Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2024-05-21As jy in graad 12 is en Wiskundige Geletterdheid as vak gekies het, sal jy met hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld vir jou eksamen kan voorberei. Oefen woordsomme soos hierdie een: "Hanlo bly in Suid-Afrika terwyl sy ouers na Nieu-Seeland verhuis het. Sy suster bly in Amerika en sy broer in Europa. Hy wil graag ’n familiereünie in Thailand reël om al sy gesinslede weer te sien." Help vir Hanlo! En verbeter sommer jou eie Wiskundepunte!
René Girard, Michel Houellebecq, mimetiese wedywering in die liberale verbruikersamelewing, en die metafisiese toekoms van die Afrikaners
2024-05-21"Is Houellebecq met vernietig nie besig om anderkant die nihilisme van sy vroeëre romans te tree en sy lesers uit te nooi om die ouer bronne van die Weste en die ervaring van gemeenskap te herwaardeer nie?"
Graad 7: Wiskundevraestel en memo – numeriese en geometriese patrone, funksies en verwantskappe
2024-05-20As jy in graad 7 is, is julle waarskynlik nou in Wiskunde besig om patrone, funksies en verwantskappe te behandel. LitNet het hulp om jou werk oor hierdie wiskundige rye onder die knie te kry. Klik hier om die oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis af te laai. Jou kennis oor vloeidiagramme sal vinniger as hierdie ry mense op die prentjie vloei!
Graad 12: Wiskundevraestel 4 en memo, tweede kwartaal
2024-05-15Is jy vanjaar in matriek en maak jy sommetjies oor hoeveel weke daar nog voorlê voordat die eindeksamen afskop? Laai eerder hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en span jou wiskundige berekeninge in om vir jou eksamen voor te berei. Die persentasie van jou Wiskundepunt sal styg en jou spanningsvlakke sal daal!
Graad 7: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, tweede kwartaal
2024-05-15As jy in graad 7 is, weet jy teen hierdie tyd dat daar verskillende maniere is om mengsels van mekaar te skei. Die skeidingsproses op hierdie prent bied ’n leidraad ten opsigte van een van die metodes. As jy hierdie oefenvraestel deur Rita Engelbrecht gratis in PDF-formaat aflaai, sal jy nog meer voorbeelde kan hersien. Jy kan solank die ketel vir ’n lekker koppie koffie vir jou ouers aanskakel. Hulle sal bly wees dat jou punte met behulp van hierdie oefenvraestel ook boonop hierdie kwartaal sal kook.
Vonnisbespreking: Opmerkings oor die woord poes as gekwalifiseerde belediging in ’n interdikoortreding
2024-05-14"Die Lewis-saak is ’n goeie voorbeeld van waarom niestandaardtaal en taalvariëteite ernstig opgeneem moet word. Wanneer ’n hof taalfeite op ’n onverantwoordelike wyse hanteer, kan dit ’n negatiewe uitwerking op ’n party se geregtigheid hê."
Die begrip vervreemding in S.J. Naudé se Die derde spoel en Van vaders en vlugtelinge – ’n psigoanalitiese en filosofiese beskouing
2024-05-13"Die stukrag van Naudé se werk is geleë in die feit dat hy die moed het om vir ons ’n wêreld aan te bied wat nie meer ’n wêreld is nie, wat mank gaan aan empatie, intimiteit, solidariteit en gemeensaamheid – en dan gee hy sy karakters vrye teuels in hierdie wêreld om te sien wat gebeur."
Die bestuur van interne kommunikasie by ’n Suid-Afrikaanse aftreeoord: uitdagings en moontlike oplossings
2024-05-13"Die bevindinge bevestig eerstens dat die unieke konteks van die aftreeoord dieselfde bestuur behoort te word as ander besigheidskontekste, en dat inwoners van die aftreeoord as interne belangegroepe beskou kan word."
