Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Kollig op akademikus Michael le Cordeur: Moedertaalonderrig en leesbegrip
2024-10-24In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor die liefde wat hy van kleins af vir Afrikaans het, waarom hy besluit het om onderwys te studeer en die ontstaan van sy navorsingsfokus.
Persverklaring: Die Proscenium-dramakompetisie se inskrywings vir 2025 het pas oopgemaak
2024-10-23Die Proscenium-dramakompetisie se inskrywings vir 2025 het pas oopgemaak. ’n Hoogtepunt waarna finaliste kan uitsien, is om ingesluit te word in die geselskap van ’n verhoogproduksie wat onder leiding van ’n professionele regisseur by een of meer nasionale kunstefeeste opgevoer gaan word.
Graad 9: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum
2024-10-23As jy in graad 9 is, weet jy dat ’n stingel-en-blaar-diagram nie met plante en Lewenswetenskappe te doen het nie. Laai hierdie gratis Wiskundevraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af om dit onder die knie te kry. Dan gaan jy nie in die eksamen deur die blare wees nie!
Persverklaring: Akademia-taalsentrum en VivA kondig samewerkingsooreenkoms aan
2024-10-22Luidens die ooreenkoms sal VivA as onafhanklike kontrakteur by die nuutgestigte Taalsentrum van Akademia aansluit ter ondersteuning van verskeie projekte en aktiwiteite. Laasgenoemde sluit onder meer in die bevordering van navorsing in Afrikaans, betrokkenheid by programontwikkeling, internskapgeleenthede en taalpraktykgerigte kortkursusse. Die aanbied van nasionale en internasionale konferensies word ook in die vooruitsig gestel namate die ooreenkoms verder ontwikkel.
Wiskunde, graad 7: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo
2024-10-22As jy in graad 7 is, is jy dalk nou meer lus om te swem as om Wiskunde te doen. Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou kan help om die buite-oppervlak van ’n swembad te bereken (en dit sal jou ook kan help met baie ander afdelings waaroor julle nou binnekort eksamen skryf). Daarna is dit tyd vir ontspanning en vir swem!
Wiskunde, graad 6: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo
2024-10-22As jy in graad 6 is, weet jy nou al dis amper tyd om eksamen te skryf. Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou met tydsomme kan help (en ook met baie ander afdelings waaroor julle nou binnekort eksamen skryf). Daarna is dit tyd vir vakansie!
Kollig op akademikus Brian du Preez: Plantkunde en natuurbewaring
2024-10-17In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Brian du Preez oor sy passie vir natuurbewaring, plantkunde en die buitelug, en hoe hy sy navorsingsnis ontdek het. Volg vir Brian op Facebook by Brian du Preez – Botanist en op Instagram by @brian_botanist.
SteedsDink met LitNet Akademies: Brian du Preez oor sy akademiese navorsing
2024-10-17In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Brian du Preez oor sy navorsingsfokus, naamlik taksonomie, evolusie en bewaring van die genus Indigofera in Suid-Afrika. Hy vertel ook meer oor plantstropery, genetiese data, die herontdekking/ontdekking van plantspesies en die belang van brande. Volg vir Brian op Facebook by Brian du Preez – Botanist en op Instagram by @brian_botanist.
Graad 3: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s
2024-10-17LitNet het navrae ontvang in verband met assesseringsinhoud vir die Grondslagfase. Bonzelle van der Westhuizen, ’n Grondslagfase-opvoeder, het vraestelle en memoranda vir graad 3-leerders opgestel. Dit kan gratis hier afgelaai word. Hierdie vraestelle kan vir enige kwartaal se voorbereiding aangewend word.
Die onontbeerlike samehang tussen geluk (lewensgeluk), ongeluk (hartseer en pyn), en toeval (die onvoorsiene)
2024-10-16"As dit bloot oor ons geluk gaan, met die klem op goeie ervarings, positiewe emosies, plesier en genot, word ander mense en die natuur bloot objekte om te gebruik en te verbruik, en, in die geval van die natuur, selfs te vernietig."
