Die aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede en -probleme van redigeerstudente ten opsigte van ’n prototipe- akademiese redigeerwoordeboek

Maret Blom de Wet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-10-02

"Hierdie voorvereistes en standaarde maak dit dus duidelik dat daar van redigeerders verwag word om goeie aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede te hê, asook kennis oor verskillende soorte woordeboeke, insluitend die struktuur, funksies en gebruik daarvan tydens die redigeerproses."

Die Afrika-vrede-en-sekuriteit-argitektuur (AVSA): ’n strategiese ontleding deur middel van die model van doelwitte-aksies-middele (DAM)

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-09-26

"Die groot beperking is dat aksies ondoeltreffend is in die voorkoming van konflik en die skepping van blywende vrede en sekuriteit. Dit word gesien in die min sukses van bemiddeling, voorkomende diplomasie, versoening en ondersoek."

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die derde stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-25

Dis nie net speurders wat bewysstukke moet opspoor om iets te kan oplos nie. As jy in graad 11 is, verduidelik Lee-Ann Langeveld vir jou hoe om 'n stelling te bewys. Dit is stelling drie van vanjaar se Euklidiese Meetkunde. Jy gaan moet bewys dat die som van hoekpunte A en C 180 grade is en dat die som van hoekpunte B en D 180 grade is. Kyk hierdie video om beter te verstaan!

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die tweede stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-23

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld vir graad 11’s hierdie stelling: Bewys dat die hoek wat by die middelpunt gevorm word vanaf punte A en B twee keer so groot sal wees soos die hoek wat vanaf die omtrek by dieselfde punte gevorm word.

Seedans

Pippa du Toit Kuberklas Kreatief 2024-09-23

In Kuberklas Kreatief verskyn skryfwerk deur skoolkinders, soos hierdie gedig.
"Vir ewig sal sy dans want
haar danse is die golwe
haar glimlag die sonstrale
wat op die water weerkaats ..."

Abrahamitiese eskatologie en die bekragtiging van godsdienstige identiteite

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-09-19

"Hierdie narratiewe, ingebed in die kanonieke geskrifte wat as heilig beskou word deur die Judaïsme, Christendom en Islam, bied nie net ’n visie van die toekoms nie, maar funksioneer ook as ’n kragtige instrument om godsdienstige gemeenskappe te mobiliseer, veral tydens tye van krisis."

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die eerste stelling

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-18

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld hoe om die eerste Euklidiese Meetkunde-stelling te bewys.

Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-09-17

Is jy in graad 9 en gryp jy na jou potlood om vergelykings te bepaal, grafieke op aparte assestelsels te teken, en berekeninge uit te werk en te vereenvoudig sonder die gebruik van ’n sakrekenaar? Hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jou help om die skerpste potlood in die skryfbehoefteshouer te wees. Laai dit gratis hier af en wees slaggereed vir die vierde kwartaal se werk!

Persverklaring – Aandag 2024-matrikulante: Akademia beloon akademiese prestasie met merietebeurse

LitNet Akademies en skole 2024-09-17

Akademia sal vanaf 2025 akademiesemerietebeurse aan eerstejaars toestaan wat hul matriek in 2024 voltooi het. Hierdie merietebeurse sal geskoei word op akademiese prestasie en eerstejaarstudente kan soveel as R50 000 studiekorting op hierdie manier geniet.

Invitation: Lunch hour seminar – Charl-Pierre Naudé: "The dual roles of precision and re-imagination in literary translation"

LitNet Akademies en skole 2024-09-16

Charl-Pierre Naudé delivers a talk titled "The dual roles of precision and re-imagination in literary translation" relating to The equality of shadows, his English translation of his debut novel Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey. The seminar will be in English and will take place in the Yellow Molteno room (5th floor, Arts and Social Sciences building) at Stellenbosch University on 19 September at 13:10.

