Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
ALV-kongres 2025: Oproep om referate
2025-03-24Voorstelle vir bydraes tot die 21ste hoofkongres van die nuutgestigte Afrikaanse Letterkundevereniging word met entoesiasme ingewag. Op die algemene ledevergadering van 3 Februarie 2025 is besluit om die vereniging se naam en konstitusie te verander om ook taalkunde in te sluit.
Siviele minagtingsbevele ná Zondo/Zuma: die regsposisie en implikasies
2025-03-20"Die gevolgtrekking is dat die Konstitusionele Hof met hierdie uitspraak die siviele minagtingsprosedure finaal in pas met grondwetlike vereistes ontwikkel het – ’n proses wat die Hoogste Hof van Appèl reeds in Fakie in oënskou geneem het."
Press release: Exhibit your poise and persuasion at a new national public-speaking contest
2025-03-19Unlike traditional speech contests, Nou Praat Jy! challenges teams of two learners to deliver a unified, engaging speech on the theme "Afrikaans – ’n taal van kleure en klank".
Wiskunde: Graad 11-vraestel 2 en memo, eerste kwartaal
2025-03-19As jy in graad 11 is, weet jy nou al jy moet jou nie met andere vergelyk nie. Dalk weet jy egter nog nie alles van vergelykings af nie. Laai hierdie gratis tweede Wiskundetoets en memorandum van die kwartaal deur Lee-Ann Langeveld af om jou werk te oefen.
Wiskunde: Graad 11-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal
2025-03-19As jy in die hoërskool is, sal jy uit die prent hierby kan aflei watter soort somme jy in hierdie oefentoets sal aantref. As jy in graad 11 is, is dit die moeite werd om hierdie gratis toets en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af te laai en vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei. Wys hulle waar Dawid die wortels begrawe het!
Wiskunde: Graad 10-vraestel 2 en memo, eerste kwartaal
2025-03-18Is jy in graad 10 en veroorsaak breuke vir jou hoofbrekens? Jy hoef nie verder jou koppie daaroor te breek nie. Laai Lee-Ann Langeveld se tweede gratis oefenvraestel en memorandum af en berei voor sodat jy jou toets lag-lag sal deurkom.
Wiskunde: Graad 10-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal
2025-03-18As jy in graad 10 is en die letters "x" en "y" laat jou dink dat die alfabet einde se kant toe staan, is jy reg. Die kwartaal is ook amper verby en dis tyd om vir die algebra-toets voor te berei. As jy hierdie gratis vraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld opgestel het aflaai, gaan jy voorbereid wees vir jou toets. Dis die alfa en die omega van die saak!
Vonnisbespreking: Om ’n reguit hou met ’n krom stok te slaan
2025-03-14"Die verhouding het in so ’n mate versleg dat die applikant die eerste respondent in kennis gestel het dat hy geen kontak met die oorledene wou hê nie en geen nuus aangaande die oorledene wil ontvang nie, tensy dit nuus rakende sy afsterwe is."
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo's, eerste kwartaal
2025-03-13Is jy in graad 4 en baie lief vir jou hondjie? In hierdie Afrikaans Huistaal-vraestelle deur Eugene van der Westhuizen kan jy ’n storie lees van iemand wat ook baie lief vir sy hondjie was. Laai die vraestelle en memo’s gratis in PDF-formaat af en oefen vir jou eerste kwartaal se toets. Jy sal nie vir wors in die hondehok hoef te gaan soek nie; jou punte gaan sommer self verbeter as jy jou werk met behulp van die vraestelle inoefen!
Graad 7: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
2025-03-11Is jy in graad 7, hou jy van musiek – maar skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Wiskunde en musiek kan vriende wees. Mens moet mooi kan tel om mooi musiek te kan maak; 'n toonleer bestaan uit sewe note, net soos die graad waarin jy is, voordat mens by die laaste noot uitkom. Laai die vraestel en memorandum af om voor te berei vir jou Wiskundetoets en dan sal jou punte sommer ook musiek in jou ouers se ore wees.
ALV-kongres 2025: Eerste oproep om referate
2025-03-07Voorstelle vir bydraes tot die 21ste hoofkongres van die nuutgestigte Afrikaanse Letterkundevereniging word met entoesiasme ingewag. Op die algemene ledevergadering van 3 Februarie 2025 is besluit om die vereniging se naam en konstitusie te verander om ook taalkunde in te sluit. Referate in Afrikaans en Nederlands word verwelkom. Versprei asseblief die kongres-kennisgewing so wyd moontlik onder taalkundiges en letterkundiges asook nagraadse studente in die taal-en letterkunde.
Graad 6: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
2025-03-07Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Jy sien nie dubbel as jy twee dobbelstene gewaar nie, maar in hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit gaan jy wel leer om te verdubbel. Laai die vraestel en memorandum af om voor te berei vir jou toets en dan sal jou punte nie ’n dobbelspel wees nie.
Press release: Amazwi Literature Heritage Ecology Conference programme
2025-03-06The programme for Amazwi’s 2025 Literature Heritage Ecology Conference has arrived. There is a great range of papers from a wide range of disciplines.
Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
2025-03-05Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou help om voor te berei. Dit kan jou help om af te trek en op te tel. Tel daarna ’n stokkielekker op en proe hoe lekker dit smaak as jy hard gewerk het!
Graad 4: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal
2025-03-04Is jy in graad 4 en wil jy eerder aan ’n roomys smul as om vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei? LitNet kan help – met die voorbereiding vir jou Wiskundetoets. Laai ’n gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af, oefen soveel moontlik somme en proe die soete smaak van goeie punte vir hierdie kwartaal se harde werk.
Kunsmatige intelligensie kan leergeleenthede verryk
2025-03-04"KI het gekom om te bly en veral ChatGPT het internasionale kennis makliker toeganklik gemaak. Plaaslike kennis en eie ervarings word egter al hoe belangriker."
SteedsDink met LitNet Akademies: Juanita M Pienaar oor haar akademiese navorsing
2025-02-27In hierdie video gesels Juanita M Pienaar oor onder meer Artikel 25 van die Grondwet en die Onteieningswet, onregmatige besetting van grond, en eiendomsreg en toegang tot grond. Sy lewer ook kommentaar oor inheemse reg teenoor ’n Westerse benadering, die multidimensionele aard van regstudies en of Afrikaans ’n toekoms in die reg het. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Kollig op akademikus Juanita M Pienaar: grondhervorming
2025-02-27Grondhervorming is omstrede, kompleks en multidimensioneel. In hierdie video gesels Juanita M Pienaar oor die wat, hoekom en hoe van grondhervorming en die kardinale rol van ons howe. Artikel 25 van die Grondwet word onder die loep geneem. Juanita vertel ook meer oor haar loopbaan en haar jongste navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Vervreemding tot verlies: die roete van selfvervreemding na selfvernietiging in Van vaders en vlugtelinge deur S.J. Naudé
2025-02-27"Waar migrasie voorheen verbind is met natuurrampe, politieke ideologie, gebrek aan lewensmiddele en oorloë, fokus Naudé se roman op intens persoonlike faktore en trauma as redes waarom ’n individu besluit om sy vaderland te verlaat."
Ek skyn (heilig): Die invloed van godsdiens as sosiokulturele verwagting by die vorming van die juffrou-identiteit
2025-02-27"Die navorsers se fokus in hierdie artikel is op die invloed van godsdiens as ’n sosiokulturele verwagting by die samestelling van die identiteit van ’n Afrikanervrou."
