Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal
2024-06-25Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.
’n Introspektiewe verkenning van die gevoelswaarde, betekenis en gebruik van enkele emoji’s
2024-06-25"Die gebruik van teksgebaseerde aanlyn kommunikasie op veral sosialemediaplatforms soos WhatsApp is gaandeweg besig om die manier waarop ons taal gebruik om te kommunikeer te verander."
Skulderkenningsboetes in die lig van prosedurele geregtigheid en misdaadbeheer
2024-06-21"Hierdie bydrae ondersoek die statutêre raamwerk oor skulderkenningsboetes en die belangrike rol van die polisie in die verduideliking van die proses, insluitende die gebruik van belangrike voorgeskrewe vorms om die beskuldigdes se grondwetlike regte en gevolge van betaling uiteen te sit."
Hoe om ’n trein te stop deur Stephanie Ebert en Kathryn Pillay: vir lekker lees én om in die klaskamer te gebruik
2024-06-20"Hierdie boek is ideaal vir die geskiedenisprojek wat leerders in die derde kwartaal oor die lewensverhaal van ’n leier moet voltooi."
LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal
2024-06-19Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.
Persverklaring: Jan H Marais-prys 2024 – sluitingsdatum vir nominasies 24 Junie 2024
2024-06-14Die Jan H Maraisprys verleen erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Die toekenning van die prys is afhanklik van ingeligte persone uit die Afrikaanse taalgemeenskap om moontlike wenners voor te stel. Die sluitingsdatum vir nominasies is Maandag 24 Junie 2024.
Press release | Dean: Faculty of Arts and Social Sciences
2024-06-12Five-year term with the possibility of reappointment for another term. Be responsible for the overall executive management, as well as for providing visionary leadership aligned with the institutional strategy.
SAVAK se rol as intelligensiediens in Iran, 1956–1979: Bydraes tot regimevorming, staatsbou en geopolitiek
2024-06-11"SAVAK het die ideologiese en kulturele veld help vorm deur sensuur, selektiewe steun vir denkers, medewerkers in die media en die oprigting van kulturele infrastruktuur. Die intelligensiediens het ook as ’n indirekte kommunikasiekanaal tussen die bevolking, elite en heerser gedien."
Sosialegeregtigheidsopvoeding tydens kliniese onderrig
2024-06-11"Interkulturele verskille speel ’n beduidende rol in die voorbereiding van studente om die regspraktyk te betree, veral aangesien die Westerse filosofiese benadering verskil van dié van Afrika en hierdie verskillende oogpunte van praktyksbelang in Suid-Afrika is."
’n Verkenning van belydenispoësie in Afrikaans
2024-06-06"Is belydenispoësie eie aan ’n spesifieke beweging in ’n spesifieke konteks? Of behoort belydenispoësie eerder as ’n onderafdeling of voortsetting van liriese poësie beskou te word?"
Vroeë Christelike slawerny: tussen teologie en praktyk
2024-06-06"Slawerny het ’n beduidende invloed op die vroeë Christelike denke gehad, hoofsaaklik omdat slawerny ’n wydverspreide instelling in die antieke wêreld was gedurende die tyd toe die Christendom ontstaan het."
Graad 12, Wiskundige Geletterdheid: vraestel 3 en memo, tweede kwartaal
2024-06-03Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.
Graad 6, Wiskundevraestel en memo: gewone en desimale breuke; persentasie
2024-05-31Gratis vraestel! Klik hier om die graad 6-vraestel en memo deur Wilhelm du Toit in PDF-formaat af te laai.
Vonnisbespreking: Wanvoorstelling by huweliksluiting – die bruidegom loop hom vas
2024-05-30"Die eiseres het toe uitgevind dat op die tydstip toe die verweerder haar gevra het om te trou, hy reeds gemeen het dat hul verhouding onherstelbaar verbrokkel het maar dit nie vir haar gesê nie. Sodoende het hy haar deur sy bedrieglike wanvoorstelling beweeg om die huwelik te sluit."
Die geloofwaardigheid van leidrade in forensiese vuurwapenondersoeke
2024-05-30"Die koers van misleidende bewyse hang af van die kombinasie van die ondersoeker se kundigheid en die moeilikheidsgraad van die spesifieke vergelyking. Die oorbeklemtoning van forensiese vuurwapenbewyse word egter onvoldoende deur Suid-Afrikaanse howe bevraagteken."
Graad 5: Wiskundevraestel en memo – numeriese en geometriese patrone
2024-05-27Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Wilhelm du Toit in PDF-formaat af te laai.
Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 4 en memo, tweede kwartaal
2024-05-27Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)
2024-05-22Is jy in graad 4 en sal jy veel eerder na ’n film of ’n YouTube-video kyk as om vir jou eksamen voor te berei? Hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen bevat lekker stories oor prinse en prinsesse – en dit kan jou sommer laat vergeet jy is besig om hard te werk. Boonop sal jy werklik goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal behaal; nie nodig om slegs lugkastele daaroor te bou nie!
Eerste slukkie: Platsak maak ’n plan deur Anneke Langner
2024-05-22LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies. Die uittreksel in hierdie artikel sal opvoeders wat hierdie boek vir voorlees in die klaskamer wil gebruik, ’n voorsmakie van die boek gee.
Platsak maak ’n plan vir voorlees in die klaskamer: ’n onderhoud met die skrywer
2024-05-22"Ek het ook grootgeword in ’n huis waar elkeen van ons kinders die voorreg gehad het om op ’n stadium ’n troeteldier te kon hê. Ek wens ek kon vir alle diere ’n goeie huis gee. As iemand wat my boek klaar gelees het, net ’n bietjie liewer is vir hul troeteldier, is dit reeds ’n wen vir my!"
