
Foto: Canva
In Kuberklas Kreatief word nuwe skryfwerk deur skoolkinders gepubliseer. Hierdie storie is nuwe skryfwerk deur ’n sewentienjarige leerder, Pippa du Toit.
...........
Carla kyk by die venster uit na die wingerde wat in ’n groen streep verby haar vlieg. Sy hoor hoe haar pa sê: “Nog net een uur voor ons daar is!”
............
Carla kyk by die venster uit na die wingerde wat in ’n groen streep verby haar vlieg. Sy hoor hoe haar pa sê: “Nog net een uur voor ons daar is!”
Hulle ry al vir nege uur lank om by Kleinmond uit te kom waar hulle hulle Desembervakansies deurbring. Haar ouers het vyf jaar gelede agter werk aan getrek Kimberley toe. Sy was dertien toe dit gebeur het. Voor dit het hulle in Stellenbosch gebly waar sy haar kinderjare deurgebring het. Sy hou niks van Kimberley nie. Volgens haar is al die mense daar vreeslik vol van hulleself.
............
Terwyl hulle die laaste stukkie pad ry en sy al die see kan ruik, dink sy aan al haar ou vriende wat sy in Stellenbosch moes agterlaat. Sy wonder of sy hulle ooit weer iewers sal sien.
...............
Terwyl hulle die laaste stukkie pad ry en sy al die see kan ruik, dink sy aan al haar ou vriende wat sy in Stellenbosch moes agterlaat. Sy wonder of sy hulle ooit weer iewers sal sien. Sover het sy nog nie daarvoor kans gekry nie. Haar ouers is elke jaar volgeboek met hulle eie kuiers en al wat sy kan doen is maar saam karring ...
Toe hulle uiteindelik by haar ouma se huis aankom, is dit haar ouma se hond, Lielie, wat haar bespring. Sy het grootgeword met hierdie goue apporteerhond. Dis toe dat sy haar ouma tussen al haar dahlias sien staan. Haar ouma is tog so lief vir haar tuin.
“Hallo, Ouma!” groet sy luidrugtig en draf na haar ouma toe om vir haar ’n drukkie te gee. “Hallo, my kind. Hoe gaan dit met jou? Ag, kyk hoe mooi groot het jy geword! Ons sal ’n klip op jou kop moet vasmaak,” lag haar ouma.
“Haai, Ouma, dis mos nou nie nodig nie. Dan gaan ek mos nooit eendag soos Ouma kan wees en langs die see oudword nie,” sê Carla verleë.
“Carla, waar is jou kleinsussie? Laat ek tog sien hoe groot sy ook nou al geword het vandat ek haar laas gesien het.”
Lara klim met haar plakkies by die kar uit. Sy haal nie eers haar sonbril af om haar ouma ordentlik te groet nie. Sy is nou in haar tienerfase op ’n ryp ouderdom van veertien en wil niks met enige iemand te doen hê behalwe haar foon nie.
“Kan ek asseblief Ouma se wifi password kry? Ek wil nie my data op onnodige boodskappe mors nie. Plus ek moet nog my story op Instagram post en dit vat baie data.”
Carla kyk haar sussie verslae aan. “Groet jy nie eers vir Ouma nie? Jy het haar ’n jaar laas gesien en al wat jy kan doen, is om aan jouself te dink. Sies, jy’s ongeskik!”
“Kalmeer, Carla. As jy my nie in die rede geval het nie, het ek lankal vir Ouma hallo gesê. Besides, ek kan dan vir Ouma help om haar Facebook profile weer onder beheer te kry. Dan kan sy weer cute foto’s van al haar plante post.”
“Dit klink soos ’n idee,” sê hulle ouma half ingedagte. “Kom dan eers hier vir ’n lekker drukkie. Ek het jou tog so lanklaas gesien, my ou liewe Laartjie Blaartjie.”
Lara gee uiteindelik vir haar ouma ’n drukkie en sy volg haar in die huis in. Carla staan nog buite en wou amper iets sê toe haar pa haar roep om te help met al die bagasie afdra. Sy gaan gedwee kar toe en begin tasse afdra.
Toe alles uiteindelik klaar uitgepak is en sy ook die wifi password gekry het, gaan val sy op haar bed neer en gaan by haar WhatsApp-groepie in. Haar drie vriendinne van Kimberley is daarop. Sy het vriende geraak met hulle toe sy daar aangekom het en beweer steeds dat hulle die enigste ordentlike mense daar is. Sy is nog steeds baie trots op die naam van die groepie wat sy self uitgedink het, “Samestellende Afleiding”, omdat dit normaalweg vierdelig is.
