee van een punt in die diskoers na ’n volgende voortgesit word en hoe die verskillende dele van ’n teks by mekaar pas."
Persverklaring: Klas van 2023, begin jou loopbaanreis by Akademia in 2024
2024-01-19Ongeag van jou keuse van ’n onderrigleermodel, kan jy verseker wees van optimale akademiese ondersteuning vanaf ervare ondersteuningspersoneel en kundige dosente.
Graad 8: Afrikaans Huistaal, vraestelle 1, 2 en 3
2024-01-17Nuwe jaar, nuwe jy, nuwe skool! Sien jy dat hierdie vak se naam met ’n hoofletter geskryf moes gewees het? Dan is jy op en wakker en gereed vir graad 8. Klik hier, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en oefen vanaf jou eerste skooldag vir vanjaar se Afrikaans Huistaal.
Die gebruik van gedigte vir Afrikaanstweedetaalstudente in ’n taakgebaseerde benadering: ’n gevallestudie
2024-01-17"Dit wil voorkom of die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas wél studente se woordeskat en begrip van Afrikaans kan verbeter. Die taakgebaseerde benadering het ten doel om studente prakties en teoreties met taal te laat omgaan. Gedigte prikkel taalaanleerders se kreatiwiteit en wek in hulle ’n aanvoeling vir taal."
Persverklaring: Proscenium-dramakompetisie
2024-01-17Droom jy van toneelspeel op ’n groot verhoog, op televisie, in ’n Hollywood-film, of om te skitter agter ’n mikrofoon? Gee die eerste tree op jou roemryke loopbaan en skryf nou vir die Proscenium-dramakompetisie in!
Multimodaliteit as vertaaluitdaging van strokiesprentvertaling: Calvin and Hobbes as gevallestudie
2024-01-15"In hierdie artikel word uitsluitlik op die multimodale uitdagings, oftewel teksspesifieke uitdagings van strokiesprentvertaling, gefokus: die vertaling van nieverbale elemente, oftewel die hantering van multimodale kwessies. Ondersoek is na die vertaalproses van strokiesprente ingestel om aan te dui voor watter vertaaluitdagings die vertaler in die besonder tydens die vertaling van ’n multimodale teks (soos ’n strokiesprent) te staan sal kom, en hoe die vertaler hierdie uitdagings kan oplos of oorkom."
’n Evaluering van die Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek volgens die KABV-vereistes
2024-01-12"Indien die onderwyser nie tyd maak vir woordeboekgebruik in klasse nie, sal leerders nie weet hoe om ’n woordeboek te gebruik nie, of dit nie wil raadpleeg indien hulle onseker is oor die spelling of die betekenis van ’n woord nie."
Matteus 5–7: ’n Spelteoretiese studie van die Bergrede
2024-01-11"Die Bergrede kan gesien word as strategieë wat op Christelike beginsels geskoei is. Hierdie strategieë blyk teenintuïtiewe strategieë vir sosiale dominansie te wees. Is hierdie dominansie egter ’n regmatige vorm van oorwinning in die spel van die lewe en hoe kwantifiseer ons dit?"
Potensiaal van Pentekostalistiese prediking om geslagtelike identiteit te vestig
2024-01-09"Dit is nodig dat prediking doelbewus van die bestaande hegemoniese ideologie losgemaak word deur Pentekostalistiese taal te versaak wat ’n tydgerigte en kontekslose begrip van geslag en familie uit enkele Bybelse tekste aflei."
Die voortgesette ontwikkeling van studies in Middeleeuse seksualiteit
2024-01-08"Hoe ’n samelewing oor seks dink en praat, ontbloot veel van daardie samelewing se grondliggende opvattinge oor onder meer identiteit, vryheid, moraliteit en geregtigheid. Seksualiteit, die diskoers oor seks, hou dus kultuurkritiese gevolge in."
’n Kritiese ondersoek en resensie van die handboek Piekfyn Afrikaans vir Graad 8 Huistaal
2024-01-05"Die onderwys is reeds stresvol genoeg en onderwysers se werkslading is hoog. Daarom is ek van mening dat dit onnodig is om nog verder te moet stres oor ’n handboek wat nie op standaard is nie."
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 2-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-12-19Is jy binnekort in graad 10 en gaan jy Wiskundige Geletterdheid as vak neem? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Anne Langeveld is daar voorbeelde wat – as jy na die prent met die dobbelstene kyk! – jou met waarskynlikheidsomme kan help. Ons weet die waarskynlikheid dat jy nóú Wiskundesomme gaan doen is nul, maar onthou om volgende jaar, as jy vir die eksamen moet voorberei, hierso vir oefenvraestelle te kom soek.
Graad 10: Wiskundige Geletterdheid 1-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-12-13Ons weet die skool het pas gesluit. Dis tyd om kolwyntjies te bak om fees te vier! Ons voeg vandag ’n nuwe vraestel en memorandum by sodat enige graad 10-leerder wat volgende jaar Wiskundige Geletterdheid neem, sal onthou om Lee-Ann Langeveldt se vraestel gratis hier op LitNet te kom aflaai. (En as enige ander leerder hierdie vakansie hul lyf entrepreneur wil hou, kan hierdie einste vraestel jou help om die wins uit te werk wat jy met ’n baksel sjokolade-en-beet-kolwyntjies kan maak.)
Pharos se nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek as skatkis: ’n onderhoud met Delana Fourie
2023-12-12"Woordeboeke is stabiel en word beskou as formele en blywende erkenning van taalontwikkeling en taalverandering, terwyl die internet baie meer vloeiend, soms selfs verbygaande en vlietend is. Al is woordeboeke, hetsy gedruk of aanlyn, stabiel of staties, kan hulle steeds voortdurend bygewerk word om taalontwikkeling te weerspieël."
SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Hein Willemse
2023-12-12In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Hein Willemse oor onder andere marginale kulturele praktyke.
