Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is

Carien Zeeman, Sufran Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-19

"Professionele persone vind dat dit algemeen vir egpare is om destruktiewe gedrag en negatiewe gevoelens gedurende egskeiding te ervaar. Wanneer daar egter kinders betrokke is, is dit noodsaaklik om gevalle van moontlike hoëkonflikegskeidings te identifiseer."

’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie

Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-19

"In Leroux se werk word dit duidelik dat hy dikwels verskillende wêrelde gelyktydig aan bod kan stel en dus vir die leser verskillende wêrelde uit een narratief kan oproep. Om sulke grensoorskrydingsmomente te kan skep, gebruik Leroux ’n hele aantal truuks wat dikwels nou by dramatiese konvensies aansluit."

Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-17

Is jy in graad 10 en moet jy die Venn-diagram baasraak? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af, oefen jou somme en wen die res van die klas met uitstekende punte!

Graad 11: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-17

Is jy in graad 11 en lê jou Wiskunde-eksamen voor? Eet wortels om met al die vierkantswortels te help. En laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en wys daardie Wiskundesomme waar Dawid die wortels begrawe het.

Spertyd (2017): die sluitstuk in Elsa Joubert se egoliteratuur

Annette du Plessis LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-16

"Die herinneringe aan bepaalde (onopgeloste) gebeure dwing haar om dit weer te beskou en ’n standpunt in te neem om heling te bewerkstellig. Dit is deur hierdie standpuntinname dat Spertyd as sluitstuk funksioneer."

’n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-16

"[ChatGPT] kon die positiewe (beroemd) en negatiewe (berug) van beide persone uitlig, maar, ChatGPT was simpatiek teenoor Oscar Pistorius, wat ’n veroordeelde moordenaar is en nie teenoor Steve Hofmeyr, wat ’n kampvegter teen plaasmoorde is nie. Hieruit kan afgelei word dat ChatGPT moontlik linksgesind is, maar dit is ook moontlik dat Hofmeyr baie intenser in ’n negatiewe lig op die internet bespreek is tydens die insameling van sy opleidingsdata as Pistorius."

Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-15

Is jy in graad 9 en laat die algebraïese formules jou kop draai? Hierdie gratis oefenvraestel en memo wat deur Lee-Ann Langeveld vir LitNet opgestel is, mag dalk ’n towerformule bevat wat jou die werk beter sal help verstaan. Laai die vraestel en memorandum gratis hier af.

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-09

Is jy in graad 8 en kyk jy eerder na die Krieketwêreldbeker as om vir jou eindeksamen voor te berei? Met behulp van hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy albei doen: voorberei vir jou eksamen én op hoogte bly van wat by die krieket aan die gang is (of minstens ’n som uitwerk wat met krieket te doen het). Laai hierdie gratis vraestel af en slaan jou punte vir ’n ses hierdie kwartaal!

Die bevordering van loopbaanaanpassing en welstand vanuit ’n moderne bedryfsielkundige perspektief

Lené Ilyna Graupner, Lize Kriek LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-07

"Bedryfsielkundiges moet oor die insig en vaardighede beskik om ’n kliënt se loopbaanuitdagings, wat deur globalisering en tegnologiese veranderinge beïnvloed word, te bestuur."

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Theo Venter

Theo Venter LitNetKanaal op YouTube 2023-11-02

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Theo Venter oor onder andere: die impak van verkiesing 2024; die begrip toekomsscenario’s; transdissiplinêre beginsels en ontwikkeling by universiteite, en so meer.

Uitnodiging: Die Afrikaanse Wikipedia vier verjaarsdag

LitNet Akademies en skole 2023-11-02

Die Afrikaanse Wikipedia word hierdie jaar 22 jaar oud en dit gaan op ’n gepaste wyse op Donderdag 16 November by die Akademiekantoor in Pretoria gevier word. Die SA Akademie ontvang alle belangstellendes graag as hul gaste by hierdie verjaarsdagfunksie.

Pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 2)

Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-31

"Hierdie artikel is die tweede van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak handel."

Pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 1)

Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-31

"Hierdie artikel is die eerste van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n taalonderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak uitbrei."

’n Ondersoek na skakeltolking as ’n kommunikatiewe tegniek vir tweedetaalverwerwing

Kanja van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-31

"Skakeltolking is ’n informele, interaktiewe vorm van tolking wat plaasvind wanneer twee of meer gespreksgenote nie ’n gemene taal deel nie en tolkdienste verg om die kommunikasiegaping te oorbrug (Perez 2016)."

Die nuwe TV-reeks Straat is ’n verrassing

Réney Warrington TV 2023-10-31

"Ná net een episode is ek nuuskierig om hierdie unieke karakters beter te leer ken. Niemand is wie hulle voorgee nie. Elke speler is perfek vir die rol gekies."

Graad 4: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-30

Is jy in graad 4 en moet jy voorberei vir jou Wiskunde-eksamen? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveldt om jou somme te oefen, onder andere met ’n woordsom van ’n graad 4-leerder wat inkopies moet gaan doen. Vier hierdie feesseisoen fees nie net omdat jy goeie winskopies by die plaaslike mark raakloop nie, maar ook weens jou goeie punte!

Graad 6: NW-voorbereidingstoets en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-30

Is jy in graad 6 en droom jy oor hoe die maan tydens jou vakansie op die see sal skyn? As jy met hierdie gratis NW-vraestel van JC van Tonder vir jou eksamen voorberei, sal jy sien dat dit nie regtig is wat met die maan gebeur nie. Leer hier wat regtig gebeur, gaan skryf die eksamen – en kort voor lank sien jy blink rapportpunte én daardie helder weerkaatsing op die water.

Die Bela-wet is parlementêr aanvaar: ’n onderhoud met Jaco Deacon

Naomi Meyer, Jaco Deacon SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2023-10-30

"Die saak waaroor ons almal bekommerd moet wees, is nie bloot die bepalings oor taal en toelating nie, dit is die staat wat al hoe meer outokraties raak en magte sentraliseer. Ons beweeg dus al hoe nader aan ʼn totalitêre staat en staatsbeheer, terwyl ons bykans 30 jaar gelede daarvan weggestap het."

Hans Blumenberg se model vir die evolusie van denke en die tersaaklikheid daarvan vir huidige uitdagings

Charl-Pierre Naudé LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-27

"Die mens se legitimasie van homself word deur nuwe ervarings aan onstabiliteit onderwerp, en hy moet sy idees dan aanpas om weer sluiting te kry."

Wat behels ’n lewenslange vonnis? ’n Uiteensetting van die paroolproses in Suid-Afrika, asook moontlike remedies vir misdaadslagoffers wat by dié proses uitgesluit word

Natasha Venter LitNet Akademies (Regte) 2023-10-27

"In die Waluś-saak het die oortreder al vir meer as ’n dekade lank die hofstryd gevoer om die minister se weiering om hom op parool uit te laat, tersyde te stel. Die Konstitusionele Hof het dus nie die saak terug verwys na die minister om Waluś se paroolaansoek opnuut te oorweeg nie, maar bloot die bevel gemaak dat parool toegestaan word."

Top