Die abjekte moeder in M.S. Burger se Bloedfamilie (2012)

Frederick Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-02-06

"Volgens Kristeva is abjeksie dit wat identiteit, stelsels en orde ontwrig, en wat nie grense, posisies of reëls eerbiedig nie [...] Aan die hand van gekose verhale ondersoek hierdie artikel die wyse waarop die verteller haar moeder abjekteer."

Strategieë om lewensvaardighede te ontwikkel terwyl Geografie-leerders ChatGPT-4o gebruik om kontoerkaarte te vertolk

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-04

"KI-hulpmiddels, met hul foute en beperkings, is hier om te bly. Aangesien hierdie hulpmiddels reeds in die werkplek gebruik word, moet leerders die nodige vaardighede aanleer om dit verantwoordelik te gebruik."

SteedsDink met LitNet Akademies: Alison Stander oor haar akademiese navorsing

Alison Stander SteedsDink 2025-02-03

In hierdie video gesels Alison Stander oor onder meer die toekoms van taalonderrig en die invloed van tegnologie op kommunikasievaardighede. Sy lewer ook kommentaar oor KI, Afrikaans, kritiese denke en etiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Alison Stander: taalonderrig en tegnologie

Alison Stander SteedsDink 2025-02-03

In hierdie video gesels Alison Stander oor die bevordering van Afrikaans deur middel van tegnologie en hoe Afrikaans op enige plek aangeleer kan word. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

1ste Oproep vir bydraes tot die 5de Sas-byeenkoms op 9–11 Oktober 2025

LitNet Akademies en skole 2025-01-31

Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek, Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) kondig met trots die 5de Sas-byeenkoms aan. Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is in 1985 aan die UWK gehou.

Press release: The 7th annual Amazwi Literature Heritage and Ecology Conference – call for papers

LitNet Books and writers 2025-01-30

The annual Literature, Heritage and Ecology Conference hosted by Amazwi South African Museum of Literature aims to foster cooperation and interaction between the humanities and the sciences and so help mitigate the social-ecological crises we face today.

’n Manifes vir musikale modernisme in Suid-Afrika: Stefans Grové se 1952-Standpunte-artikels

Willemien Froneman, Stephanus Muller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-30

"Grové oorweeg die moontlikhede vir die skep van ’n eie en unieke Suid-Afrikaanse toonkuns, en sy insigte oor die gebruik van inheemse musiek in Westerse komposisies bied nie net ’n kritiese nadenke oor die wyse waarop rasseskeiding die moontlike beoefening van musikale primitivisme gekortwiek het nie, maar ook ’n perspektief op hoe kunsmusiekkomposisie apartheidsideologie ouditief help skep het."

Elders gesien: Hoekom skryf ouers hul kinders se take?

Carien Smith Elders gesien 2025-01-28

"Mense weet nie meer hoe om ’n onderskeid te tref tussen goeie en slegte bronne nie."

Rumi se wyn- en bedwelmingsbeeldspraak

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-28

"Die onuitspreeklikheidseienskap van die mistieke ervaring en die gevolglike funksie van metafore in mistieke poësie word onder die loep geneem. ’n Kort historiese agtergrond word dan oor die verwantskap tussen wyn/bedwelming en mistieke ekstase wat reeds sedert voor-Christelike tye bestaan, gegee."

SteedsDink met LitNet Akademies: Marita Carnelley oor haar akademiese navorsing

Marita Carnelley SteedsDink 2025-01-27

In hierdie video gesels Marita Carnelley oor onder meer familiereg en dekolonialisering. Sy lewer ook kommentaar oor KI, klasgee en kritiese evaluering. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Marita Carnelley: familie- en dobbelreg

Marita Carnelley SteedsDink 2025-01-27

In hierdie video gesels Marita Carnelley oor familie- en dobbelreg. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Persverklaring: Jaarkursusse in Taalpraktyk begin in Februarie 2025 – Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies en skole 2025-01-27

Die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands bied jaarkursusse in Taalpraktyk aan wat in Februarie 2025 begin. Skryf dus nou in om jou vertaal-, redigeer- of tolkvaardighede op te skerp. 

Gestremdheidsreg: Die Suid-Afrikaanse posisie en die historiese verloop van die inkorporering van die Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede

Ilze Grobbelaar-du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2025-01-23

"Die artikel gee ’n oorsig van die afgelope 30 jaar sedert die totstandkoming van Suid-Afrika se demokratiese bestel en bespreek die historiese ontwikkeling binne die regering om in die regte van persone met gestremdhede te voorsien."

Elders gesien: Stop ontgroening!

Jaco Jacobs Elders gesien 2025-01-22

"As jou kind se menseregte aangetas word, moenie stilbly nie. Verkla die skuldiges by die onderwysdepartement, by die polisie, by die media. Ek weet van ’n hele paar ouers wat hul kinders maar stilweg vir terapie gevat het, eerder as om ’n bohaai op te skop en dalk geviktimiseer te word – en sodoende baan jy maar die weg vir die volgende sarsie slagoffers wat gaan deurloop."

ATKV-SA Akademiepryse 2024: ’n onderhoud met Johann Rossouw

Johann Rossouw, Jean Oosthuizen Onderhoude 2025-01-20

"Dit is in hierdie lig fassinerend om te sien hoe waarskynlik die mees mimeties wedywerende, moderne Amerikaanse president, Donald Trump, hom nou bevind in ’n bondgenootskap met tegno-oligarge wat hierdie wedywering industrialiseer." Johann Rossouw se LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-artikel oor outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie (aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard) is met ’n 2024 ATKV-SA Akademieprys bekroon. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy navorsingsproses en hoe sy navorsing prakties toegepas kan word in die debat oor kunsmatige intelligensie en outomatisering in Suid-Afrika. 

Lewenswetenskappe: Chlorofil, fotosintese en blaarmyners – hoe om groen te bly

Rouxlyn Botha Skole 2025-01-17

"Terwyl plante fotosinteer, skakel hulle koolstofdioksied, water en ligenergie om in suurstof, water en koolhidrate. Die chemiese vergelyking lyk soos volg: 6 CO2 + 12 H2O + ligenergie → C6H12O6 + 6 O2 + 6 H2O."

Persverklaring: Vakante pos – hoof- operasionele beampte

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-01-16

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi aansoeke in vir die pos hoof- operasionele beampte. Aansoeke word tot 28 Februarie 2025 ingewag.

Persverklaring – Nuwe Akademia-program: Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur

LitNet Akademies en skole 2025-01-15

Die belangrikheid van én behoefte aan effektiewe onderwysleierskap en bestuursopleiding binne die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks is van toenemende belang. Akademia, in antwoord op dié nasionale prioriteitsfokus, sal met die ingang van Maart 2025 ’n splinternuwe Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur aanbied.

Is matriek regtig die towerstaffie?

Freek Robinson, Alana Bailey Onderhoude 2025-01-15

Die matriekuitslae is bekendgemaak en uit regeringskringe is daar groot opwinding oor die hoë slaagsyfer. Vertel dit egter die hele storie? Alana Bailey dink nie so nie. Freek Robinson het met haar gesels.

SteedsDink met LitNet Akademies: Burgert Senekal oor sy akademiese navorsing

Burgert A Senekal SteedsDink 2025-01-15

In hierdie video gesels Burgert Senekal oor netwerkanalise en die Afrikaanse letterkunde, taal en kultuur. Hy lewer kommentaar oor die impak en toekoms van KI, taalbeleid en KI en interdissiplinêre navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Top