In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Eben Coetzee oor internasionale betrekkinge.
In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Eben Coetzee oor internasionale betrekkinge.
Kommentaar
Dit is wonderlik om bietjie na doktor Coetzee se idees te kon luister en mens het groot waardering vir wat hy doen. Van internasionale verhoudinge ken en verstaan ek maar min, en ongelukkig lees ek min van Coetzee se artikels, maar wanneer ek daarby uitkom, dan is dit altyd interessant. Ek onthou een spesifieke artikel wat hy oor Trump geskryf het, en wat ek lank gebere het, omdat dit vir my so interessante artikel was. Die politiek is maar morsig en die Amerikaners wat so oorlog maak, wil ek glo, het ook baie met die sakesektor en die waperbedryf te make. Ons weet ook watter rol die geldmag in ons eie politiek speel, en meeste van ons opposisiepartye in Suid-Afrika word deur Sioniste befonds. Die hele verkiessing is eintlik maar een groot klug, en die politici dans na die pype van die mense met die vet beursies. Ongelukkig is baie van wat julle doen ook buitengewoon filosofies, teoreties, akademies, en grootliks ontoeganklik vir ‘n gewone siel soos ek, maar dit is nou maar die aard van wat julle doen. Die feit dat die moeite gedoen word om dit gereeld in meer toeganklike vorm in die koerant te publiseer, is iets waarvoor baie mense dankbaar is, onder andere ekself.
Ek is wel, ongelukkig, bietjie teleurgestel deur die oordrewe klem op God en die Bybel. My raad sal wees, wees versigtig vir die Bybel. Die Bybel maak geen uitsprake oor die 21ste eeu nie, soos wat jy beweer in die video (by 38:47) waar jy noem dat die Bybel ’n eenwereldregering voorspel. Daardie regering is een wat in die antieke wereld moes ontstaan, maar nooit het nie. Een van ons grootste probleme is juis die feit dat so baie Christene die antieke staat Israel verwar met die moderne staat van Israel. En dan op grond van sekere uitsprake in die Bybel hulle goeie oordeel laat beduiwel. Die antieke weergawe van Israel was, baie soos die Grieke, basies ‘n stadstaat. Die Israeliete het ook onder mekaar verskil in terme van watter stad vir hulle belangriker is. ‘n Klomp van hulle, wat as Samaritane bekendstaan, het Samaria as hulle hoofstad beskou. Die skrywers van die Bybel het probeer om hierdie groepe nader aan mekaar te trek, deur verhale van Jesus en die ‘barmhartige Samaritaan’. Mens moet maar altyd altyd in gedagte hou dat die Bybel geskryf was deur antieke mense, vir antieke mense. Trouens, die Bybel bevat talle voorspellings wat gladnie in vervulling gegaan het nie. Jesus en sy volgelinge was nie Christene soos jy nie, hulle was oortuig die einde van tyd is op hande en dat God op wonderbaarlike wyse gaan ingryp en die Israeliete gaan bevry van Roomse onderdrukking. As jy die oudste boek in die Nuwe Testament lees, wat die brief aan Tessaonisense is, dan sien mens daar hoe groot issue dit vir die vroee kerk was dat Jesus se wederkoms nog nie plaasgevind het nie. Vir moderne Christene is dieselfde saak vandag ‘n non-issue, omdat dit nie meer dieselfde godsdiens is nie. Kyk gerus na ‘n boek soos die van Julie Galambush (The Reluctant parting), waarin sy illustreer dat die Bybel nie deur Christene geskryf was nie, maar deur messiaanse Israeliete wat ’n ou weergawe van Judaisme beoefen het. Die evangelies self was lank na Jesus se dood geskryf, veel later as die sendingbriewe van Paulus, en historiese detail is daarin opgeteken asof Jesus dit kwansuis voorspel het, spesifiek die verwoesting van die tempel. Dieselfde het gebeur in die geval van die boek Daniel. Dan vind mens ook dat die skrywers van die evangelies vir Jesus skets waar hy kwansuis die voorspelling waag dat die koningkryk van God binne een geslag gevestig sal word. Dit is die voorspelling in Matteus 24 vers 34 “hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie”. Met die totstandkoming van moderne Israel in 1948, is hierdie voorspelling weer afgestof, veral deur pastore en kerkmanne uit die VSA. Sommige van hulle, soos ou Hall Lindsey, het stinkryk geword met al hulle bogpraatjies en boeke. Daar was onder meer geargumenteer dat een geslag is 40 jaar, en dat die wederkoms niks later as 1988 (1948 + 40 = 1988) sou plaasvind nie. Nodeloos om te, hier sit ons nog vandag.
Hier teen die einde kom jy dan tot die gevolgtrekking dat die politieke wetenskap nie juis oplossings bied nie, maar dat God en godsdiens wel antwoorde het. Ek sukkel werklik om te verstaan hoe jy tot daardie gevolgtrekking kom. Benewens die feit dat God ’n buitegewone vae konsep is, is die kerk dikwels bekend as die prima plek vir kleinlike magspelletjies. Ek weet nie in watter kerk jy is nie maar my ou kerk, die NG kerk, kan nie besluit wat God nou eintlik wil he of nie wil he nie, en die sogenaamde dolerende gemeentes is besig om los te breek van die Algemene Sinode. Ek het geen twyfel dat mense se onderskeie godsdienstige oortuiginge vir individuele mense ‘n bron van steun en krag is nie, maar mens het nie ‘n godsdiens nodig om sinvol te lewe nie. Die kerk is maar ‘n besigheid en hulle het menslike spiritualiteit as kommoditeit. Die feit dat ongelowiges nie aan ‘n god glo nie, maak hulle nie minder spiritueel nie. Trouens, soos aangedui, skep godsdiens baie probleme tussen mense. Ek lees onlangs juis weer op oor die Didage, die katkisasieboek uit die antieke tyd (dis ook in Afrikaans vertaal). Die Didage is byvoorbeeld eksplisiet gekant teen aborsie. En aborsie is een van die mees verdelendste issues op aarde. Die kerk is ook welbekend vir die vreeslike valshede wat dit lewend hou oor gender en seksualiteit. Om nie te praat van al die seksmisdade wat aktief deur kerke toegesmeer word nie. Baie kerke is ook sleutelspelers in geldwassery en God en misdaad skep dikwels die mees weersinwekkendste simbiose.