Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo's, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-13

Is jy in graad 4 en baie lief vir jou hondjie? In hierdie Afrikaans Huistaal-vraestelle deur Eugene van der Westhuizen kan jy ’n storie lees van iemand wat ook baie lief vir sy hondjie was. Laai die vraestelle en memo’s gratis in PDF-formaat af en oefen vir jou eerste kwartaal se toets. Jy sal nie vir wors in die hondehok hoef te gaan soek nie; jou punte gaan sommer self verbeter as jy jou werk met behulp van die vraestelle inoefen!

Graad 7: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-11

Is jy in graad 7, hou jy van musiek – maar skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Wiskunde en musiek kan vriende wees. Mens moet mooi kan tel om mooi musiek te kan maak; 'n toonleer bestaan uit sewe note, net soos die graad waarin jy is, voordat mens by die laaste noot uitkom. Laai die vraestel en memorandum af om voor te berei vir jou Wiskundetoets en dan sal jou punte sommer ook musiek in jou ouers se ore wees.

ALV-kongres 2025: Eerste oproep om referate

LitNet Akademies en skole 2025-03-07

Voorstelle vir bydraes tot die 21ste hoofkongres van die nuutgestigte Afrikaanse Letterkundevereniging word met entoesiasme ingewag. Op die algemene ledevergadering van 3 Februarie 2025 is besluit om die vereniging se naam en konstitusie te verander om ook taalkunde in te sluit. Referate in Afrikaans en Nederlands word verwelkom. Versprei asseblief die kongres-kennisgewing so wyd moontlik onder taalkundiges en letterkundiges asook nagraadse studente in die taal-en letterkunde.

Graad 6: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-07

Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Jy sien nie dubbel as jy twee dobbelstene gewaar nie, maar in hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit gaan jy wel leer om te verdubbel. Laai die vraestel en memorandum af om voor te berei vir jou toets en dan sal jou punte nie ’n dobbelspel wees nie.

Press release: Amazwi Literature Heritage Ecology Conference programme

LitNet Books and writers 2025-03-06

The programme for Amazwi’s 2025 Literature Heritage Ecology Conference has arrived. There is a great range of papers from a wide range of disciplines.

Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-05

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou help om voor te berei. Dit kan jou help om af te trek en op te tel. Tel daarna ’n stokkielekker op en proe hoe lekker dit smaak as jy hard gewerk het!

Graad 4: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-04

Is jy in graad 4 en wil jy eerder aan ’n roomys smul as om vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei? LitNet kan help – met die voorbereiding vir jou Wiskundetoets. Laai ’n gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af, oefen soveel moontlik somme en proe die soete smaak van goeie punte vir hierdie kwartaal se harde werk.

Kunsmatige intelligensie kan leergeleenthede verryk

Willa Louw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-03-04

"KI het gekom om te bly en veral ChatGPT het internasionale kennis makliker toeganklik gemaak. Plaaslike kennis en eie ervarings word egter al hoe belangriker."

SteedsDink met LitNet Akademies: Juanita M Pienaar oor haar akademiese navorsing

Juanita Pienaar SteedsDink 2025-02-27

In hierdie video gesels Juanita M Pienaar oor onder meer Artikel 25 van die Grondwet en die Onteieningswet, onregmatige besetting van grond, en eiendomsreg en toegang tot grond. Sy lewer ook kommentaar oor inheemse reg teenoor ’n Westerse benadering, die multidimensionele aard van regstudies en of Afrikaans ’n toekoms in die reg het. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Juanita M Pienaar: grondhervorming

Juanita Pienaar SteedsDink 2025-02-27

Grondhervorming is omstrede, kompleks en multidimensioneel. In hierdie video gesels Juanita M Pienaar oor die wat, hoekom en hoe van grondhervorming en die kardinale rol van ons howe. Artikel 25 van die Grondwet word onder die loep geneem. Juanita vertel ook meer oor haar loopbaan en haar jongste navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Vervreemding tot verlies: die roete van selfvervreemding na selfvernietiging in Van vaders en vlugtelinge deur S.J. Naudé

Marietjie Lambrechts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-02-27

"Waar migrasie voorheen verbind is met natuurrampe, politieke ideologie, gebrek aan lewensmiddele en oorloë, fokus Naudé se roman op intens persoonlike faktore en trauma as redes waarom ’n individu besluit om sy vaderland te verlaat."

