
Prent: Canva
- In Kuberklas Kreatief word talentvolle leerders se kortverhale en gedigte gepubliseer. Dit is onderhewig aan keuring. Pippa du Toit is sewentien jaar oud en deel haar gedig met LitNet se lesers.
Wit sal sy bloei want
haar bloed is van seeskuim
haar rok die water
en haar skoene die sand
haar trane die spatsels
wanneer die water die rotse slaan
Vir ewig sal sy dans want
haar danse is die golwe
haar glimlag die sonstrale
wat op die water weerkaats
en haar dansvloer die rotse
waaroor die golwe spoel
’n Wals dans sy saam met die maan
saggies in die aande
vir die mens om te slaap
silwer is haar rok
met blou en wit spikkels
dans sal sy dans
vir die mens om te slaap
Lees ook:

