Eerste slukkie: Platsak maak ’n plan deur Anneke Langner

  • 0
LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies. Onderstaande uittreksel sal opvoeders wat hierdie boek vir voorlees in die klaskamer wil gebruik, ’n voorsmakie van die boek gee.

 

https://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9781776073085

Platsak maak ’n plan
Anneke Langner
Best Books, ’n druknaam van NB-Uitgewers
ISBN: 9781776073085

Boekblurb

Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ’n rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ’n dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan bekostig om Leo saam te neem nie. Ethan begin dadelik planne beraam om geld in te samel, want ’n lewe sonder sy beste vriend is ondenkbaar. R40 000 is baie geld, en drie maande is baie min tyd . . .

“Die verhaal, beurtelings vertel vanuit die perspektief van Ethan en sy hondemaat, Leo, speel, met uitsondering van die pro- en epiloog, oor die verloop van ’n paar maande af. Die probleem waarmee die karakters gekonfronteer word, word kenmerkend aan die genre, reeds in die eerste hoofstuk duidelik wanneer Ethan se pa aankondig dat die gesin binnekort na Nieu-Seeland gaan verhuis. Dié onverwagse aankondiging versteur Ethan se vertroude wêreld en bring verskeie uitdagings mee, waarvan die belangrikste om geld bymekaar te maak om Leo saam te kan neem na die nuwe land. Ook ander ervarings van verlies wat met emigrasie gepaard gaan, is in die storie verweef, soos verlore sportgeleenthede, versurende vriendskapsverhoudings, probleme by die skool – probleme waarmee die meeste jong lesers hulle kan vereenselwig.

  • Franci Greyling (NWU)

Inligting oor die skrywer:

Anneke Langner het ’n honneursgraad in Afrikaanse Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit voltooi.


Klik hier om die gratis uittreksels uit die boek in PDF-formaat af te laai en te lees.


Lees ook:

Platsak maak ’n plan vir voorlees in die klaskamer: ’n onderhoud met die skrywer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top