Is jy in graad 4 en sal jy veel eerder na ’n film of ’n YouTube-video kyk as om vir jou eksamen voor te berei? Hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen bevat lekker stories oor prinse en prinsesse – en dit kan jou sommer laat vergeet jy is besig om hard te werk. Boonop sal jy werklik goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal behaal; nie nodig om lugkastele daaroor te bou nie!
Lees ook:
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)
Kommentaar
Sal graag gratis inligting ontvang.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by die lys. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Baie dankie! Ons waardeer dit opreg!