Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Onderwysdosente se opvattings van entrepreneurskapsonderrig en -leer as deel van onderwysersopleiding
2024-05-09"Begrip van bestaande opvattings van dié onderwerp kan die Fakulteit Opvoedkunde help om te besin oor moontlike gapings of wanopvattings in die onderrig van entrepreneurskap, en gevolglik kan doelgerigte opleidingsgeleenthede vir dosente ontwikkel word om EOL as deel van onderwysersopleidingsprogramme te versterk."
Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 1 en memo, tweede kwartaal
2024-05-09Is jy in graad 12 en eerder lus vir ’n kolwyntjie as om vir hierdie belangrike eksamen voor te berei? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy entrepreneurswenke ten opsigte van kolwyntjies kry en sommer ook prettig vir jou eksamen kan voorberei. As jy nie presies weet wat ’n kolwyntjie is nie, laai sommer ook ’n Afrikaans-vraestel van LitNet af.
Press release: A conference that explores all aspects of children’s literature
2024-05-04Amazwi South African Museum of Literature invites you to a conference that explores all aspects of children’s literature, from picture books to young-adult fiction.
Oproep om bydraes/voorleggings: Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW): tweeledige uitgawe oor “Queerteorie en Suider-Afrikaanse verhalende tekste”
2024-05-03Belangstelling kan aangedui word deur ’n opsomming van 300 woorde of minder teen einde Mei 2024 aan die gasredakteurs per e-pos te stuur.
Breyten Breytenbach se vroeë en tronkpoësie: ’n vergelykende stilistiese ondersoek
2024-05-01"Dié artikel fokus op ’n fassinerende verskynsel wat ten opsigte van die eerste parameter opgemerk is, naamlik dat daar aansienlike stilistiese verskille is tussen die eerste twee fases van Breytenbach se oeuvre: die vroeë poësie en die tronkpoësie."
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)
2024-04-30Is jy in graad 5 en bekommer jy jou oor jou Afrikaans Huistaal-punte hierdie kwartaal? LitNet kan help. Laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en begin sommer nou al voorberei. Jou punte sal hoog vlieg en in een van die vraestelle is daar boonop wenke om jou eie vlieër te maak.
Oproep om referate – 8ste Kollokwium oor Afrikaans (Universiteit Gent): Horizons of political/poetical contestation – Suid-Afrikaanse interseksionele perspektiewe oor dissiplines en tale heen
2024-04-29Dien asseblief abstrakte/opsommings in vir referate van 20 minute in Afrikaans, Nederlands of Engels. Die opsommings moet ’n van maksimum 500 woorde wees en teen 30 April 2024 aan afrikaans@ugent.be gestuur word.
Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal
2024-04-23Καταλαβαίνετε Ελληνικά? Wiskunde hoef nie meer vir jou soos Grieks te voel as jy in graad 12 is en nodig het om vir jou eksamen voor te berei nie. Hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West gaan jou in duidelike Afrikaans met jou trigonometrie help. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.
Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal
2024-04-23Is jy in graad 12 en wens jy dat ’n "reeks" maar net die Afrikaanse woord was van ’n "series" wat jy stroom? In hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West leer jy hoe om ’n konvergerende meetkundige reeks binne ’n japtrap onder die knie te kry. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis af te laai. Nadat jy voorberei het, kan jy met ’n skoon gewete die ander reeks verder gaan vraatkyk!
Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024
2024-04-19Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.
Graad 7: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-17Is jy in graad 7 en wonder jy hoekom die haas so bekommerd na die wortels kyk? Hy het nog nie Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel afgelaai nie en die vierkantswortels veroorsaak dus nog vir hom hoofbrekens. Moenie die haas wees nie! Laai die oefenvraestel af en kry die tweede kwartaal se Wiskunde onder die knie.
Graad 6: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-17Is jy in graad 6 en sien jy hoe rustig die waterval se waterstrome hier kabbel en vloei? As jy Wilhelm du Toit se gratis Wiskundevraestel en memo hier aflaai, sal jy vloeidiagramme kan oefen – en dit sal jou sommer baie meer rustig en ontspanne oor jou Wiskunde-eksamen laat voel!
Persverklaring: TK-lesingreeks | Geskiedenis van die Taalkommissie en die AWS
2024-04-12In hierdie eerste virtuele aanbieding van vyf, op Dinsdag 23 April, bied drie lede van die huidige Taalkommissie, Jana Luther, Fred Pheiffer en Annelise de Vries, ’n kort oorsig oor aspekte van die geskiedenis van Afrikaans wat in wisselwerking met die normering daarvan gestaan het.
Graad 5: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-11Is jy in graad 5 en voel jy so onseker oor jou Wiskundedeelsomme soos wat hierdie twee selfoongesiggies lyk? LitNet kan help! Klik hier om Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel en memorandum af te laai om jou met jou voorbereiding te help. (Die vraestel sal jou kan help met vermenigvuldig- én deelsomme, soos die twee prentjies ook verklap.)
Persverklaring: Akademia brei uit na die Wes-Kaap
2024-04-10Die besluit om Akademia se voltydse kampusmodel, wat tans beperk is tot Centurion in Gauteng, verder uit te brei is voorts ingelig deur deeglike demografiese navorsing. Aldus hierdie navorsingsbevindinge verteenwoordig die Wes-Kaap die grootste konsentrasie van Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika.
Graad 4: Wiskundevraestel en memo, tweede kwartaal
2024-04-10Is jy in graad 4 en voel dit of die Wiskunde jou sommer vanjaar dubbel laat sien? Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit kan jou help met die tweede kwartaal se verdubbelingsomme – en kan help om jou Wiskundepunte weer perdfris en gesond te maak. Klik hier om dit kosteloos in PDF-formaat af te laai.
Persverklaring: Top-uitgewers by SOF Junior, Suidoosterfees se mini-kunstefees vir onnies, skoliere en ouers
2024-04-09SOF Junior, ’n mini-kunstefees vir skoliere, onderwysers en ouers, word van 22 tot 26 April 2024 by die Artscape-teatersentrum in Kaapstad aangebied, net voordat die hooffees afskop.
Persverklaring: Jan H Marais-prys 2024 – oproep vir nominasies
2024-04-09Die Jan H Maraisprys verleen erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Die toekenning van die prys is afhanklik van ingeligte persone uit die Afrikaanse taalgemeenskap om moontlike wenners voor te stel. Die sluitingsdatum vir nominasies is Maandag 24 Junie 2024.
Die wisselwerking tussen ruimte, manlikheid en die skaduwee in Lente in Beijing en Die Dao van Daan van der Walt
2024-04-08"Ek ondersoek die romans in terme van die wisselwerking tussen ruimte, die diskoerse van manlikheid binne ruimtes, en hoe hierdie diskoerse ’n impak het op die skaduwees van die twee onderskeie hoofkarakters, Gerhard en Daan."
Persverklaring | Pos: Hoof- uitvoerende beampte (HUB) Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2024-04-04Die pos van hoof- uitvoerende beampte (HUB) van die SA Akademie het op 1 April 2024 vakant geraak. Van die nuwe HUB word verwag om reeds op 1 Julie 2024, of so spoedig moontlik daarna, diens te aanvaar.