Ek skyn (heilig): Die invloed van godsdiens as sosiokulturele verwagting by die vorming van die juffrou-identiteit

Mické van der Westhuizen, Yolandi Woest LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-27

"Die navorsers se fokus in hierdie artikel is op die invloed van godsdiens as ’n sosiokulturele verwagting by die samestelling van die identiteit van ’n Afrikanervrou."

Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-26

Is jy in graad 8 en ken jy "Hop, hop, spinnekop"? Jy sal van vreugde hop as jy hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai, voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-toets – en goeie punte behaal. (In die vraestel sal jy boonop oor die liedjie ook kan lees.)

Graad 8: Lewenswetenskappe – aanpassings vir oorlewing in die droë Karoo

Rouxlyn Botha Skole 2025-02-26

"Aanpassings maak dit vir organismes makliker om in hul omgewing te oorleef. As hulle nie by ’n veranderende omgewing kan aanpas nie, moet hulle weg trek of uitsterf. Daar is drie maniere waarop organismes aanpas: struktureel, funksioneel en deur middel van gedrag." Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg in die skool behandel.

Sluitingsdatum uitgestel – Uitnodiging na 2025 se studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025-02-25

Die SA Akademie nooi u hartlik uit om die opkomende studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe by te woon. Die program sluit interessante aanbiedings vanuit verskeie vakgebiede in.

Graad 12: Lewenswetenskappe-vraestel en memorandum, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-24

Is jy in matriek en wonder jy of jou gene kan help om te bepaal vir watter beroepsrigting jy aangelê is? Voordat jy verder daaroor nadink, moet jy eers hard werk om goeie punte te behaal. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engebrecht af en berei voor vir jou Lewenswetenskappe-vraestel hierdie kwartaal. Daar is voorbeeldvrae wat juis oor DNS handel!

Loeriesfontein hou ’n skole-expo en skep geleenthede: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-24

"Ons visie is om landelike kinders (meestal Afrikaanssprekend) ’n kans duisend te gee! Om persoonlike interaksie op die dag van die Loopbaanskou te hê – met kundiges, bestuurders van besighede, alumni en/of werwers vir tersiêre en ander loopbaangeleenthede en verdere studie."

Impak en die interpersoonlike benadering: ’n Kritiese analise van die persoongesentreerde benadering tot kommersiële forensiese onderhoudvoering

La-Rochelle Bekker, Constant van Graan, Ankebé Kruger LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-02-21

"Die doel van hierdie artikel is [...] om die interpersoonlike verhouding in die kommersiële forensiese konteks krities te bespreek, asook om die impak van die forensiese praktisyn op die ondervraagde (en andersom) vas te stel."

’n Konseptuele lens op die gebruik van die grafiese roman in die Eerste Addisionele Taal-klas

Cornelia van der Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-20

"Hierdie multimodale medium kombineer teks en beeld, wat nie net literêre vaardighede bevorder nie, maar leerders ook toerus om komplekse sosiale en kulturele uitdagings met insig en empatie aan te pak."

Graad 9: Wiskundevraestel 2 en memorandum, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-20

Is jy in graad 9 en skryf jy binnekort nog ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? Jy sal net so breed soos hierdie emoji glimlag as jy hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld afgelaai en gebruik het en goeie punte vir jou toets behaal. Boonop is hier voorbeeldsomme van positiewe eksponente wat jy kan oefen.

Top