Persverklaring: Akademia se tweede honneursprogram in 2025 aangebied

LitNet Akademies en skole 2024-09-02

Die BA Hons (Media en Kommunikasie) sal in Afrikaans via die voltydse kampusmodel by die instelling se Centurion-kampusse aangebied word. Let daarop dat daar slegs ’n beperkte aantal studente tot dié nuwe program toegelaat sal word en die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2024. 

Persverklaring: Algemene simposium, Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-08-28

Akademielede en ander belangstellendes word aangemoedig om die simposium by te woon en die inskrywingsvorm te voltooi en om kennis te neem van die interessante program. Die tema vir vanjaar se simposium is: Van isolasie na internasionalisering, tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar.

Graad 11: Wiskundetoets en memorandum, kwartaal 4

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-27

Is jy in graad 11 en bekommer jy jou oor universiteitstoelating en jou uitslae? LitNet bied hulp! Hier is ’n gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld waarmee jy reeds vir volgende kwartaal se werk kan begin oefen. Nou moet jy net die vraestel aflaai en dit uitwerk; dan is goeie punte sommer kinderspeletjies.

Graad 10: Wiskundetoets en memorandum – waarskynlikheid en finansies, kwartaal 3

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-27

Is jy in graad 10 en droom jy van reise na verre lande? In hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy nie net somme oor waarskynlikheid onder die knie kan kry nie, maar jy gaan ook leer hoe een seun deur middel van saamgestelde rente vir sy sporttoer na Italië kon spaar. Laai hierdie toets en memo af om hierdie kwartaal met behulp van ’n interessante vraestel goeie punte te kan behaal. 

Wiskunde met LitNet-video, graad 9: oplos van kwadratiese vergelykings

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-26

Is jy in graad 9? Dan weet jy nou al dat die grafiek van ’n kwadratiese vergelyking ’n parabool is. In hierdie Wiskunde-video verduidelik Lee-Ann Langeveld hoe om die oplos van kwadratiese vergelykings beter te verstaan.

“Haar grense is besig om te verskuif”: Die kontrak as nuwe romantiese fiksie en erotiese fiksie in Afrikaans

Andrew Sutton LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-08-26

"Dit is egter merkbaar dat Die kontrak op ’n romantiese-erotiese-spektrum nader aan die romantiese neig en die erotiese afskeep. Dit is duidelik dat Afrikaanse romantiesefiksie- en erotiesefiksiegenres se grense besig is om te verskuif."

’n Psigoanalitiese lees van die moeder-dogter-verhouding in radbraak deur Jolyn Phillips

Teneal Apollis LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-08-23

"In die artikel word veral ondersoek ingestel na watter insigte ’n psigoanalitiese lees bied in ’n kritiese ontleding van die moeder-dogter-verhouding. Enkele insigte van postkoloniale kritici word ook betrek omdat kwessies soos identiteit en die subalterne ondervang word, wat beide belangrike kwessies in radbraak is."

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-20

As jy in graad 4 is, weet jy nou al dat jaloesie ’n vriendskap kan vernietig. In hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen sal jy ook ’n storie kan lees wat hiermee te doen het. Mens wonder nou of jaloesie ook die twee troeteldiere op hierdie foto se vriendskap laat sneuwel het ...?

Graad 7: Natuurwetenskappevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-20

As jy in graad 7 is en sommer net voor die kaggel wil sit en niks doen nie, gaan hierdie gratis oefentoets deur Rita Engelbrecht jou help om energie bymekaar te skraap en vir jou toetsreeks voor te berei. Van energie gepraat: Dit is waaroor hierdie toets handel. As jy nie ’n kaggel by jou huis het nie, sal jou vuurwarm toetsuitslae die laaste winterkoue verdryf! 

Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, faktoriseer ’n kwadratiese drieterm

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-19

As jy in graad 9 is en eerder ’n video wil kyk as om Wiskunde te doen, kan jy naderskuif. In hierdie video sal Lee-Ann Langeveld vir jou verduidelik hoe om ’n kwadratiese drieterm te faktoriseer. Jy kan nou ’n video kyk en met 'n skoon gewete vir jou ouers sê jy het Wiskunde gedoen.

Top