Wiskunde, graad 5: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo
2024-10-15Is jy in graad 5 en voel die volume werk vir jou baie meer as graad 4 s’n? Klik hier om die gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit af te laai. Die vraestel sal jou help om volume in Wiskunde beter te verstaan. As die volume werk so swaar was soos ’n tas om rond te dra, sal dit voel of die oefenvraestel jou wieletjies gee waarmee jy die tas maklik kan trek – sodat jy maklik volgende jaar by graad 6 uitkom!
Wiskunde, graad 4: kwartaal 4 – werkopdrag 1 en memo
2024-10-15Dalk het jy al grootmense vir mekaar hoor sê dat hulle in die omtrek is en dan weet jy hulle bedoel hulle is in die omgewing. Noudat jy in graad 4 is, weet jy dat omtrek in Wiskunde iets anders beteken. Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit kan jou help om dit beter te verstaan. Klik op die skakels om dit gratis af te laai en hierdie kwartaal die beste punte in jou buurt te kry!
Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager
2024-10-10Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.
Advertensie: Senior Lektoraat – Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans, Grondslagfase)
2024-10-09Aansoeke vir die volgende pos word ingewag: Senior Lektoraat – Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans, Grondslagfase).
Graad 8: Wiskundevraestel 2 en memo, vierde kwartaal
2024-10-09Is jy in graad 8 en stap jy soggens skool toe of ry jy met die fiets? Ry jy dalk met die taxi of vervoer jou ouers jou? Laai hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af en oefen somme waarin sulke vervoervoorbeelde voorkom. Ongeag almal se transport moet al die kinders in die voorbeeldsomme Wiskunde slaag. Hierdie vraestel maak dit sommer maklik!
Graad 8: Wiskundevraestel 1 en memo, vierde kwartaal
2024-10-09Is jy in graad 8 en moet jy somme doen oor getalpatrone, vierkantswortels en allerlei veranderlikes? Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum van Lee-Ann Langeveld aflaai en aan die einde van die jaar fantasmagoriese punte behaal. (Ja, die woord kom in die woordeboek voor en jy sal aan die einde van die vraestel sien dat die woord ook in een van die somme voorkom.)
Beroepsvoorligting in Suid-Afrikaanse hoërskole: verleentheid of geleentheid?
2024-10-07"In Suid-Afrika bied die ongelykheid in toegang tot beroepsvoorligtingsdienste tussen skole met goeie hulpbronne en dié met beperkte hulpbronne ’n beduidende uitdaging."
Die afrikanisering van voorgraadse kursusse in Mens-rekenaar-interaksie (MRI) en Besigheidsontleding (BO): ’n Kwantitatiewe studie oor studente se ervaring
2024-10-07"Daar word wyd erken dat die wetenskap tradisioneel deur Westerse paradigmas gemonopoliseer is. Verskeie velde in die sosiale wetenskappe besef dat navorsing nodig is om ’n bewustheid van die behoefte aan dekolonisasie in hierdie velde te kweek."
Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die vierde stelling
2024-10-02In hierdie Wiskundevideo verduidelik Lee-Ann Langeveld nog ’n Euklidiese Meetkunde-stelling. Nog sirkels wat nie graad 11’s se koppe hoef te laat draai nie; hulle sal meer hiervan verstaan as hulle na die video gekyk het. Daar is ook gratis vraestelle op LitNet wat skoolkinders kan aflaai en wat kan help om almal se punte hierdie kwartaal te verbeter!
Onderwysers se oortuigings, onderwysers se selfdoeltreffendheid, onderriggehalte en onderrigklarigheid: die verband met Suid-Afrikaanse leerders se wiskundeprestasie
2024-10-02"Beleidmakers en belanghebbendes behoort dit te oorweeg om geteikende opleidingsessies vir onderwysers aan te bied. Hierdie programme kan fokus op effektiewe voorbereidingstegnieke, soos die optimalisering van kurrikulumbronne en die integrasie van tegnologie om lesbeplanning te vaartbelyn."
