Solidariteit het aangekondig dat ’n tydelike skikking bereik is met die regering oor klousules 4 en 5 van die Bela-wet.
President Ramaphosa het die Bela-wet reeds onderteken, maar het gesê klousules 4 en 5 sou vir drie maande lank nie in werking gestel word nie. Daardie drie maande sou op 13 Desember verstryk. Volgens ’n dokument wat op 27 November onderteken is, het die kantoor van die president, die minister van basiese onderwys en Solidariteit ooreengekom dat klousules 4 en 5 nie outomaties inwerking gestel sal word na 13 Desember nie.
Laai die getekende dokument hier af.