Carla: Sopas by my ouma se huis aangekom en alles help afdra. Gaan nou see toe gaan want my voete skree lankal daarvoor. Ciao my geliefdes, sal ltr weer met julle gesels! 😉 <3
Tamar: Ughhhhh luckyyyy 🙁 Too bad daar wassie plek in julle kar vir ons nie.
Cindy: Ja nee sies vir jou Lala. Wees ten minste bly eks nie daar nie. Enige seun sou dadelik my skerpste hakskoen in hulle oog gekry het.
Katy: LMAO Cindy XD shameee die arme ou.
Cindy: nah, niemand raak aan my Carla nie.
Tamar: Ja nee, fosho. Ek sou vir Levi op hom losgelaat het.
Katy: Joh nee eks bang vir daai hond.
Cindy: Toema, same. Ek dink ons het almal emotional trauma van daai hond.
Carla loop af met die bekende paadjie agter haar ouma se huis wat tot by die see loop. Sy sien die mond het weer die jaar oopgespoel. Sy trek haar plakkies uit en loop versigtig deur die kouewater om nie haar rokkie nat te maak nie. Toe sy by die anderkant uitkom, hardloop sy dadelik na haar geliefkoosde branders toe. Sy het vergeet hoe baie sy die see regtig gemis het. Sy staan vir ’n rukkie net in die water en voel hoe die kouewater oor haar voete spoel saam met die growwe sandkorrels. Sy maak haar oë toe en lig haar kop om die warm son op haar gesig te voel. Sy haal diep asem en maak weer haar oë oop. Rondom haar is ’n hele paar mense wat vandag kom swem het.
............
Terwyl sy nog so in die water staan, bekyk sy al die mense in die water. Sy herken niemand nie, maar is bly om te sien dat daar ander mense is wat ook die see soos sy geniet. In die hoek van haar oog vang sy toe ’n ligtebruin krulkop wat in die branders staan. Sy verloor amper haar balans soos wat sy haar kop draai om beter te kan sien.
...............
Terwyl sy nog so in die water staan, bekyk sy al die mense in die water. Sy herken niemand nie, maar is bly om te sien dat daar ander mense is wat ook die see soos sy geniet. In die hoek van haar oog vang sy toe ’n ligtebruin krulkop wat in die branders staan. Sy verloor amper haar balans soos wat sy haar kop draai om beter te kan sien. Laas toe sy vir Divan Stofberg gesien het, was hy baie korter gewees en glad nie so mooi gebou soos wat hy nou is nie. Dit sal sy natuurlik nooit vir hom sê nie. Sy kan nie glo hy is hier in Kleinmond ’n paar meter weg van haar af nie. Sy stap versigtig nader, nie seker of hy haar sal onthou nie. Skielik draai hy om asof hy haar gedagtes kon lees.
“Goeie genugtig, Carla!” Hy draf nader en gaan staan heeltemal in haar persoonlike ruimte. Sy neem twee tree agteruit om weer te kan asemhaal en sodat sy nie meer so erg hoef op te kyk nie. Sy het vergeet van sy disrespek vir persoonlike ruimte.
“Wat maak jy hier?” onthou sy skielik wat sy hom wou vra.
“Ek het hier kom vakansie hou, wat anders? Ek het nooit gedink ek sal jou hier raakloop van alle plekke nie. Hoekom kom kuier jy nie weer bietjie in Stellies nie? Almal mis jou.”
Hy loop weer nader, gee vir haar ’n verbasende lang drukkie en staan terug om haar te bestudeer. Na ’n rukkie begin sy ongemaklik voel, totdat hy die stilte verbreek. “Jis, maar jy’t kort geword!”
Carla slaan hom met haar plakkie oor sy kop. “Ha, jy wens. Jy het net in ’n flippen lamppaal verander, dis al,” sukkel sy met ’n ordentlike antwoord. Sy voel hoedat sy rooi word.
“Nog so pittig soos altyd, sien ek,” sê hy.
Sy sien hy glimlag darem terwyl hy sy kop vryf en sy sonbril regskuif.
“Hoorie, wil jy môre saam met my gaan snorkel? Ek het hierdie oulike plekkie aan die ander kant van die dorp gevind waarvan ek dink jy sal hou.” Divan kan sien sy oorweeg dit.
Sy glimlag en steel sy sonbril van sy kop af.
“Oukei dan. Afgespreek.”
Lees ook:

