Spieëltjie, spieëltjie 

  • 1

https://pixabay.com/photos/chamber-chair-mirrors-mirror-image-5264172/

  • Jeliese Homan is sewentien jaar oud.

Spieëltjie, spieëltjie, wie staar na my? 
Spieëltjie, wie is sy? 
Ken ek haar dalk?
Of ken sy die regte ek

Spieëltjie, spieëltjie, hoekom huil sy? 
spieëltjie, troos haar tog net gou.
Haar vingerpunt is ysig teen myne.
Haar oë soos ’n swaard deur my hart.

Spieëltjie, spieëltjie, help my, troos my!
Spieëltjie? Hoor jy my dan nie?
My refleksie is doodstil,
nie ek of sy roer nie.

Is dié my voorland, spieëltjie?
Die spieël bly stil. 
En al wat gehoor kan word, is 
Trane so sag soos reënval.            

  • 1

Kommentaar

  • Dit is regtig een wonderlike gedig, my niggie. Jy is baie talentvol en hoop jy skryf nog vele meer gedigte, lief jou♡

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top