
Fakulteit Opvoedkunde
Departement van Kurrikulumstudie
Senior Lektoraat: Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans) – Grondslagfase
Verw. OPV01/264/0924
Die Departement Kurrikulumstudie in die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit Stellenbosch (US) streef na akademiese uitnemendheid binne die konteks van kurrikulumstudie as wetenskapsterrein. Die Departement fokus op skoolvakke wat uiteindelik sal onderrig word soos Tale, Wiskunde en die Wetenskappe, en dit word gedoen op grond van die Kurrikulum Assesseringsbeleidsverklarings (KABV).
Pligte:
- Ontwikkel onderwysstudente se teoretiese kennis en onderrigmetodologie van Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans) in die Grondslagfase.
- Ontwikkeling en evaluering van leer- en onderrigmateriaal vir die Taal- en Geletterdheidskursusse (Afrikaans) in die B Ed Grondslagfase-program.
- Ontwikkeling van onderwysstudente se kennis en onderrigmetodologie vir die onderrig van ontluikende- en vroeë geletterdheid (in en vir Afrikaans).
- Deelname aan sosiale impakprojekte en lewering van toepaslike dienste aan die Universiteit en onderwysgemeenskap.
- Uitvoer van administratiewe verantwoordelikhede toepaslik tot die betrokke posvlak.
- Tree op as studieleier of mede-studieleier van nagraadse studente op honneurs-, meesters- en doktorale vlak.
- Navorsing en publikasie in Taal- en Geletterdheidsonderrig in die Grondslagfase en/of Vroeë Kinderontwikkeling, of enige ander spesialisarea wat van toepassing op die fokusarea van die pos is.
- Dra by tot akademiese administrasie en leierskap in die dissipline, Departement en Fakulteit.
Vereistes:
- ’n Tersaaklike PhD met Taal- en Geletterdheidsonderrig in die Grondslagfase en/of Vroeë Kinderontwikkeling as fokus.
- Ervaring met die onderrig van Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans) in die Grondslagfase en/of Vroeë Kinderontwikkeling in hoëronderwyskontekste.
- Ervaring van nagraadse studieleiding in Taal- en Geletterdheidsonderwys in die Grondslagfase en/of Vroeë Kinderontwikkeling.
- Navorsing en publikasies/navorsingsuitsette in Taal- en Geletterdheidsonderrig in die Grondslagfase en/of Vroeë Kinderontwikkeling.
- Referate gelewer by erkende onderwyskonferensies.
Aanbevelings:
- Nasionale Navorsingstigting (NNS) gradering.
- Ervaring in en/of kennis van Grondslagfase en/of Vroeë Kinderontwikkeling in Suid-Afrikaanse onderwyskontekste.
- Diepgaande belangstelling in, en kennis van, huidige Suid-Afrikaanse onderwysbeleide.
- Ervaring en/of kennis van, tegnologie-ondersteunde taalonderrig en 'n basiese kennis van 'n tweede addisionele amptelike Suid-Afrikaanse taal.
Diensaanvaardingsdatum: 01 Januarie 2025
Sluitingsdatum: 25 Oktober 2024
Navrae rakende die posinhoud: Prof. Nhlanhla Mpofu by 021 808 2300, of by lva@sun.ac.za
Navrae oor vergoeding/voordele asook tegniese ondersteuning met die elektroniese aansoekproses: Menslike Hulpbronne Kliëntedienssentrum by 021 808 2753 / 021 938 9636 of by sun-e-hr@sun.ac.za.
Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot diensbillikheid (DB), en aanstellings sal ooreenkomstig die DB-plan vir die betrokke omgewing sowel as die Universiteit se institusionele DB-plan gedoen word.
Die Universiteit Stellenbosch behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
U aansoek moet vergesel wees van ’n volledige curriculum vitae (insluitend die name en e-posadresse van ten minste drie referente), en moet die Universiteit voor of op die sluitingsdatum van die advertensie bereik.
DOEN AANLYN AANSOEK BY https://www.sun.ac.za/afrikaans/loopbane DEUR OP DIE APPLY NOW-SKAKEL REGS BO-AAN DIE BLAD VAN DIE SPESIFIEKE VAKATURE TE KLIEK.
Die Universiteit behou die reg voor om kwalifikasies na te gaan en agtergrondinligting oor alle kandidate in te win.
Indien u nie binne vier tot ses weke na die sluitingsdatum van hierdie advertensie van die Universiteit verneem nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