Onderwysdosente se opvattings van entrepreneurskapsonderrig en -leer as deel van onderwysersopleiding
2024-05-09"Begrip van bestaande opvattings van dié onderwerp kan die Fakulteit Opvoedkunde help om te besin oor moontlike gapings of wanopvattings in die onderrig van entrepreneurskap, en gevolglik kan doelgerigte opleidingsgeleenthede vir dosente ontwikkel word om EOL as deel van onderwysersopleidingsprogramme te versterk."
Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 1 en memo, tweede kwartaal
2024-05-09Is jy in graad 12 en eerder lus vir ’n kolwyntjie as om vir hierdie belangrike eksamen voor te berei? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy entrepreneurswenke ten opsigte van kolwyntjies kry en sommer ook prettig vir jou eksamen kan voorberei. As jy nie presies weet wat ’n kolwyntjie is nie, laai sommer ook ’n Afrikaans-vraestel van LitNet af.
Press release: A conference that explores all aspects of children’s literature
2024-05-04Amazwi South African Museum of Literature invites you to a conference that explores all aspects of children’s literature, from picture books to young-adult fiction.
Oproep om bydraes/voorleggings: Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW): tweeledige uitgawe oor “Queerteorie en Suider-Afrikaanse verhalende tekste”
2024-05-03Belangstelling kan aangedui word deur ’n opsomming van 300 woorde of minder teen einde Mei 2024 aan die gasredakteurs per e-pos te stuur.
Breyten Breytenbach se vroeë en tronkpoësie: ’n vergelykende stilistiese ondersoek
2024-05-01"Dié artikel fokus op ’n fassinerende verskynsel wat ten opsigte van die eerste parameter opgemerk is, naamlik dat daar aansienlike stilistiese verskille is tussen die eerste twee fases van Breytenbach se oeuvre: die vroeë poësie en die tronkpoësie."
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)
2024-04-30Is jy in graad 5 en bekommer jy jou oor jou Afrikaans Huistaal-punte hierdie kwartaal? LitNet kan help. Laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en begin sommer nou al voorberei. Jou punte sal hoog vlieg en in een van die vraestelle is daar boonop wenke om jou eie vlieër te maak.
Oproep om referate – 8ste Kollokwium oor Afrikaans (Universiteit Gent): Horizons of political/poetical contestation – Suid-Afrikaanse interseksionele perspektiewe oor dissiplines en tale heen
2024-04-29Dien asseblief abstrakte/opsommings in vir referate van 20 minute in Afrikaans, Nederlands of Engels. Die opsommings moet ’n van maksimum 500 woorde wees en teen 30 April 2024 aan afrikaans@ugent.be gestuur word.
Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal
2024-04-23Καταλαβαίνετε Ελληνικά? Wiskunde hoef nie meer vir jou soos Grieks te voel as jy in graad 12 is en nodig het om vir jou eksamen voor te berei nie. Hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West gaan jou in duidelike Afrikaans met jou trigonometrie help. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.
Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2024-04-23Is jy in graad 12 en wens jy dat ’n "reeks" maar net die Afrikaanse woord was van ’n "series" wat jy stroom? In hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West leer jy hoe om ’n konvergerende meetkundige reeks binne ’n japtrap onder die knie te kry. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis af te laai. Nadat jy voorberei het, kan jy met ’n skoon gewete die ander reeks verder gaan vraatkyk!
Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024
2024-04-19Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.
Graad 7: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-17Is jy in graad 7 en wonder jy hoekom die haas so bekommerd na die wortels kyk? Hy het nog nie Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel afgelaai nie en die vierkantswortels veroorsaak dus nog vir hom hoofbrekens. Moenie die haas wees nie! Laai die oefenvraestel af en kry die tweede kwartaal se Wiskunde onder die knie.
Graad 6: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-17Is jy in graad 6 en sien jy hoe rustig die waterval se waterstrome hier kabbel en vloei? As jy Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel en memo hier aflaai, sal jy vloeidiagramme kan oefen – en dit sal jou sommer baie meer rustig en ontspanne oor jou Wiskunde-eksamen laat voel!
