Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Graad 9: Wiskundevraestel 1 en memorandum, eerste kwartaal
2025-02-18Is jy in graad 9 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou te help voorberei. Die vraestel sal jou onder andere help met geldsomme. As jy goeie punte behaal, sal jy ook besef daar is ’n skat binne jou opgesluit en jy kan vanjaar die Wiskunde bemeester!
Graad 8: Wiskundevraestel 2 en memorandum, eerste kwartaal
2025-02-18Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort nog ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? As jy warm kry, is dit maar net omdat dit somer is. Geen ander rede om van angs te oorverhit nie! Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou te help voorberei. Jou punte sal sommer kook!
Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!
2025-02-14Klik hier vir gratis vraestelle en antwoordstelle, van graad 1 tot graad 12, plus nog skakels vir onderwysers, leerders, ouers, navorsers en akademici.
’n Kritiese ondersoek na Nearpod se rol in die bevordering van aktiewe leer binne ’n kontakmodel in die hoëronderwyskonteks
2025-02-14"Die bevindinge van die studie dui daarop dat Nearpod ’n waardevolle hulpbron kan wees om aktiewe leer binne ’n kontakmodel in die hoëronderwyskonteks te bevorder."
Vonnisbespreking: Lidmaatskap van ’n mediese skema kan nie sonder grondige redes beëindig word nie
2025-02-14"Ten spyte van aansoekers se reg op privaatheid en die reg om hul persoonlike gesondheidsinligting vertroulik te hou, moet ’n balans tussen die beskerming van hul persoonlike inligting en die versekering van die finansiële volhoubaarheid van mediese skemas getref word."
Kollig op akademikus Elzahne Simeon De Jager: kindersorgbeskerming en ’n straatkindersprogram
2025-02-13In hierdie video gesels Elzahne Simeon De Jager oor haar nagraadse studies en navorsing en wat maatskaplike werk in Suid-Afrika behels. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
SteedsDink met LitNet Akademies: Elzahne Simeon De Jager oor haar akademiese navorsing
2025-02-13In hierdie video gesels Elzahne Simeon De Jager oor onder meer kinderregte, voorbereiding van kinders vir die hof en haar huidige navorsing. Sy lewer ook kommentaar oor die gebrek aan hulpbronne vir maatskaplike werkers. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: LitNet se Skole-afdeling (LitNet Akademies)
2025-02-13In hierdie LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Menán van Heerden oor LitNet se Skole-afdeling, komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo en LitNet se ope uitnodiging aan onderwysers. Fatima Allie gesels met die Barakat-span oor komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo, en die Afrikaanse Taalraad se ope uitnodiging aan onderwysers.
Wiskunde: Graad 8-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal
2025-02-11Is jy vanjaar in die hoërskool en is dit amper tyd vir jou eerste Wiskundetoets? As jy hierdie gratis oefenvraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld spesiaal vir LitNet opgestel het, aflaai, gaan jy die toets net so baie soos al jou nuwe vriende geniet en boonop goeie punte behaal!
Lewenswetenskappe: Predator of prooi? Die mierleeu se plek in die ekosisteem
2025-02-10Rouxlyn Botha het ’n meestersgraad in Omgewingswetenskap cum laude behaal. Sy is passievol oor die natuur. Sy het al vir LitNet ’n paar Lewenswetenskappe-artikels geskryf. Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg in die skool behandel.
’n Ondersoek na faktore wat wiskundeprestasie in toppresterende sekondêre skole deurlopend bevorder
2025-02-10"Die bevindings dui daarop dat die gehalte van die wiskunde-onderwysers, die leeromgewing waarin die leerders onderrig ontvang, en die leierskorps as die vernaamste faktore beskou kan word vir dié skole se sukses in wiskunde-onderrig [...] Verder is die bevindings nie beperk tot wiskunde nie, maar kan dit ook op ander vakke van toepassing wees."
Die bevordering van kritiesetaalbewustheidsonderrig in die Afrikaansklaskamer
2025-02-10"Kritiese taalbewustheid bied die voordeel vir leerders om selfbesinning, agentskap en sosiale geregtigheid in die klaskamer te ontwikkel. Dit is boonop gekoppel aan die ontwikkeling van leerders se kritiese denkvaardighede, wat hulle in staat stel om taalhandelinge en uitings in werklike kontekste, soos vergestalt in tekste, te ontleed, interpreteer en evalueer."
Die abjekte moeder in M.S. Burger se Bloedfamilie (2012)
2025-02-06"Volgens Kristeva is abjeksie dit wat identiteit, stelsels en orde ontwrig, en wat nie grense, posisies of reëls eerbiedig nie [...] Aan die hand van gekose verhale ondersoek hierdie artikel die wyse waarop die verteller haar moeder abjekteer."
Strategieë om lewensvaardighede te ontwikkel terwyl Geografie-leerders ChatGPT-4o gebruik om kontoerkaarte te vertolk
2025-02-04"KI-hulpmiddels, met hul foute en beperkings, is hier om te bly. Aangesien hierdie hulpmiddels reeds in die werkplek gebruik word, moet leerders die nodige vaardighede aanleer om dit verantwoordelik te gebruik."
SteedsDink met LitNet Akademies: Alison Stander oor haar akademiese navorsing
2025-02-03In hierdie video gesels Alison Stander oor onder meer die toekoms van taalonderrig en die invloed van tegnologie op kommunikasievaardighede. Sy lewer ook kommentaar oor KI, Afrikaans, kritiese denke en etiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Alison Stander: taalonderrig en tegnologie
2025-02-03In hierdie video gesels Alison Stander oor die bevordering van Afrikaans deur middel van tegnologie en hoe Afrikaans op enige plek aangeleer kan word. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
1ste Oproep vir bydraes tot die 5de Sas-byeenkoms op 9–11 Oktober 2025
2025-01-31Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek, Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) kondig met trots die 5de Sas-byeenkoms aan. Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is in 1985 aan die UWK gehou.
Press release: The 7th annual Amazwi Literature Heritage and Ecology Conference – call for papers
2025-01-30The annual Literature, Heritage and Ecology Conference hosted by Amazwi South African Museum of Literature aims to foster cooperation and interaction between the humanities and the sciences and so help mitigate the social-ecological crises we face today.
’n Manifes vir musikale modernisme in Suid-Afrika: Stefans Grové se 1952-Standpunte-artikels
2025-01-30"Grové oorweeg die moontlikhede vir die skep van ’n eie en unieke Suid-Afrikaanse toonkuns, en sy insigte oor die gebruik van inheemse musiek in Westerse komposisies bied nie net ’n kritiese nadenke oor die wyse waarop rasseskeiding die moontlike beoefening van musikale primitivisme gekortwiek het nie, maar ook ’n perspektief op hoe kunsmusiekkomposisie apartheidsideologie ouditief help skep het."
Elders gesien: Hoekom skryf ouers hul kinders se take?
2025-01-28"Mense weet nie meer hoe om ’n onderskeid te tref tussen goeie en slegte bronne nie."
