Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Akademiese dialoog in Afrikaans: Pieter GR de Villiers oor LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling en die krag van gesprekvoering
2024-12-20Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is vanjaar met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling-redakteur, Pieter GR de Villiers, verduidelik in ’n omvattende, diepgaande onderhoud aan Jean Oosthuizen hoe hy sy rol as redakteur van die Godsdienswetenskappe-afdeling sien.
ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Daniël Louw
2024-12-20Daniël Louw se LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel oor verwondering ondanks verwonding is onlangs met ’n ATKV-SA Akademieprys bekroon. In ’n omvattende, indringende onderhoud oor sy werk verduidelik Louw breedvoerig wat “verwondering ondanks verwonding” vir hom beteken. Hy vertel ook hoe sy denke mense kan help om die uitdagings en vrees vir aftakeling, sterwe en verlies beter te hanteer.
SteedsDink met LitNet Akademies: Donovan Lawrence oor sy akademiese navorsing
2024-12-18In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Donovan Lawrence oor onder meer Afrikaans as vakgebied en as onderrigtaal, dialekte in digitale ruimtes en in die klaskamer, en die waarde van toegepaste taalkunde.
Kollig op akademikus Donovan Lawrence: sosiale media, Afrikaans en taalverandering
2024-12-18In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Donovan Lawrence oor sy belangstelling in en navorsing oor Afrikaans en die invloed van sosiale media op taalverandering in Afrikaans.
SteedsDink met LitNet Akademies: Christa van Staden oor haar akademiese navorsing
2024-12-11In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Christa van Staden oor die belang van navorsing in Afrikaans, leernetwerke, die lewe van ’n navorser en kritiese denke en ChatGPT.
Kollig op akademikus Christa van Staden: Onderrig, tegnologie en netwerke
2024-12-11In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Christa van Staden oor onder meer haar belangstelling in praktykgerigte navorsing, die gebruik van tegnologie om leer te bevorder en sosiale-netwerk-analise.
Die vertaling van diverse Coloured vrouestemme in die Afrikaanse poësie: ’n feministiese benadering
2024-12-11"Die argument is dat hierdie digters elk in ’n individuele stem postkoloniale feministiese kwessies in die Suid-Afrikaanse konteks uitwys, wat ’n belangrike stap in die proses van die dekolonisering van die Afrikaanse literatuur is."
Huldeblyk aan Andries Gideon van Aarde (25 April 1951 – 25 November 2024)
2024-12-10"Andries was egter ’n geïntegreerde persoon, en sy akademie en geloof was nie twee afsonderlike sake nie. Hy het sy teologie in die kerk en vir die kerk bedryf."
Lewenswetenskappe: Gee paddas vratte?
2024-12-09"As jy na hierdie foto kyk, sal jy sien dat die padda se vel nogal hobbelrig lyk, so asof hy vratte het. Dit is natuurlik waar die storie dat jy gaan vratte kry as jy aan paddas vat, vandaan kom. Dit is egter nie die waarheid nie. Die hobbels op die padda se vel is vir kamoeflering."
Die middelhoë voorvokaal /e/ van Bruinafrikaans
2024-12-09"Hierdie artikel vorm deel van ’n groter projek waarin die akoestiese eienskappe van die vokaalstelsel van Bruinafrikaans (BA) ondersoek en beskryf word. Hoewel so ’n beskrywing waardevol op sigself is, is dit ook noodsaaklik met die oog op ’n poging om te probeer bepaal in hoeverre mens van BA as een van die belangrikste variëteite van Afrikaans kan praat."
Press release: Summer School, 20 January–1 February 2025
2024-12-04Download the complete Summer School brochure here. The Summer School has added four free sessions to the programme. Most of the authors are UCT alumni and staff. This will give you an opportunity to meet and engage with them.
Die leuen waardeur ons die waarheid praat
2024-12-03"En dit was dit. Daardie enkele sin. Betekenis. ’n Lewensdoel. Dit was die oomblik in my lewe toe ek geweet het – ek het dit beslis geweet – wat my professionele fokus sou wees. Op een of ander manier sou ek van daardie dag af altyd werk met daardie kwessies – armoede en siekte – wat daardie klein dogtertjie doodgemaak het."
Die engel- en monstermites in Reënboogrant tieners
2024-12-03"Jeugboekskrywers moet met groter bewustheid van die sosiale mites oor vroulikheid skryf. Hulle moet liewer daarop fokus om genuanseerde vroulike karakters, buite die grense van byvoorbeeld die monster/engel-mites en ander binêre pare, te skep."
Persverklaring: Klousules 4 en 5 van Bela-wet nog nie in werking gestel nie
2024-11-28Solidariteit het aangekondig dat ’n tydelike skikking bereik is met die regering oor klousules 4 en 5 van die Bela-wet.
Kollig op akademikus Gerhard van Huyssteen: Taboetaalgebruik en mensetaaltegnologie
2024-11-26In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Gerhard van Huyssteen oor die ontstaan van sy navorsingsfokus, insluitend taalkunde, tegnologie en vloektaal.
SteedsDink met LitNet Akademies: Gerhard van Huyssteen oor sy akademiese navorsing
2024-11-26In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Gerhard van Huyssteen oor taboetaalgebruik, Afrikaans se uitdrukkingsvermoë, vooronderstellings in navorsing en Kunsmatige Intelligensie (KI).
LitNet Akademies-artikels met 2024 ATKV-SA Akademiepryse bekroon
2024-11-26LitNet Akademies-artikels deur Johann Rossouw en Daniël Louw is pas bekroon met die ATKV en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se ATKV-SA Akademiepryse vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans.
Graad 10: Afrikaans Huistaal, drie vraestelle en memo’s, vierde kwartaal
2024-11-22Is jy in graad 10 en baie ongelukkig omdat jy nog vir jou eksamen moet voorberei? Moenie toelaat dat die werk jou boelie of onderkry nie! In hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen is daar onder andere stories wat oor boeliegedrag handel. Dit sal jou egter opbeur, want as jy dit aflaai, gaan jy sommer die werk vir jou allerlaaste Afrikaans Huistaal-vraestelle van die jaar op die punte van jou vingers ken. Sê nee vir boelies en bewapen jou teen enige bullebakvraestelle wat volgende week op jou kan wag!
Graad 11: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo
2024-11-22Is jy in graad 11 en wil jy eerder op jou selfoon rondblaai as om vir die eksamen voor te berei? Moenie soos hierdie bobbejaan wees wat jou foon vasklou nie. Sit dit eenkant en laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Cecilia Klopper af. Daar is hoeka ’n visuele teks met ’n bobbejaan en ’n selfoon in hierdie vraestel.
Persverklaring: ’n Pos in Afrikaans aan die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley
2024-11-20Daar is ’n pos in Afrikaans aan die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley beskikbaar. Aangeheg is die advertensie met die vereistes en aanbevelings.
