Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Die bevordering van emosionele welstand van die LSOB-onderwyser: ’n deelnemende-aksienavorsing-benadering
2024-11-20"Twaalf deelnemers uit drie LSOB-skole het in die eerste siklus van deelnemende aksienavorsing die fotostemtegniek ('photovoice') gebruik om hul sienings en ervarings van emosionele welstand te deel."
Orania na 60 jaar: rigtingwysers vir Orania III uit ’n literatuuroorsig van Orania II en ander bronne
2024-11-20"Orania II het nou sy vestigingsjare as ’n Afrikaner-enklave ontgroei en staan op die vooraand van ’n nuwe groei- en ontwikkelingsfase. Die rigting en wyse waarop die dorp voortaan gaan groei, is afhanklik van keuses wat nou gemaak moet word."
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memoranda, vierde kwartaal
2024-11-18Is jy in graad 6 en wil jy baie graag met jou vriende kuier? In Eugene van der Westhuizen se gratis Afrikaans Huistaal-vraestelle is daar stories wat oor vriendskappe handel. Dis ’n goeie plan om dit eers af te laai en vir die eksamen voor te berei – en daarna na hartelus met jou maats te speel.
Graad 7: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 1 en memorandum
2024-11-15Is jy in graad 7 en verstaan jy nie die verskil tussen algebra en die alfabet nie? Albei het dan so baie a’s, b’s, x’e en y’e! LitNet kan jou help. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en jy sal gou genoeg die verskil tussen die twee kan sien. Boonop sal jy goed vaar in hierdie kwartaal se Wiskunde-eksamen!
Graad 6: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel en memorandum
2024-11-15Is jy in graad 6 en los jy eerder raaisels op as om voor te berei vir jou eksamen? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy raaisels kan oplos én kan voorberei vir jou Wiskunde-eksamen. Gebruik die vraestel om jou met Wiskunde te help en los enige raaiselagtighede op sodat jy hierdie kwartaal uitstekend sal vaar!
Graad 7: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum
2024-11-15Is jy in graad 7 en wil jy net gaan fietsry? Jou ouers sal dit verstaan, want hulle weet dis baie lekkerder om ander dinge in die eksamentyd te doen as om vir jou eksamen voor te berei. Voorstel: Laai hierdie gratis Wiskunde-oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en werk eers uit wat die hoeke tussen die verskillende fietsspeke in die betrokke oefensom is. Daarna kan jy vir bietjie afwisseling op jou fiets gaan rondry. Jy sal sommer op koers wees na goeie punte ook!
Graad 11: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 1 en memorandum
2024-11-14Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Met hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld kan jy daarvoor voorberei. In hierdie vraestel sal jy onder andere leer om somme sonder ’n sakrekenaar te vereenvoudig. Met behulp van hierdie vraestel, sal Wiskunde so eenvoudig en ongekompliseerd wees soos ’n eilandvakansie!
Graad 5: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel en memorandum
2024-11-14Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy baie oefensomme doen om jou hiervoor voor te berei. Jy kan onder andere somme doen oor syfers se waarde. Hoe meer voorbeelde jy uitwerk, hoe meer selfvertroue sal jy ontwikkel. Onthou dat dit nie net syfers is wat waarde het nie. Jy is meer werd as goud!
Lewenswetenskappe: Blou pajamas en muskiete
2024-11-12"Muskiete kan nie so baie kleure soos mense sien nie. Blou is een van die kleure wat hulle nie kan sien nie, tesame met wit, groen en pers. Deur blou pajamas aan te trek, raak jy dus onsigbaar vir muskiete."
Postkoloniale melancholie in Ronelda S Kamfer se Hammie (2016)
2024-11-12"Die artikel rapporteer dus hoe melancholie die digterspreker se subjektiwiteit ten opsigte van haar ras en gender vorm, te midde van die onderdrukking wat sy steeds ervaar as ’n bruin vrou in ’n postkoloniale Suid-Afrika."
Persverklaring: Honneurs in Afrikaans (Taalkunde of Letterkunde)
2024-11-08Die universiteit bied DSAC-beurse aan wat jou registrasiefooie betaal. Die aanbieding is hibridies, klasse kan op kampus aangebied word, of kan in blokvorm tydens skoolvakansies aangebied word. Klasse kan ook aanlyn aangebied word om studente buite Gqeberha te akkommodeer.
