Prent: PIRO4D, https://pixabay.com/illustrations/dice-block-cube-open-geometry-2375281/
- Terry Botha is 18 jaar oud en in matriek.
Golwe breek teen die rotse by die kus
Soos haar hart, haar siel
Op soek na rus
Haar eens heldergroen oë is vaal
Soos sy op die duin sit
En haar gedagtes na die verlede dwaal
Daar rol ’n traan oor haar wang
Die oseaan het reeds die voriges opgevang
In ’n ander wêreld sit sy en kyk na stadsliggies
Haar liefde fluister vir haar saggies
“Ek is lief vir jou”
Ystervrou
Is sy beslis
As sy dit net kon agterkom jare terug
In haar drome speel die verlede weer af
In oorlog, in pyn
Wat haar tot op hede nog ry
Terugflitse, lesse, bewonderaars
Tel sy stuk vir stuk op
Soos sy onthou,
Soos sy vergeet,
Soos sy leer om daarmee saam te leef
Gevoelens, verskil
Tyd, oneindig
Liefde, verlore
Self, op soek
Dis sy, net sy
Al drie dimensies van haar.