Bruikbaarheid van ChatGPT-4V(ision) om lugfoto’s te ontleed, dryfvere wat opneem kan bevorder en implikasies vir Geografie-klaskamers
2024-11-07"Die bevindinge toon dat ChatGPT-4V bruikbaar is om lugfoto’s te ontleed. ChatGPT-4V se geografiese kennis is redelik goed, die lugfoto’s is redelik suksesvol ontleed en hy kon lugfoto’s gebruik om ’n gevallestudie en ’n toets (beide met memoranda) te skep."
Onderwyskommissie van die SAAWK-persverklaring: beroep op regering oor Bela-taal- en toelatingsklousules
2024-11-05In hierdie lig beskou, doen die SAAWK ’n beroep op die regering om beginsels van samewerkende regering toe te pas deur die vennootskap tussen staat en skool te versterk en gemeenskappe se demokratiese reg op inspraak in hulle skole te beskerm.
Kollig op akademikus Willa Boezak: die kerk, politiek en teologiese etiek
2024-11-04In hierdie video gesels Willa Boezak oor sy pad na teologie, politiek op kampus en in die kerk, en die waarde van akademiese navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
SteedsDink met LitNet Akademies: Willa Boezak oor sy akademiese navorsing
2024-11-04In hierdie video gesels Willa Boezak oor sy navorsingsfokus en sy gepubliseerde navorsing. Hy lewer kommentaar oor politiek in die kerk, postapartheid Suid-Afrika, geloofstaal, spiritualiteit en teologiese etiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Graad 10: Lewenswetenskappe, vraestel en memo, vierde kwartaal
2024-11-01Is jy in graad 10 en het jy onverwags gedurende die eksamen die behoefte om baie tyd by die gimnasium te spandeer? Laai hierdie gratis Lewenswetenskappe-vraestel deur Rita Engelbrecht af met voorbeelde van vrae wat juis uitwys hoe belangrik dit is om oefening te doen. Onthou: Dis ’n goeie plan om eers vir jou eksamen voor te berei en daarna oefening te gaan doen.
Graad 10: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum
2024-10-31Dis nie moeilik om te skat hoeveel leerders in hierdie prent is nie. As jy in graad 10 is en jy laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af om jou Wiskunde vir die eksamen te oefen, gaan dit ook maklik wees om berekeninge te doen waarin jy deur middel van ’n frekwensietabel die gemiddelde aantal leerders in die Overberg moet skat en uitwerk. As jy hierdie vraestel uitgewerk het, hoef jy nie te skat of jy sal goed doen nie, jy sal sommer wéét jy gaan sukses behaal!
Vonnisbespreking: ’n Dekselse deksellose mangat kom ’n plaaslike owerheid duur te staan
2024-10-30"Die agteruitgang van die infrastruktuur in selfs die grootste metropolitaanse gebiede hou beduidende gevaar in vir iemand wat voetslaan, byvoorbeeld om bloot oor ’n sypaadjie te loop, oor plaveistene by ’n winkel te stap om inkopies te gaan doen, of selfs te gaan draf."
"Gee raat": ’n Netwerkwetenskaplike verkenning van die doeltreffendheid van boererate met spesifieke verwysing na die behandeling van epilepsie en slapeloosheid
2024-10-25"Die studie toon dat sommige van die bestanddele wat voorgestel word vir die behandeling van epilepsie en slapeloosheid in boererate wel voorheen as doeltreffend bewys is. Dit dui daarop dat sommige boererate wel wetenskaplik ondersteun kan word in die behandeling van hierdie gesondheidsprobleme."
SteedsDink met LitNet Akademies: Michael le Cordeur oor sy akademiese navorsing
2024-10-24In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor sy navorsingsfokus, naamlik moedertaalonderrig, leesbegrip en taal en identiteit (Kaaps). Hy lewer kommentaar oor die Bela-wet, asook die uitdagings van Kunsmatige Intelligensie. Adam Small se bydrae, bemagtiging deur Afrikaans, die toekoms van Afrikaans en die belang van kritiese denke en kreatiwiteit word ook onder die loep geneem.
